wordpress visitor
Belastingbetalers toegang tot Parys waterwerke geweier - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Belastingbetalers toegang tot Parys waterwerke geweier

Kommentaar (0)

24/10/12

· Redaksie

'n Aantal afgevaardiges van verskeie organisasies, insluitende die Dept van Gesondheid, belastingbetalersverenigings, Vrystaat Landbou, asook die Nasionale Raad vir Bevordering en Beskerming van Gemeenskapsregte op die Derde Vlak, het na etlike skriftelike vertoë aan die munisipale bestuurder van Ngwathe Munisipaliteit (Parys, Heilbron, Vredefort, Koppies en Deneysville) hierdie week gepoog om 'n besoek aan 'n aantal waterwerke en rioolsuiwerings-installasies te bring. Op grond van die mededeling dat toestemming mondelings deur die munisipale bestuurder aan die tegniese direkteur van Ngwathe gedelegeer is, is 'n besoek gebring aan die Parys watersuiweringsaanleg, waar die groep meegedeel is dat toestemming nie verleen is nie en dat onregmatige betreding plaasvind. Die afvaardiging is gedreig met arrestasie. Die leier van die afvaardiging het die tegniese direkteur meegedeel dat op grond van art 32 van die Grondwet het die gemeenskap 'n reg om inligting te verkry oor feite en aangeleenthede rakende munisipale dienslewering. Insgelyks is art 33 van die Grondwet en die Wet op Administratiewe Geregtigheid duidelik dat as 'n owerheidsinstansie nie binne 'n redelike tyd op skriftelike versoeke reageer nie, dit as 'n oortreding van die Grondwet en die betrokke wet geag word. Die afvaardiging moes onverrigtersake omdraai.

Kategorie: Dienslewering

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."