wordpress visitor
Kapers skiet Matriekmeisie terwyl Polisiemanne gearresteer word - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Kapers skiet Matriekmeisie terwyl Polisiemanne gearresteer word

Kommentaar (6)

30/10/12

· Redaksie

Terwyl ’n Matriekmeisie van Springs aan die Oos-Rand, Minke Aucamp (18), koelbloedig in die oprit van haar ouerhuis doodgeskiet is, is verskeie Polisiebeamptes van die Johannesburgse Polisiestasie op onverwante aanklagte van gewapende roof in hegtenis geneem. Aucamp is in die mond geskiet en die koeël is agter by haar nek uit. Haar skoolboeke en pennesakkie het nog op die eetkamertafel gelê waar sy dit reggesit het om dit in die motor, ’n Hyundai Atos, te laai. Sy was ’n leerling aan die Hoërskool Dr. Johan Jurgens in Springs. Die kaper het met haar motor ontvlug. Die Polisiemanne wat op ander aanklagte in hegtenis geneem is, is betrap met geroofde buit in hul besit. Van hulle het nog hul uniforms aangehad.

Kategorie: Misdaad

Willie - 30/10/12 om 05:57:38

maak `n voorbeeld van hulle!!!!!!!!!!!!!

Lewer kommentaar op Willie
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Johan - 30/10/12 om 07:09:48

Ons moet besef dat ons weer sal moet skiet om te behou wat ons sn is, en ons gaan eerste kom en hulle 2de, ons moet gereed maak, die tyd is min

Lewer kommentaar op Johan
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Johann Marx - 31/10/12 om 07:20:48

Dis wat gebeur in 'n land waar die doodstraf afgeskaf word. Voor 1992 was daar in SA omtrent 700 ter dood veroordeeldes. Na afskaffing van die doodstraf het daardie getal gegroei tot omtrent 7 500 "lewenslange" gevangenis...teen 'n geraamde koste van R1,8 miljoen per prisonier oor 25 jaar. Ons het dus 'n land geword wat nie geld het vir weduwees en weeskinders nie (wat elkeen 'n staatspensioen van ongeveer R1 200 per maand ontvang)maar wat goedsmoeds ongeveer R3 400 per maand spandeer om individue wie se gedrag teenoor die samelewing so laakbaar is dat ons hulle nie tussen ons wil hę nie, toegesluit te hou!! Waarom? Waarom "belę" ons R3 400 per maand in persone wat GEEN potensiaal het om enigsens 'n positiewe bydrae te maak tot die samelewing nie, maar ons weeskinders (wat die potensiaal het om van hulle lewens iets te maak) kry 'n derde minder per maand....om mee te oorleef??? Suid Afrika is werklik 'n siek land.

Lewer kommentaar op Johann Marx
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Johann Marx - 31/10/12 om 07:28:24

Ek sę NEE vir die her-instelling van die doodstraf. Kom ons brei liewer die konstitusionele regte van elke individu in die land uit, en balanseer die "reg om te lewe" met die "reg om NIE te lewe NIE".....en die vrye keuse van die individu om die "reg" te kies wat hy of sy wil, aan die hand van sy of haar gedrag teenoor die res van die populasie. Om die "genadedood" debat te elimineer word VIER voorwaardes gestel om te "kwalifiseer" vir die "reg om NIE te lewe NIE". As jy 'n kind verkrag, dwelms smokkel, 'n gewapende roof beplan en uitvoer, of iemand se lewe neem, behoort dit vir die konstitusionele hof 'n duidelike aanduiding te wees dat jy, as 'n vrydenkende indvividu in 'n ware demokrasie, jou keuse uitoefen tot die "reg om NIE te lewe NIE"...en gee ons jou vyf verdere demokratiese keuses nl. galg, gaskamer, elektriese stoel, vuurpeleton of dodelike inspuiting. Jy het 30 dae om jou verdere keuse duidelik te maak, anders sal ons jou help daarmee. En om die "staat" uit die proses te hou, want hulle sal dit nie suksesvol kan toepas nie, sal 'n private sub-kontrakteur die individu help om sy keuses in hierdie verband suksesvol uit te oefen. Komaan, Suid Afrika, dink 'n bietjie!!!!!!! Alles is moontlik, as die mense van hierdie land net wil.

Lewer kommentaar op Johann Marx
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Carries - 31/10/12 om 08:08:20

Met soveel korrupsie en bedrog tot bo by die topstruktuur word 'n land later deur 'n klomp gangsters regeer waar geen reg en orde is nie - -dis wat hier besog is om te registreer - 'n regstelsel moet uiters stabiel wees om die doodstraf te kan hanteer - ek is bevrees ek wil nie voor enige regter hier onskuldig van moord aangekla word - sien maar net watse groot gemors die juriestelsel in US is en hoeveel mense daar onskuldig op "death row" beland - nee dankie - nie die doodstraf nou hier nie

Lewer kommentaar op Carries
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Johan - 31/10/12 om 08:12:35

Arme SA -- alles wat hier is, is deur ons en ons voorvaders gebou en onderhou, mense wat net sit is in beheer en hulle het nie eens n stoel uitgevind nie, maar kan skiet en moor , ons het werklik n baie groot probleem en die land gaan "implode" kom ons hoop daar kom n matige verteenwoordige koalisie regering binnekort wat die bloedvergieting gaan inkort. Mense wat se die buiteland gaan nie toelaat dat SA (wit SA) val nie dagdroom. Daar is probleme soos Israel/Sirie/resessie in Europa/ storms in USA -- ons is op ons eie en moet wakkerword

Lewer kommentaar op Johan
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

18/05/13 om 01:12:38

Nuwe Smouswet “gekheid”

jaap sę:

"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."


17/05/13 om 11:30:12

Vrystaat Stadion meer leefbaar

J.Meyer sę:

"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."


16/05/13 om 10:02:15

Nog twee plaasaanvalle

Barend Kruger sę:

"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."


17/05/13 om 08:28:45

Onrusbarende berigte

FRans Malherbe (Skuilnaam sę:

"Stem saam met Olivier.
Gee my die coordinate, dan kyk ons daarna me..."