13 Julie 2018

  Lees die epos aanlyn

Image

AKTUELE NUUS

Betogings, brandstigting en plundery landswyd

Image

Betogings, brandstigting en plundery kom tans landswyd voor, skynbaar onder die geloofwaardige dekmantel van protes teen dienslewering, maar wat ontaard in grootskaalse brandstigting en plundery. Die ergste geval het gister in Kimberley plaasgevind toe 'n massabetoging teen swak dienslewering en uitgebreide korrupsie deur die Sol Plaatje Munisipaliteit handuit geruk het in plundery van winkels in die middestad en brandstigting by die nuwe Sol Plaatje Universiteit.

 

Van die eerste winkels wat geplunder is, was drankwinkels, terwyl die vensters van die West End Vleismark flenters gegooi is. Die eienaar van die slaghuis, Adriaan de Klerk, sê hy is veral teleurgesteld in die optrede van die gemeenskap omdat hulle 26 sopkombuise bedryf en ook gereeld help as daar skool- en kerkgeleenthede is.

 

Na berig word, is die Polisiestasies te Ipeleng, Galeshewe, Roodepan en Smidtsdrift ook aan die brand gesteek, terwyl die R31-pad tussen Kimberley en Barkley-Wes met groot klippe versper is. Verskeie Polisielede is ook tydens die gewelddadige betogings beseer, besighede is gevra om te sluit en alle inwoners, veral kinders, is versoek om binnenshuis te bly.

 

Voorts is berig ontvang dat die pad tussen Krugersdorp en Johannesburg weens brandende bande en klipgooiende betogers gesluit is en die verkeer na alternatiewe roetes herlei is. In die Wes-Kaap is Hermanus voortdurend die toneel van betogings, klipgooiery en brandstigting. Die Internet en sosiale media wemel van foto’s en video’s – sien ook www.ditsem.net en Ditsem Facebook.

Noordwes onder “UN administration”

Image

Die koerant The Citrizen berig dat Noordwes premier Job Mokgoro en “UN Coordinator” Nardos Bekele-Thomas ooreengekom het dat die provinsie onder “UN administration” geplaas word met die oog op 'n herstelpad na 'n gesonde en volhoubare provinsie teen volgende jaar. Dit geskied ingevolge 'n VN ontwikkelingsprogram wat gevolg word op dieselfde beginsels as die Marshall-plan en dek terreine soos gesondheid, maatskaplike dienste, landbou  en anti-korrupsie.

 

Op hierdie stadium is min besonderhede oor hierdie VN-intervensie bekend, maar dit verbaas dat die aankondiging nie van die nasionale regering gekom het nie, aangesien VN-intervensie in enige land nie sonder die toestemming en samewerking van die nasionale regering kan geskied nie. Dit is ook die eerste keer dat die VN aktief betrokke raak in bestuur en / of wet en orde in Suid-Afrika. 

Sakeman in sy huis vermoor

Image

Jannie Lombaard (50), eienaar van die Shell-diensstasie in Leeudoringstad, is afgelope Dinsdagaand in sy huis deur ses aanvallers doodgeskiet. Na berig word het die aanvallers Lombaard van die vulstasie af tot in sy huis gevolg, waar hulle hom na 'n worsteling doodgeskiet het.

 

Sy 82-jarige pa, Henk, die enigste ander inwoner van die huis, is ernstig aangerand met sy wangbeen gebreek en wonde aan sy gesig en kop. 'n Onbekende bedrag kontant en die rewolwer van Lombaard jnr. is geroof.

Soveelste korrupsieskandaal in Vrystaat oopgevlek

Image

In die Vrystaat, wat reeds platgeslaan is deur korrupsieskandale in die agt jaar van provinsiale bewind van voormalige premier Ace Magashule, is nog 'n geval van beweerde korrupsie deur die koerant Daily Maverick oopgevlek. Volgens die berig het 'n dogter en die jongste broer van Magashule, asook twee seuns van die huidige premier Sisi Ntombela baat gevind by kontrakte ter waarde van R300 miljoen vir die sny van gras langs en die instandhouding van paaie in die provinsie.

 

Dit volg kort op die hakke van die berigte dat die provinsiale regering grootskaals wild uit provinsiale reservate verskaf het aan sg. “opkomende” swart wildsboere, waaronder gegoede ANC-kaders. 'n Beampte van die Dept. van Natuurbewaring wat glo geweier het om wild vir hierdie doel te vang tensy hy die handtekening van die LUR vir Finansies as magtiging sien, is na bewering “geskors”, hoewel die provinsiale regering weier om hierop direkte kommentaar te lewer.  

UV-verdagmakery rondom MT Steyn-standbeeld

Image

Die bestuur van die Universiteit van die Vrystaat het by die standbeeld van oud-pres. MT Steyn voor die hoofgebou van die universiteit 'n glasstruktuur opgerig waarteen aanleidende vrae aan studente en belangstellendes gerig word oor die relevansie van die standbeeld op die kampus. Die teenwoordigheid van die standbeeld, as synde Afrikaner en Afrikaans, is omstrede en onder skoot van linkses, maar gedurende April vanjaar was daar ook diegene wat sterk standpunt ingeneem het teen die moontlike verskuiwing van die standbeeld. Hierdie reaksie was klaarblyklik genoeg om die UV in daardie stadium van verskuiwing of bedekking te weerhou.

 

Nou, tydens die Vrystaatse Kunstefees op die kampus, is daar die nuutste poging deur die bestuur van die UV om die kwessie rondom die standbeeld weer in die openbare kollig te plaas en wel op 'n wyse dat verwydering of bedekking noodwendig  blyk. Ondersteuners van die positiewe simboliek van die standbeeld vra nou op georganiseerde basis dat steun vir die behoud van die standbeeld per epos betuig moet word by die eposadres news@ufs.ac.za en wel nie later nie as vandag, Vrydag, 13 Julie, of alternatiewelik as dit later is nogtans hul teenkanting te stuur.

Die Ou Presidensie Historiese Vereniging

Image

Die Ou Presidensie Historiese Vereniging herdenk op Saterdag 14 Julie 2018 om 14:15 vir 14:30 die 130ste sterfjaar van Pres J.H. Brand, die vierde president van die destydse Republiek Oranje-Vrijstaat. Die geleentheid word gehou by die Brand familiekerkhof in Presidentlaan, aan die hand van ‘n boomplanting met kranslegging, gevolg deur kranslegging by die pres. Brand-standbeeld in Pres. Brandstraat. Daarna word ‘n huldigingsprogram in die NALN-ouditorium aangebied.

 

Vir meer besonderhede, skakel 051 422 5283 of 072 418 8665.

Wimbledon: Hoë verwagting vir Anderson vandag

Image

Hoë verwagting word gekoester vir Kevin Anderson, wat steeds onder die SA-banier speel, in die halfeindstryd vandag teen Kevin Isner in die mans enkelspel op Wimbledon. Anderson het twee dae gelede 'n epiese stryd gewen teen waarskynlik die beste tennisspeler van alle tye Roger Federer.

 

Anderson was in hierdie wedstryd met twee stelle agter en in die derde stel het Federer wedstrydpunt gehad, maar Anderson het teruggeveg letterlik van die spreekwoordelike krytvloer af en uiteindelik die stel en die volgende twee stelle met onverbiddelike vasberadenheid gewen. Indien hy vandag vir Isner kan ondersit, is daar hoë verwagting dat hy in die eindstryd teen óf Nadal of Djokovic die eerste Suid-Afrikaner in die geskiedenis kan word wat 'n Wimbledon enkelspeltitel wen.

 

Voetnota: Raven Klaasen, ook van Suid-Afrika, is môre op Wimbledon in die mansdubbelspel in die eindrondte saam met sy Nieu-Seelandse maat Michael Venus in aksie.

Inteken op DitsemBlits

Image

Die weeklikse elektroniese nuusbrief wat Ditsem Nuus uitstuur, tesame met die daaglikse Nuushooftrekke, alles gefokus op nuus wat saakmaak vir die Afrikaner, vorm 'n unieke nuuspakket in Afrikaans. Beskikbaar op 'n intekenpakket van slegs R240 per jaar, bied die nuusdiens vinger op die pols kontak met nuusgebeure soos wat dit ontvou.   

 

Om in te teken is maklik: Doen ‘n inbetaling van R240 in die volgende bankrekening: Standard Bank / Rekeningnaam: DitsemBlits / Rekeningnommer: 140 320 105 (Spaarrekening) / As verwysing: Jou naam en van. Volg dit dan op met ‘n epos na web@ditsem.net met jou naam en van, die eposadres waarop jy die DitsemBlits wil ontvang, asook  bewys van betaling.

 

By ontvangs van hierdie besonderhede word jou naam op die DitsemBlits adreslys geplaas vir die volgende 12 x maande.

SAKENUUS

MeerKAT teleskopiese projek in Karoo amptelik onthul

Image

Die MeerKAT radioteleskopiese projek by Carnarvon, die grootste van sy soort in die suidelike halfrond en beslaande agt reuse skottels op 'n terrein van 130 000 ha is vandag, 13 Julie, amptelik onthul. Die projek vorm deel van die veel groter sg. Square Kilometre Array Telescope (SKA) wat ook nog by die projek opgerig gaan word.

 

Verskeie buitelandse regerings, maatskappye en navorsingsinstansies is betrokke by die projek en daar word verwag dat dit veral op wetenskaplike gebied en op die gebied van opleiding Suid-Afrika sowel as die deelnemende lande besonder sal baat.

Sasol Khanyisa: Stakingsmandaat teen rasuitsluiting

Image

Solidariteit-verteenwoordigers van Sasol het eenparig ʼn mandaat gegee dat ʼn staking uitgeroep kan word in protes teen Sasol se omstrede personeelaandeleskema, Khanyisa, wat blanke werknemers uitsluit. Dit het gevolg nadat die KVBA op 14 Junie ʼn sertifikaat uitgereik het ter magtiging van ‘n wettige  staking. Dit is die eerste keer dat blanke werkers in SA staak weens rasuitsluiting.   Dit volg nadat Sasol verlede jaar aangekondig het dat hy in die plek van sy bestaande werknemerbemagtigingskema, Inzalo, wat alle werknemers, ongeag ras, ingesluit het, met Khanyisa gaan vervang, wat geen voorsiening vir blanke werknemers nie. Solidariteit wys daarop dat die onregverdigheid hiervan die beste geïllustreer word deur die feit dat ʼn blanke werknemer met 30 jaar diens geen aandeel gaan kry nie, maar ʼn swart persoon wat pas uit die skool gekom het en drie maande by Sasol werk, gaan ʼn aandeletoekenning van R500 000 kry. Die enigste verskil tussen die twee werknemers is die kleur van hul vel.   Absa nuwe korporatiewe identiteit

Absa Bank het vandeesweek sy korporatiewe identiteit verander deur die naam Barclays Africa Group Limited te verander na Absa Group Limited, terwyl dit ook handel dryf op die JSE onder die nuwe aandeelkode ABG. Die skuif verteenwoordig 'n wegbeweeg van die Britse Barclays Groep, hoewel bepaalde bande behou is.

 

Die nuwe identiteit is geloods met 'n skouspelagtige lugvertoning bokant Johannesburg d.m.v. hommeltuigtegnologie, as sulks die eerste van sy soort in Afrika. Volgens Absa uitvoerende hoof Maria Ramos herposisioneer Absa met hierdie stap ook sy plek in die Suid-Afrikaanse mark en is die eerste van die nuwe voorkoms Absa takke reeds geopen.

INTERNASIONAAL

Trump skryf Europeërs leviete voor

Image

Op sy huidige besoek aan Europa vir die Navo-spitsberaad te Brussel het pres. Donald Trump van die VSA die Navo-bondgenote behoorlik die leviete voorgelees en gesê dat hulle nie hul teiken van 2% bydrae uit BNP tot Navo nakom nie, maar dan verwag dat die VSA sy aandeel moet betaal. Hy het veral Duitsland as die sterkste ekonomie in Europa bygekom en gesê die Duitsers verwag die VSA moet vir die beveiliging van Duitsland teen Rusland betaal, maar die Duitsers koop 70% van hul energiebehoeftes van Rusland d.m.v. 'n gaspypleiding, met laasgenoemde in besit van leidende Duitse politici.

 

Ná Brussel het Trump in Londen aangekom vir samesprekings met die Britse regering en onmiddellik kontroversie veroorsaak toe hy reguit gesê het dat indien die Britse regering 'n "sagte" Brexit gaan doen, hulle kan verwag dat die VSA sy handelsbeleid teenoor Brittanje gaan afskaal. Dit is olie op die vuur vir die twee Britse pro-"harde Brexit" ministers David Davies en Boris Johnson wat pas uit die May-kabinet bedank het.       

Wêreldbevolking nou 7,6 miljard

Image

Volgens die Endangered Wildlife Trust (EWT) beloop die wêreldbevolking tans 7,6 miljard mense en voorspel dat teen die huidige aanwaskoers die getal teen 2050 op meer as 9,8 miljard kan staan. In 1800 het die wêreldbevolking op 1 miljard gestaan, d.w.s. dit het binne 150 jaar feitlik vertiendubbel.

 

Volgens die EWT het die mens 10 000 jaar gelede slegs 1% uitgemaak van die totale gewig van alle gewerweldes op aarde, met die balans van biomassa wat uit wilde diere bestaan het. Vandag maak wilde diere net 1% van die biomassa op aarde uit, die ander 99% bestaan uit mense, vee en troeteldiere.

Tesla open fabriek in China vir 500 000 motors per jaar

Image

Die Amerikaanse maatskappy Tesla met uitvoerende hoof Elon Musk het aangekondig dat dit 'n fabriek in Sjanghai, China gaan open wat sowat 500 000 motors per jaar kan vervaardig. Sjanghai is reeds bekend as die sentrum van die Chinese motorbedryf, maar die beste Chinese fabrieke produseer slegs sowat 200 000 tot 300 000 voertuie per jaar elk.

 

Intussen egter wys ontleders daarop dat Tesla nog nooit daarin kon slaag om wins te maak nie en vra daarom waar hulle die kapitaal vandaan kry om so 'n groot fabriek in China te bou en te bedryf. In die VSA produseer Tesla slegs sowat 5 000 voertuie per week.   

REDAKSIONELE KOMMENTAAR

Sluit aan by die Ditsem-familie!


In 'n tyd wanneer die Afrikaner onder groter druk as ooit is om as volk voort te bestaan en sy regmatige plek in Suid-Afrika en in die wêreld in te neem, is dit noodsaaklik dat nuus en inligting wat saakmaak vir die Afrikaner van vandag, by hom / haar uitkom. Dit is presies wat Ditsem Nuus doen, 'n koerant wat sedert 2008 maandeliks gepubliseer word en versprei word te Kimberley, Bloemfontein en 12 dorpe in die suidwes-Vrystaat en Bo-Karoo van die Noord-Kaap. Die gedrukte uitgawe van die koerant word ook in digitale formaat op die Internet gepubliseer.

 

Gebaseer te Orania, bedryf Ditsem Nuus ook 'n dinamiese webwerf, Facebookblad en Twitter-rekening, almal waarvan daagliks opgedateer word. Daarbenewens stuur Ditsem Nuus ook die elektroniese nuuspakket, DitsemBlits, uit, met daaglikse Nuushooftrekke en 'n weeklikse Nuusbulletin.

 

Om nuus waarheidsgetrou, gebalanseerd, op tyd en professioneel te verskaf, verg kundigheid, dryfkrag, tyd, personeel, infrastruktuur en harde werk en dit het gemaak dat nuus 'n kommoditeit geword het – daar is onvermydelik 'n geldwaarde aan gekoppel. Daarom, om vandag noodsaaklike nuus en inligting by regsinnige Afrikaners uit te kry, moet Ditsem Nuus sorg dat dit finansieel volhoubaar bly.

 

Dit doen Ditsem Nuus deur advertensieruimte te verkoop in die koerant, asook op sy webwerf, terwyl die DitsemBlits op 'n intekenpakket van slegs R240 per jaar beskikbaar gestel word.

 

Indien dit vir u, geagte leser, belangrik is dat Ditsem Nuus die nuus en inligting verskaf wat dit doen, dan vra ons u om die koerantonderneming op en van of alvier die volgende wyses finansieel te ondersteun:

  • U besigheid in Ditsem Nuus maandelikse koerant adverteer as medium om strategiese teikenmark van middel- en hoër-inkomste Afrikaanssprekendes te bereik – kliek hier vir tariewe en vinnige prosessering
  • U besigheid op www.ditsem.net te adverteer – kliek hier vir vinnige prosessering
  • Inteken op DitsemBlits @ slegs R240 per jaar – kliek hier vir vinnige prosessering
  • Maak 'n donasie as Vriend van Ditsem deur hierdie maklike betalingsmetode te volg – enige bedrag is welkom. U kan selfs gereelde betalings doen. Vir 'n donasie van R1 000 of meer, kom u naam en adres op die adreslys van DitsemBlits gratis vir die volgende vyf jaar (60 maande)

 

Sluit dus gerus aan by die Ditsem-familie en help bou aan 'n volhoubare Afikanervolk!

SKEP MOED!

The Boers of the Bo-Karoo


Moed kan geskep word uit die volgende selfverduidelikende oorsig deur Pieter Krige op die Facebookblad van die Orania Beweging - in Engels geskryf vir die konsumpsie van mense buite die Boerevolk:

 

In the harshest climate, between the barren rocky karoo-veld, under the scorching summer sun and in the blisteringly cold winter frost, I see a people with the worry of a broken world on their shoulders. These Boers are the remnant and the seed, the settlers and the pilgrims, the exiled and the free.

 

These Boers are carved differently. They are carved, not born, as if the Almighty have a special plan for them. Their great grandfathers fought the Bantu tribes, their grandfathers the British and the Germans, their fathers the Communists; and the drums are echoing again. They fought for liberty and respite, and in their 400 year of turbulent history, it was not granted. The world screams of these Boers as the ‘privileged’ people, the reality is far from it.

 

They braved a new hostile world, with only a 'Staten Vertaling', their bare hands, their dream. They succeeded and they failed. Their children and woman were taken by fever and war and famine and camps. The earth heaps and white crosses a testament to the price of freedom for them, a freedom still elusive.

 

These Boers were, and still are, beaten and bruised but never broken. They are a people carved differently, they are, by their faith, unbreakable.

 

From the dust and ash and blood there was crafted a word; one word to define them: Boer. From this Boer sprouted a language, Afrikaans. From this Afrikaans sprouted a culture: Afrikaner.

 

They are scorned by a political world without any grace, still they build. They are being murdered by the thousands, still they build. They are hated by the majority, still they build. They are shunned and ostracised, still they build.

 

The year is 2018 , they first arrived 6 April 1652, they are here still.

 

I see a back bent with a pickaxe in the barren Bo-Karoo, I see a daughter walking from school, I see an old mother baking, I see a businessman bent over his books, I see a council worry and plan and do with non-existent funding, I see a bricklayer build, I see a ‘dominee’ teach, I see a student study, I see children laughing and playing, I see young people having fun after the day is done. I see a Boer, and still the drums of hate echoes, and still the Boer builds.

 

I see a Bo-Karoo Boer, I see hope, I see a dream of freedom dearly paid, never received. I see a country demanding this Boer executed, culture extinguished. I see a Boer; they are carved differently, they are special. I see The Boer and they are Giant.

Indien u nie die epos wil ontvang nie kan u hier uit teken
Anulus Bemarking, S39 Oranje Eggo, Orania, North Cape, 7590, South Africa, www.ditsem.net