Seda spesiaal vir Afrikaanssprekende entrepreneurs
Kommentaar (0)
24/10/12
· Redaksie
Die Seda-tak te Welkom en wat die Lejweloputswa-Distrik dek, het hul Basic Business Skills program spesiaal in Afrikaans vertaal ten einde steun te kan verskaf “aan alle sake-eienaars in hierdie uitdagende ekonomiese klimaat.” Vanaf 22 – 24 Oktober 2012 word ’n werkswinkel by die Seda kantore te Welkom aangebied met die volgende modules in Afrikaans: Identifiseer en demonstreer entrepreneur-ideës en geleenthede / Bepaling van finansiële vereistes vir ’n nuwe onderneming / Koppelling van ondernemingsgeleenthede aan markbehoefte / Bemarkingsbestuur en verkoopsprosesse vir ’n nuwe onderneming. Die kursus is gratis. Vir meer besonderhede of om van die materiaal te bekom, skakel takbestuurder Lorinda Volschenk by tel. (057) 352 1870 / of epos lvolschenk@seda.org.za. Die materiaal behoort ook elektronies beskikbaar te wees. Seda Vrystaat is bekend as ’n staatsagentskap wat nie noodwendig op grond van velkleur diskrimineer nie.
Lewer kommentaar op hierdie berig













23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sę:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sę:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
23/05/13 om 06:50:30
Verpolitisering van onderwys
Cobus sę:
"Ek is n matriek leerling en het hierdie vraestel geskryf. Die vrae wat oor ..."
23/05/13 om 01:52:43
Regstellende wette ondermyn werkskepping
C. Visser sę:
"Daar is baie ander redes vir werkloosheid. In ons dorp dien verpleegperson..."