wordpress visitor
SAPD volg sake nie op - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

SAPD volg sake nie op

Kommentaar (0)

24/10/12

· Redaksie

Uit ’n verslag van die Ouditeur-Generaal (OG) vervat in die jongste jaarverslag van die SA Polisiediens, blyk dit dat die Polisie se administrasiestelsel só uitmekaar val dat tot 58% van aangemelde sake nie verder gedokumenteer word nie. Die OG sê tot 58% van voorvalverslae kan nie deurgekoppel word aan saakdossiere op die SAPD-administrasiestelsel nie. Elke misdaadvoorval moet ’n dossier hê voordat dit verder ondersoek word en sonder dossiere word sake nie verder ondersoek nie. Die OG wys verder daarop dat stasiebevelvoerders nie genoeg doen om te verseker dat dossiere akkuraat aangelê word nie. Die omskrywing van ’n voorvalverslag in dossiere word beskou as een van die mees basiese take wat Polisielede moet verrig. Die SAPD ontvang jaarliks ’n begroting van R62,4 miljard.

Kategorie: Dienslewering

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."