Nuwe grondvoorstelle deur pres Zuma
Kommentaar (1)
24/10/12
· Redaksie
Op die kongres hierdie week van die African Farmers Association of SA (AFASA) te Centurion het pres Jacob Zuma omvattende nuwe voorstelle vir grondhervorming gedoen. Dit behels o.m. dat grondhervormingskomitees in elke distrik geskep word waarby alle rolspelers betrek word. Die komitee moet dan 20% van die kommersiële landbougrond in die distrik identifiseer wat beskikbaar is vir grondhervorming. Dit sluit in grond wat reeds in die mark beskikbaar is, sowel as die grond van boere wat in erge finansiële moeilikheid is, grond wat nie benut word nie en die eienaar bereid is om dit prys te gee en grond in afgestorwe boedels. Al hierdie grond moet dan teen 50% van markwaarde verkoop word, wat, volgens Zuma, “nader is aan regverdige, produktiewe waarde.” Die tekort van die bestaande eienaar moet opgemaak word deur kontant of fisiese bydraes deur kommersiële boere in die omgewing wat bereid is daartoe. Zuma stel voorts ook ’n nuwe program van finansiering in die vooruitsig waarby die Tesourie, die Landbank en gevestigde wit boere betrek moet word. Zuma het daarop gewys dat sowat 37 000 kommersiële boere in die land, hoofsaaklik wit, verantwoordelik is vir sowat 90% van die kosproduksie van die land. Inmiddels is hierdie grondvoorstelle deur sowel Agri SA as TLU SA as onwerkbaar bestempel.
Kategorie: Landbou
A van der Plaats - 24/10/12 om 02:24:03
Regtig mnr Zuma, wil u werklikwaar grond bekom teen 50% van die heersende waarde en dan verwag dat Jan Publiek (die blanke boere) die verskil moet opmaak.
Wat as die bordjies `n bietjie omgedraai word bv. Ek wil graag `n huis (van ca R 3.5 milj) in `n vooraanstaande woonbuurt bekom. Ek het nie die geld daarvoor nie, daarom kom ek by u aanklopvir geld. volgens u eie voorbeeld sal u dan 50% van die verkoopprys voorskiet en die swart inwoners in woongebiede moet dan maar vir die ontbrekende 50% instaan.
Eerlikwaar ek dink nie dat dit werkbaar sal gebeur nie.
Lewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
19/05/13 om 06:27:41
Onrusbarende berigte
Carries sę:
"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."