Boot sink weens onseewaardigheid
Kommentaar (0)
30/10/12
· Redaksie
Die skipper van die plesierboot Miroshga wat twee weke gelede by Duiker-eiland in Houtbaai omgeslaan het, het nie die nodige kwalifikasies gehad om aan die stuur van ’n klein passasiersboot te staan nie, terwyl die boot in vele opsigte nie seewaardig was nie. Die boot was gelaai met buitelandse toeriste wat gegaan het vir walvis- en dolfynbesigtiging. Die gebreke is uitgewys in ’n verslag van die SA Maritieme Veiligheidsowerheid (Samvo) en sluit in bevindinge soos: Ventilasieopeninge was te laag en het water deurgelaat – die bemanning was bewus hiervan; die agterste ruim was nie waterdig nie weens die omskakeling van die enjins van binneboord na buiteboord; die vullingspompalarm, wat sou afgaan as water by die agterste ruim instroom, was buite werking; die vullingspompbedrading was onklaar; die reddingsvaartuig van 50m het weggedryf sonder om op te blaas nadat passasiers dit losgesny het. ’n Toeris van Wallis en ’n bemanningslid het tydens die eskapade verdrink.
Kategorie: Gebrekkige dienslewering
Lewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
19/05/13 om 06:27:41
Onrusbarende berigte
Carries sę:
"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."