NG Kerk in Vrystaat kry nuwe embleem
Kommentaar (5)
30/10/12
· Redaksie
Die NG Kerk Vrystaat het pas ’n nuwe, kleurvolle embleem in Bloemfontein bekendgestel. Ds. Marius Greeff, voorsitter van die kommunikasiekommissie van die NG Kerk Vrystaat, sê: “Die nuwe embleem is deel van ’n herstrukturering van die kerk in die Vrystaat om meer doeltreffend, eietyds en toeganklik te wees. Dit beteken nie ’n rewolusionêre breuk met die tradisionele embleem nie, maar eerder ’n evolusionêre modernisering daarvan. Dit is ook gemik op die jonger geslag, is doelbewus meer vroulik en wys ook op die kerk se diversiteit. Die visie van die NG Kerk - Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld – en die nuwe embleem het direk hieruit ontstaan.” Die vorige embleem was meer as tagtig jaar in gebruik.
Kategorie: Godsdiens
Andre Nienaber - 30/10/12 om 06:48:00
Dit laat my net terug dink hoeveel foute het die kerk gemaak en by gedra na die gemors waarin ons vandag sit in die land . Is daar nie eerder ander dinge wat moet verander binne die kerk nie . Waar oor sukkel julle met die veranderinge van embleme .
Lewer kommentaar op Andre NienaberKiewiet Bronkhorst - 30/10/12 om 09:06:12
Wil die heer Greeff nie ook sommer by sê of die evolusionere modernisering in die NG Kerk insluit die aanstelling van homoseksuele leraars, die demografiese samestelling van gemeentes volgens bevolkingsgetalle en die aanvaarding van die Sataniese meesterstuk, die Belhar belydenis nie.
Lewer kommentaar op Kiewiet BronkhorstPiet Venter - 31/10/12 om 10:07:51
Embleme en betrek van die jeur en vroue klink goed, maar waar is die fokus? Ek beleef dat die fokus al hoe meer skuif na mense en weg van Christus en Sy kerk. Ek dink dit is tyd dat ons die vrot uit die kerk sny (wereldse sieninge en behoeftes) en Christus met sy voorskrifte terugbring.
Lewer kommentaar op Piet VenterKiewiet Bronkhorst - 01/11/12 om 07:32:20
Ek haal die volgende sinsnede uit 'n skrywe van ander kommentaar . . weg van Christus en Sy kerk.
Watter kerk is Sy kerk ? Ek lees nêrens in die Bybel van christus se kerk nie. Dit staan ook nêrens in die oorspronklike taal nie.
Het dit nie tyd geword dat ons moet speen van die kerk en terugkom by die Almagtige van die hemel en die aarde wat aan ons voorouers by Bloedrivier en Opatikloof die oorwinning gegee het nie.
Dan kan die kerk maar voortgaan om na hartelus, buite Bybelse voorskrif soos hulle dit in elk geval wil doen, homoseksuele leraars aanstel, wit eredienste tot sonde verklaar en die Belhar belydenis aanvaar en toepas.
Die kerk met hulle god wat al hierdie dinge toelaat het in elk geval die Immigrante Boere in 1836 onder sensuur geplaas oor die Boere se kritiek teen die kerk omdat die kerk hulle nie uitgespreek het teen die 69 gemengde huwelike wat deur die staat voltrek is nie.
Wil ons in hierdie tyd regtig nog deel wees van 'n instansie soos hierdie ?
Dit is werklik waar vir ons land in hierdie tyd : Nero vier fees terwyl Rome brand.
Elna Lush - 15/11/12 om 01:43:28
Gaan kyk mooi na die nuwe embleem van die ng-kerk, die 666 is duidelik sigbaar. Gaan google gerus "kerke veroordeel plaasmoorde" en deel julle resultate met ons! Baie interessant! Die kerke, met uitsondering van n paar, is ons lankal nie meer goedgesind nie. Hoekom swyg die predikante oor die volksmoord; bid hulle vir zuma en sy trawante, word lidmate aangemoedig om dieselfde te doen terwyl dieselfde lidmate bloedig uitgemoor word in n volksmoord! En die predikante swyg oor alles!
Lewer kommentaar op Elna LushLewer kommentaar op hierdie berig













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sê:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sê:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sê:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sê:
"wat ek verder wou bysê is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."