03 Augustus 2018

  Lees die epos aanlyn

Image

AKTUELE NUUS

ANC sê hulle gaan onteien sonder vergoeding

Image

Dinsdagnag 31 Augustus 2018 het Cyril Ramaphosa as leier van die ANC namens die organisasie in 'n TV uitsending aangekondig dat die ANC besluit het om nie meer te wag vir die uitkoms van die Parlementêre proses nie, maar stappe gaan neem om artikel 25 van die Grondwet te wysig met die oog op onteiening sonder vergoeding. Dit is opvallend dat Ramaphosa die aankondiging nie in sy hoedanigheid as staatspresident gedoen het nie en dit ook nie by 'n spesiale geleentheid of in die vorm van 'n boodskap aan die nasie gedoen het nie.

 

Die feite van die saak is dat die Parlementêre proses om die openbare mening te toets oor die moontlikheid om artikel 25 van die Grondwet te wysig by wyse van skriftelike voorleggings en openbare grondberade en die evaluasie van al die insette, nog nie afgehandel is nie. Daarmee word dit duidelik gemaak dat die openbare deelnameproses slegs 'n rookskerm is om teoreties deur die voorgeskrewe prosedure te gaan en dat die uitkoms reeds vooraf vas besluit was.

 

Wat die skriftelike voorleggings betref, wat meer kundigheid en vaardigheid vereis, was die meerderheid afkomstig van blankes en was dit gekant teen wysiging van die Grondwet. Daarenteen was die opkoms na die verskillende grondberade in die provinsies ooglopend gereël om massas swartes en tot 'n mate bruin mense daar te kry en was hulle polities opgesweep ten gunste van Grondwetwysiging en onteiening sonder vergoeding.

 

Trouens by die grondberade is die minderheid blankes meesal doodgeskree indien hulle teen onteiening was en ook beledig soos nog nie tevore in SA nie. Selfs 'n swart persoon soos Mosiuoa Lekota van Cope wat geldige punte teen onteiening geopper het, is uitgejou as 'n “sell-out” en selfs by geleenthede hardhandig behandel.

 

Afgesien van die radikale swart massa, is kritiek uit opposisiegeledere en van burgerlike instansies fel op die aankondiging van Ramaphosa. So bv. het DA leier Mmusi Maimane aangedring op 'n nooddebat in die Parlement, terwyl die VF Plus in 'n mediaverklaring soos volg sê: “Die aankondiging van pres. Cyril Ramaphosa is ʼn verdere bewys dat hy gekaap is deur die Zuma-faksie binne die ANC en dat hy die belange van Suid-Afrika ondergeskik stel aan die belange van die ANC.

 

“Die tydstip van die aankondiging maak ʼn klug van die openbare verhore oor die aangeleentheid, asook die verdere Parlementêre prosesse. Dit word van ʼn president van ʼn land verwag om uit te styg bo partypolitiek en in die beste belang van die land op te tree. Hierdie wysiging gaan potensiële beleggers verder afskrik wat tot gevolg gaan hê dat die ekonomie benadeel gaan word wat nog groter werkloosheid in Suid-Afrika gaan veroorsaak. In die land het dit die potensiaal om anargie en grondgrype soos in Zimbabwe te veroorsaak.

 

“Die VF Plus gaan nou amptelik ʼn klag indien by die VN Menseregtekommissie vir die oortreding van artikel 16 van die VN Handves en die Internasionale Deklarasie van Menseregte wat private eiendomsbesit beskerm en onteiening sonder vergoeding verbied.”

 

Die kommentaar van TLU SA: “Hierdie is ʼn wanhopige poging van ʼn korrupte regime om sy ondersteuners se eise na jare van valse politieke beloftes te ondervang. Die ANC se politieke korrupsie en ekonomiese plundering van die RSA se finansiële bates die afgelope 24 jaar is die hoofoorsaak vir die ekonomiese verval van die land.

 

“TLU SA verwerp die besluit ten sterkste en sal steeds voortgaan om alle middele aan te wend om die eiendomsreg van produserende kommersiële boere in SA te beskerm. Dit het tyd geraak dat rasioneel denkende mense wat wil seker maak dat die regte dinge gedoen word om die ekonomie te laat groei bymekaar moet kom en kragte saamsnoer om hierdie vernietigende pad wat die ANC inslaan, te stuit.”

 

Op hul beurt sê Die Afrikanerbond in 'n verklaring: “Dit is lankal reeds duidelik dat die ANC met sy rug teen die muur staan wat grondhervorming en ander beleidsaspekte aanbetref. Dekades se wanbestuur, mislukkings, korrupsie, beleidsommekerings, ideologiese verwarring en verwerping van enige goedbedoelde advies en duidelike en bewese grondvoorstelle het die ANC in ʼn posisie geplaas waaruit hy nie meer kan ontsnap nie. Die enigste ontsnaproete is om ʼn moontlike konstitusionele krisis te skep deur wysigings aan die Grondwet aan te bring.

 

“Met hierdie besluit het die ANC alle ondernemings en versekeringe tot niet gemaak en Parlementêre prosesse gesystap en futiel gemaak.  Tradisionele leiers moet ook nie meer te seker wees van enige ondernemings wat op ʼn kantlyn aan hulle gemaak is nie.

 

“Wat duidelik geword het met die aankondiging is dat die ANC ʼn onomkeerbare proses van politieke herskikking begin het om mnr. Malema en die EFF aan boord te bring. Hiermee word ʼn boodskap aan elke Suid-Afrikaner gestuur dat geen waarborg in die Grondwet meer veilig is nie want politieke belang weeg swaarder as konstitusionele belang en grondwetlike regte en waardes. Eiendomsreg is die eerste grondwetlike reg om te sneuwel.

 

“Politieke herskikking van die hele politieke landskap is nou onafwendbaar. Die ANC en sy politieke kornuite het gekies om die Vryheidsmanifes met sy verouderde waardes en ideale bo die Grondwet te stel. Ons politieke herskikking gaan nou duidelik wys met die Vryheidsmanifes- (Charteriste) volgelinge aan die een kant en dié wat die grondwetlike waardes ondersteun aan die ander kant. Hierdie nuwe demokratiese front ten gunste van die Grondwet kan nie anders as om oor gevestigde politieke lyne te beweeg en die Suid-Afrika te bevorder wat in 1994 voorsien is nie en sal sowel Parlementêre as buite-Parlementêre instellings insluit.”

 

Die volgende omvattende kommentaar van Front Nasionaal spreek vanself: “Daar is een sinnetjie, so half in die middel van die toespraak, wat amper ongemerk verby gegaan het en wat ‘n mens soos ‘n skoot koue water tref as jy dit oordink: Ramaphosa het gesê: ‘…to transform the unjust spatial realities in urban areas…’ “Wat beteken dit? In praktyk beteken dit presies dieselfde as wat in stedelike en voorstedelike gebiede in elke ander Kommunistiese lande gebeur het. Dit gaan nie meer aanvaarbaar wees dat ‘n swart gesin van 6 in ‘n drievertrek opslaanhut moet woon wat ‘n paar meter van die volgende hut af staan, terwyl ‘n afgetrede egpaar of ‘n enkellopende persoon ‘n huis op ‘n erf in ‘n voorstad of kompleks bewoon nie. “Presies hoe hulle beplan om dit reg te stel, weet ‘n mens nie. Gaan hulle met die onteiening van eiendom die huiseienaar forseer om ander mense in te neem soos wat gebeur het in St Petersburg en Moskou na die Kommunistiese oorname? Gaan hulle die huis onteien en aan drie gesinne gee terwyl die huiseienaar verskuif word na ‘n eenvertrekwoonstel iewers soos wat hulle in Warskou en Riga gedoen het na Kommunistiese oorname?

 

“Gaan hulle toestemming gee aan plakkers om hulle hutte op die erf op te slaan omdat die erf onteien is, soos wat gebeur het in Boekarest en Dobrovnik en Boedapest na die Kommuniste oorgeneem het? Seer sekerlik sal daar gekyk word na mense wat ‘n tweede eiendom besit – die dorpshuis of strandhuis of woonstel wat uitverhuur word vir ‘n ekstra inkomste. Gaan dit eenvoudig afgeneem en aan plakkers gegee word om te bewoon soos wat in Havana en Caracas en Krakau gedoen is na Kommunistiese oorname? “Ons weet nie. Al wat ons wel weet, is dit: ‘Urban areas’ is spesifiek vermeld. Die onteieningsplan is nie net die plaasboere se krisis nie. Dis elkeen van ons wat ‘n huis besit se krisis. Dit beteken letterlik dat stedelike woonbuurte die oplossing sal moet bied vir die oorbevolking in plakkerskampe. “Nou vra mense: Ja maar wat van ons wat verbande het op eiendomme? Wat van ons verbande? Nee, dit weet niemand ook nie, al wat ons weet is dit: As hulle jou huis wil vat gaan hulle beslis nie slapelose nagte hê oor hoe jy jou skuld gaan betaal nie. Gaan vra maar enige Zimbabwiër of Mugabe destyds aangebied het om sy verband af te los. “Dit is bitter ontstellend as jy die implikasie van hierdie plan besef. Cyril Ramaphosa het Dinsdagaand die doodsklok gelui vir die Suid-Afrikaanse ekonomie, vir vryheid en geregtigheid en bowenal vir enige moontlikheid van vreedsame en vooruitstrewende naasbestaan in Suid-Afrika.”

 

Sien ook uitgebreide Redaksionele kommentaar hieronder.

Grondverhore: Swart radikales dring aan op grondgryp

Image

Die openbare verhore wat gehou word ingevolge die Parlementêre proses oor die voorgestelde wysiging van die Grondwet met die oog op onteiening sonder vergoeding, het ontaard in openbare geleenthede van haatspraak deur swart teenoor blank soos nog nooit tevore in SA gesien nie. By die verhore sê spreker na spreker dat blankes grond gesteel het, dat hulle “foreigners” is en dat hulle die “land” summier gratis moet teruggee.

 

Die minderheid blankes wat ook teenwoordig is, bly opvallend kalm, luister gedwee en stel hul standpunte so goed as moontlik. Hoe dit egter op die verhore gaan, blyk grafies op die videogreep wat by hierdie skakel gevind kan word.   

Afrikaner beskerm Malema en EFF

Image

Dit blyk na bewering dat Adriaan Snyman, eienaar van Tactical Security Services, Durban, al vir jare die gekontrakteerde veiligheidsdiens vir Julius Malema en die EFF lewer. Blykbaar spruit hierdie diens vanaf 2011 toe Malema nog president van die ANC Jeugliga was.

 

Volgens die webwerf van die firma bestaan sy personeel uit hoogs opgeleide voormalige polisie- en militêre beamptes. Na bewering was Snyman die blanke man op 'n videogreep wat by Malema by geleentheid van die vyfjarige viering van die EFF te Mdantsane, Oos-Londen, die aanvalsgeweer ontvang het waarmee hy skote in die lug afgevuur het. Agterna word beweer dat dit loskruitpatrone was, maar AfriForum het 'n klag teen Malema gelê vir die afvuur van 'n vuurwapen by 'n openbare byeenkoms.

 

Vir 'n videogreep van die voorval, kliek hier.

Eskom-staking sloer voort

Image

Die staking van Eskom werknemers wat aan verskeie vakunies behoort en wat aandring op hoër lone vir die feitlik bankrot staatsonderneming wat dit nie kan bekostig nie, sloer steeds voort. In die proses word lewering deur die nasionale kragvoorsiener op die spel geplaas en is volgens die jongste inligting die volgende die situasie by Eskom-kragstasies:

 

  • Lethabo, Vrystaat - toegang versper, geen toegang vir werkers nie
  • Kandal, Mpumalanga – ook geen toegang vir werkers nie
  • Hendrina - geen toegang vir werkers nie, SAPS skiet rubberkoeëls onder oproeriges
  • Kriel - Slegs TPM en enkele werkers teenwoordig
  • Camden - geen toegang nie, werkers staan buite
  • Komati - ditto
  • Matla - altwee hekke gesluit, geen toegang nie
  • Kusile - werkers gebruik suidelike hek, noordelike hek geblokkeer
  • Duvha - geen toegang nie, werkers staan buite.

By al hierdie kragstasies is die Polisie teenwoordig en probeer ander verkeer laat vloei. Inmiddels het Solidariteit aangekondig dat dit die loonaanbod van Eskom van ’n 7,5% verhoging vir vanjaar aanvaar het, ʼn 7% verhoging vir jaar twee en drie met ʼn gewaarborgde verhoging gelykstaande aan die VPI op behuising, tesame met ʼn eenmalige kontantbetaling van R5 000 na belasting en dat dit gevolglik alles in hul vermoë gaan doen om die kragnetwerk te stabiliseer.  Solidariteit doen ʼn beroep op beide Eskom en die SAPD om drasties op te tree teen kriminele elemente wat die infrastruktuur saboteer en werkers intimideer. “Solidariteit-lede het die afgelope week onder moeilike omstandighede gehelp om Suid-Afrika se ligte aan te hou, ten spyte van dreigemente van aanranding en dat hul motors en huise aan die brand gesteek sal word en het hulle selfs in kragstasies geslaap.

  “Die feit dat R19 miljard van Eskom-geld vermors is en niemand daarvoor vervolg word en nie ʼn sent van die geld verhaal word nie, is ʼn kookpot in Eskom wat onder andere in die vorm van arbeidsonrus oorspoel,” aldus Solidariteit.     

Beplande hersonering van parke in Potchefstroom

Image

Tydens die raadsvergadering van die JB Marks Munisipaliteit (Potchefstroom, Ventersdorp) op 31 Julie is besluit om die openbare parke in Bailliepark, Van Der Hoffpark en Miederpark te hersoneer “vir die bou van mediumkoste-behuising vir die bevordering van radikale sosio-ekonomiese transformasie.” Tot op hede is egter nog geen kennisgewing uitgereik nie en is inwoners nog nie in die saak geken nie.

 

Die VF Plus was die enigste party wat teen die besluit gestem het en wys in 'n mediaverklaring daarop dat “die bestaande infrastruktuur by die parke nie die addisionele las sal kan dra nie. Die raadsbesluit is eenvoudig gestoomroller met die verskoning dat daar te veel teenstand ontvang is met die Mooibank- en Vyfhoek-ontwikkelings. Die proses is prosedureel verkeerd volgens die Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuurswet (Spatial Planning Act).”

Vrystaatse ANC-hoës skotvry ná massiewe korrupsie

Image

In die jare na 2009 toe Ace Magashule premier van die Vrystaat geword het, was Mathabo Leeto die uitvoerende burgemeester van Matjhabeng Munisipaliteit te Welkom en dr. Benny Malakoane die munisipale bestuurder en tydens hul termyn is korrupsie van sowat R2 miljard in die munisipaliteit gepleeg. Verskillende persone binne sowel as buite die munisipaliteit was ook betrokke en is kriminele klagte teen o.a. Leeto en Malakoane gelê.

 

Ná verstryking van hul termyne is Leeto en Malakoane deur Magashule as Lede van die Uitvoerende Raad in die Vrystaat aangestel en het hulle in verskeie portefeuljes gedien, Malakoane o.a. as LUR vir Gesondheid, waar hy die departement in die grootste krisis van sy bestaan gedompel het. Intussen het die korrupsie-aanklagte in die hooggeregshof deur die jare voortgesleep en is dit telkens om verskillende redes uitgestel. Tans dien Malakoane as die LUR vie Landbou en Landelike Ontwikkeling en Leeto as LUR vir Sport, Kuns, Kultuur en Rekreasie.

 

Pas is egter in die Vrystaatse hooggeregshof bevind dat die saak van die staat so swak en onvoldoende is teen Leeto en Malakoane en die ander sewe beskuldigdes dat daar geen geloofwaardige vooruitsig op suksesvolle vervolging is nie, dat die saak gekanselleer word en dat al die beskuldigdes vrygespreek word.

Dr. Jann Schlebusch gaan nie emigreer

Image

In 'n vroeëre berig van DitsemBlits is berig dat dr. Jann Schlebusch van Bloemfontein en sy kinders Rusland besoek het met die oog daarop om daar as boere te hervestig, maar dr. Schlebusch wys daarop dat dit slegs sy seun is wat beplan om te emigreer. Hy wys daarop dat hy slegs die besoek gebruik het om “drie ander sake op die agenda te plaas: Die verdrukking en aanslag op ons volk / Die moontlikheid van beleggings vir mense wat hul Rand wil verskans / Die bou van bande met mede-Christene in ons stryd teen die liberalisme.

 

“Die kerke in Oos-Europa is nog nie besmet met liberalisme nie. Die media stel egter nie belang in my agenda nie en plaas net die emigrasie-sensasie in die nuus. Ek gee die versekering ek is meer as ooit oortuig van ons roeping en verantwoordelikheid hier onder ons eie volk, “ aldus dr. Schlebusch.

 

Hy kan gekontak word by 072 959 3214.

SAKENUUS

Gekant teen pensioengeld van OBK vir Eskom

Image

In 'n mediaverklaring sê die VF Plus dit is ten sterkste gekant teen enige gebruik van geld in die beleggingsfondse van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), afkomstig van die staatsdienspensioenfonds, om bankrot openbare ondernemings soos Eskom te red. Daarom word die voorneme van die ANC ten sterkste teengestaan om die OBK te oorreed om lenings van R120 miljard aan Eskom in aandele om te sit.

 

“Die finansiële resultate van Eskom wat pas bekend gestel is, wys duidelik dat Eskom nie meer ʼn lopende saak is nie en feitlik bankrot is. Dit sou die mees roekelose belegging denkbaar wees om staatsdienspensioenarisse se geld in so ʼn onderneming te belê.”

 

Vir meer besonderhede, kontak adv. Anton Alberts by 082 391 3117 / 065 801 7216.

 

INTERNASIONAAL

Vervolging van Christene wêreldwyd

Image

Volgens die bediening Geopende Deure duur die vervolging van Christene wêreldwyd in talle lande sterk voort en word elke maand gemiddeld 255 Christene vermoor, 104 ontvoer, 160 aangehou sonder verhoor, word 180 Christenvroue verkrag of in huwelike ingedwing en word 66 kerke aangeval. As sulks is dit die godsdiens in die wêreld wat die meeste en die ergste vervolg word.

 

Die totale aantal Christene wat jaarliks onder vervolging gebuk gaan, is moeilik vasgestel te word, maar word geraam op tussen 215 miljoen en 400 miljoen.

 

Die volgende is 'n getuienis in die jongste nuusbrief van Geopende Deure:

 

“Hussein (skuilnaam) het honderde Moslems in Afrika na die Here gelei, maar staar felle vervolging in die gesig as gevolg hiervan. Hy vertel: Dinge het so gevaarlik geraak dat ek vir 21 dae in die bosse moes leef. Ek het geen kos of water gehad, buiten wat ek kon vind nie. Steeds volhard Hussein daarin om die Evangelie te verkondig. En wanneer gevra word wat hy nodig het, antwoord hy vinnig deur te vra vir gebed en digitale kopieë van die Bybel.

 

“Hussein verduidelik verder: Op ʼn keer het ek 66 mense dissipel. Ek kan nie 66 harde kopieë van die Bybel dra nie,  maar ek kan 66 SD-geheuekaarte dra. Ek het aan elkeen van hulle ʼn digitale kopie van die Bybel op ʼn SD-kaart gegee. Daardie 66 mense het sedertdien 230 ander na Christus gelei!

 

“Tallose broers en susters soos Hussein, betaal die duurste prys vir hul geloof elke dag. Bid asseblief vir hulle.”

 

Ondersteun vervolgde Christene d.m.v. Geopende Deure by hul webwerf www.opendoors.org.za.

REDAKSIONELE KOMMENTAAR

Suid-Afrika op 'n mespunt


Met die aankondiging van Cyril Ramaphosa as ANC-leier afgelope Dinsdagnag is Suid-Afrika op 'n mespunt gebring soos nog nooit in sy geskiedenis nie en huiwer die land op die rand van 'n burgeroorlog. Dit is duidelik dat die ANC verbind is om sy Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) te voltrek, die land in 'n Kommunistiese staat te omskep en sover as moontlik van blanke burgers ontslae te raak of minstens te ontmagtig. In die proses word blankes uitgeskel soos ook nog nooit tevore in die land gesien en gehoor is nie.

 

Dit kom neer op diktatuur van die oorwig swart massa, wat egter oor die algemeen hul beskawingsonmondigheid toon en wat die grondwetlike bestel wil verkrag om staatsgesanksioneerde diefstal op massaskaal te pleeg. Dit dien egter as sulks gesien en teengestaan te word met alle moontlikhede.

 

 Ons wil nog in detail ons mening gee oor hoe om op hierdie ongeëwenaarde uitdaging te reageer, maar vir nou vra ons blankes en regsinnige Afrikaners om kalm te bly, biddend te verootmoedig voor God Drieënig en prakties voor te berei soos ook nog nooit in die geskiedenis nie. Hierdie is ook ons land en is ons bereid om te veg vir wat regmatig aan ons behoort en glo ons dat deur die genade Gods ons wonderbaarlik die oorwinning sal kry.

 

Ons wil ook die kommentaar van Wessel Basson van ToekomsVonk hieronder omskryf, behalwe om te sê dat ons nie van plan is om die bloed van ons mense te offer nie, maar net dié van ons vyande.


Geskiedenis gaan homself herhaal.


Ÿ• Wessel Basson,


ToekomsVonk Hier is my gevolgtrekking na grondonteieningsdeelname in Pretoria. Ek het na die swartmassa geluister en gehoor dat hul wense is dat grond terugbesorg moet word aan die swartman. Ek het die hart van die swartman gesien. Ek het gesien dat hul harte vol van haat en rassisme was. Ek het gesien en gehoor hoe geskiedenis verdraai en misvorm word. Ek het gehoor en geluister dat alles wat wit is sleg is. Ek het gehoor en geluister dat ons die grond gesteel het. Ek het gehoor en geluister dat die witman hulle in 366 jaar van alles ontneem het. Ek het gehoor en geluister hoe ons kwansuis hul voorouers uitgemoor het. Ek het gehoor en geluister dat hulle nou gereed is om die grond te bewerk en dat hulle deur grond te bekom ‘n beter lewe sal hê. Ek het ook gehoor en geluister dat die regering in beheer van alle grond moet wees. Ek het dit alles gehoor, maar wat ek nie gehoor het nie was:

  • Logika, morele en rasionele oplossings vir die gronddebat.
  • Die swarte se eie aandeel in hulle mislukkings.
  • Hul aandeel in die volksmoord op die KhoiSan wat voor hulle hier was
  • Hoe grond nou ‘n beter lewe aan almal gaan gee, terwyl hulle vra dat die staat in beheer daarvan moet wees. Hulle wil nie slawe onder die blankes wees op plase nie, maar is gewillig om ‘n slaaf van die staat te wees?
  • Hulle onkunde rondom die geskiedenis en hulle verdraaiing van wat die werklike feite is.
  • Ek het nie gehoor hoekom slegs wittes moet padgee terwyl die Chinese, Indiërs en ander Afrikane die land instroom en winkels, eiendom en grond besit nie?
  • Waarom het hulle in 366 jaar niks bereik nie?
  • Wat het hulle opgebou in 366 jaar?
  • Hoe gaan grond hulle barbaarse optredes verander? Hoe gaan grond verhoed dat hulle ophou met hulle plunderingtogte en brandstigtings en vernietiging van geboue, skole, biblioteke, huise, treine en busse?
  • Wie gaan vir hulle werk gee as die blankes nie meer daar is nie?

My gevolgtrekking

 

  • Die swartmassa ondersteun ‘n kommunistiese ideaal wat nie volhoubaar is nie.
  • Die swartmassa ondersteun ‘n kommunistiese ideaal en gaan slawe word van die nuwe Joseph Stalins.
  • Die swartmassa lei aan ‘n enorme minderwaardigheid sindroom.
  • Die swartmassas gaan net nog ‘n Afrika-statistiek word van herhalings.
  • Die swartmassa sal nooit met hierdie irrasionele en onlogiese denke suksesvol wees nie.
  • Die swartmassa onderskat die Boere en hulle geskiedkundige oorlewing in Suid Afrika.
  • Die swartmassa se swak oordeel en arrogansie gaan hulle oneindige skade berokken.

 

Die swartmassa moet een ding weet, ons boere gaan nie vrywillig ons grond oorhandig nie. Hierdie gyselaarsdreigemente en bangmaakpraatjies van die Kommunistiese swartmassa is net nog ‘n bewys van hulle arrogansie.

Ons verwerp die lasterlike stelling van Malema as hy homself vergelyk met Christus en daardeur wil bevestig dat ons die slawe van swartes sal wees. My God is nie ‘n sokkerbal wat jy na enige kant toe kan skop nie. Hy laat ook nie toe dat Hy gelaster word nie.

Julius Malema en sy rooi beret massa moet een ding weet: Die Boerevolk sal nie tou opgooi totdat hy vry is nie. My voorouers het bloed geskenk vir die land, ons sal dit weer doen.


SKEP MOED!

Hierdie nuusbrief is grootliks gewy aan die ongekende gevaar van swart radikales wat blankes in die land tans met die grondindaba in die gesig staar. Moed kan egter geskep word uit die vasberadenheid van 'n boer van Nelspruit by hierdie stemgreep.

LUISTER

Indien u nie die epos wil ontvang nie kan u hier uit teken
Ditsem Nuus, Oranje Eggo S39, Orania, Noord-Kaap, 8752, South Africa, www.ditsem.net