wordpress visitor
Blik Oor - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Nieu- Fanagalo

Kommentaar (0)

06/02/12

Aan almal wat inderhaas kaalbasfoto's laat neem het met die oog daarop om roem op 'n DASO-plakkaat te haal – jammer, die valbyl het geval.
Volgens die jongste internetweergawe het die prez self en Helen Zille dié eer te beurt geval. Vir meer besonderhede, besoek Facebook.
Blik, synde geen “oilpainting” nie, sal maar wyd hou van sy se bakkies op plakkate sit. En nog minder iemand se jaar te bederf deur kaalbas daarop te “pronk.” Daar is immers nie plek vir Blik se Boep, Blik se Bakkies, en Blik se …Boude op een plakkaat nie.
Blik se bakkies op iemand se plakkate is gelukkig in niemand se toekoms nie.
Van “oilpaintings” gepraat. Die ANC krap nou kop oor hoekom hul kandidaat vir AU-voorsitterskap met 'n Ping Pong bygedam is. Maar werklik!
En nee, ANC, die hoeveelheid staatsdepartemente wat 'n mens in die grond in bestuur het, versterk nie 'n mens se kans by die AU nie. En nee, die blote feit dat Suid-Afrika 'n mening oor iets het, beteken nie die hele Afrika val daarby in nie.
Nee, Afrika se Afrika-agenda is anders as dié van die ANC, gemik op selfrespek en vooruitgang.
Blik verneem juis Buite Buitendach se nuwe boek heet: “ANC, two decades of disaster and decay.” Blik het geweet Buite het nie 'n goeie woord vir Madiba nie, maar dat Blik so progressiewe Blik na Buite deel, sou Blik nooit kon dink nie.
Blik werp toe 'n blik op berigte oor hoeveel gevaar die taalwetsontwerp vir Afrikaans inhou. Vir Blik lyk dit of die wetsontwerp ten doel het om die wetboek in pas te bring met wat reeds in die praktyk aangaan – die wegdoen met Afrikaans as amptelike taal. Dis nie altyd prakties nie, soos die slag wat die Vrystaatse Wetgewer vir Almal-se-pêl Tshabalala as mediamonitor aangestel het. Nie veel gehad om te doen nie want die Vrystaatse media is hoofsaaklik Afrikaans en hy kan nie 'n woord Afrikaans verstaan nie.
En moenie wharrie dat Engels die amptelike taal gaan word nie. Tensy mens natuurlik daai weergawe wat opgedis word as Engels wil kwalifiseer. Dis eerder nieu-Fanagalo, met piepôl, tietjas, muddams (nee, nie Juju se weergawe nie, die modem-soort), bêds (soos in 'n taak oor voëls) …
Wie blikore het, laat hulle hoor.
Van blesse en boude gepraat. Die Amerikaner spog oor hy dokters wat vir iemand sy arm wat in 'n fabriek afgeruk is aangewerk het, en toe 'n Olimpiese stoeikampioen geword het. Die Engelsman vertel van iemand wat sy been in 'n motorongeluk verloor het, maar die dokters het dit aangewerk en toe word hy Statebondskampioen in die naellope.
“Dis niks,” sê die Suid-Afrikaner. “By ons het iemand voor 'n trein beland en net sy bles en boude het oorgebly en vandag is hy ons .................... (voltooi self).

Tot wederom
Blik Oor

[1] 2 3 4 > >>

Lewer kommentaar op hierdie Blik Oor

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Vul asb. die sekuriteitskode in:

Gesprekke aan die gang

20/02/12 om 07:03:14

Telkom dalk beboet met R3,5 miljard

Dirk Smit sê:

"Stem saam met Elna Lush. ..."


18/02/12 om 09:08:31

Vuurwapenregister in wanorde

Tewis van Oudtshoorn sê:

"Dit is maar te verwagte...die domstes word in die hoogste posisies aangeste..."


17/02/12 om 10:04:06

Geen VS munisipaliteit skoon oudit

Marius sê:

"Hiervan kan ek as verbruiker getuig. Meer as n jaar gelede het ek my Munis..."


21/02/12 om 08:56:39

Haglike toestande by Potch Landboukollege

Carel sê:

"Dit het hoogtyd geword dat die gemeenskap wat homself beywer om die Afrikan..."


Nuutste rubrieke

Godsdiens

DIE BELYDENIS VAN BELHAR: MEMORANDUM OPGESTEL DEUR GENL. JOHAN VAN DER MERWE IN OORLEGPLEGING MET OUD-LEDE VAN DIE SA POLISIEMAG EN ANDER GELOWIGES.

Landbou

Oneindige probleme op Vrystaat-Lesothogrens

Internasionale politiek

Armenië kom tussen Turkye en Frankryk

Blanke armoede

Projek Opstaan

DitsemSport

Dillon blink vir Ridders