Bloem Wilde Weste
Kommentaar (0)
30/10/12
· Redaksie
Misdaadgewys gaan dit woes in die Bloemfonteinse misdaad – die afgelope week is twee studente van die Motheo Kollege in die vroeë oggendure op die vloer van ’n KFC-kitskosrestaurant dood nadat hulle deur drie rowers met messe toegetakel is en ’n selfoon geroof is. Die gewonde studente het gevlug en na die KFC gehardloop waar hulle albei dood is. Inmiddels is volgens inwoners van die Rosenhof- en Mildenehof-woonstelblok in Zastronstraat die afgelope week by drie woonstelle ingebreek. Die meeste van die huurders in die woonstelblokke is vroue met kinders, en bejaardes.”Hulle sak toe op ons. Jy is te bang om jou huis te verlaat en moet opgesluit bly soos ’n gyselaarl Niks word gedoen nie. Ons is moeg om so te leef,” aldus die inwoner. In nog ’n voorval het vier gewapende rowers – die een met ’n geweer en die ander met handwapens – ook in die week, kort voor toemaaktyd, op die Voortrekker Drankwinkel in Nelson Mandelarylaan toegeslaan en geld en duur drank geroof. Werknemers van die drankwinkel was erg getraumatiseer. Die rowers het een van die kasregisters leeggemaak, hulself aan die duurste drank in die winkel gehelp en toe in ’n blou Toyota Tazz ontvlug.
Kategorie: Misdaad
Lewer kommentaar op hierdie berig













16/06/13 om 11:29:33
“Parlement laat mense in die steek”
Izak du Toit sę:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sę:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sę:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sę:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."