Blits mashoof web

► Kleurling Christelike pastoor eerw. Oscar Bougardt van Kaapstad oor anti-gay retoriek tot 30 dae tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is; sy grootste teenstander en kritikus is André Gaum, bekende gay-aktivis ► Taiwan besig met hul Han Kuang Exercise 5-daelange reuse militêre maneuvers as voorbereiding vir moontlike aanval deur China ► Opspraak oor nuwe Russiese ondersese Poseidon hommeltuig, wat skynbaar enige hawe in die wêreld kan opblaas – www.thesun.co.uk vir meer inligting ► “This is not about land. It is about the loss of votes by the ANC and its little son, the EFF. It’s an attack on the white citizens of South Africa.” – Moeletsi Mbeki ► Sosiale media op ligter noot: “Royal Family is now Level 2 BEE Compliant” ► Christo du Plooy van Parys Vrydagaand in worsteling met drie rowers in sy huis voor sy gesin doodgeskiet; rowers was swart, “geen rassisme nie” ► Free State Stars van QwaQwa wen nasionale Nedbank Beker met prysgeld van R7 miljoen ná oorwinning 1-0 oor Maritzburg United in eindstryd

Wat dink jy?

Video van die week

  • ‘n Trotse Weermag wat Kommunisme verslaan het

    Videogreep van 'n Weermag wat in die destydse Suidwes-Afrika / Angola Kommunistiese magte suksesvol afgeslaan het, wat Suid-Afrika trots verdedig het en wat die sterkste weermag op die vasteland van Afrika was. Hierdie Weermag is egter op die diplomatieke terrein uitverkoop en tot niet gemaak.

    Die volk van hierdie Weermag is egter nie verslaan nie en sal weer opstaan.