15 Augustus 2018

  Lees die epos aanlyn

Image

Spesiale nuusbrief


Hierdie is 'n spesiale uitgawe van Ditsem Nuus wat fokus op vyf kwessies: Beplande grondgryp, gewelddadige aanslag op blankes in SA, die ongelooflike diepte van ANC-gekoppelde korrupsie, die minerale skatkis van SA as die eintlike prys en die moed van 'n boer. 

AKTUELE NUUS

Beplande grondgryp – oplaaiende teenreaksie

Image

Sedert die middernagtelike aankondiging deur Cyril Ramaphosa op 31 Augustus 2018 oor die voorneme van die ANC om voort te gaan met wysiging van die Grondwet met die oog op grondgryp, was die teenreaksie so sneloplaaiend dat dit duidelik is dat Suid-Afrika op 'n mespunt geplaas is soos nog nooit in die geskiedenis nie. Dit is duidelik dat die ANC verbind is om sy Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) te voltrek, die land in 'n Kommunistiese staat te omskep en blanke burgers sover as moontlik te marginaliseer.

 

Daarmee word SA gedryf na die rand van 'n burgeroorlog, met aan die een kant 'n tierende swart massa wat blanke burgers uitkryt as “gronddiewe”  en eis dat “grond” onmiddellik teruggegee word sonder vergoeding. Aan die ander kant is hoofsaaklik blankes, maar ook swart en bruin mense wat hulself plaas op die grondslag van 'n regstaat, eiendomsreg, vryemark en gelyke kanse vir almal.

 

Terwyl by die grondverhore swart radikalisme hoogty gevier het en probeer is om oorweldigende steun vir wysiging van die Grondwet en grondgryp te monster, is dit insiggewend dat van die skriftelike voorleggings wat deur die voorgeskrewe amptelike kanale voor die spertyd gemaak is, 129 549 gekant is teen wysiging van die Grondwet, terwyl 100 308 ten gunste daarvan is – ‘n meerderheid van 29 241. Intussen word berig dat die ANC sy takke opdrag gegee het om nog skriftelike voorleggings te maak t.g.v. onteiening sonder vergoeding, ondanks die feit dat die spertyd reeds verstryk het.

 

'n Opsienbare verwikkeling is dat Ramaphosa aan Zoeloekoning Goodwill Zwelithini die versekering gegee het dat sy ongeveer 2,8 miljoen ha grond in naam van die Ingonyama Trust vry van grondgryp is. Dit skep 'n presedent vir ander tradisionele stamgronde in die land, wat tans sowat 13% van die oppervlakte van SA beslaan.

 

Nog 'n opmerklike verwikkeling is dat die koning van Swaziland onlangs aan 'n Afrikaner-afvaardiging die versekering gegee het dat grondooreenkomste van die 19de eeu waardeur feitlik die hele huidige Mpumalanga aan die Voortrekkers in ruilhandel vir vee gegee is, steeds as blanke grond erken word.

 

Internasionaal is daar in verskeie oorde ernstige besware teen die beoogde grondgryp van die SA regering. Daarby het die IMF ná 'n besoek aan SA 28 Mei tot 11 Junie vanjaar in 'n verslag gesê dat die voortslepende debat oor grondonteiening kan buitelandse beleggers beslis afskrik.

 

Olie op die vuur is gegooi met die bekendmaking deur Sondagmedia en AfriForum van 'n lys van sowat 200 plase wat reeds deur die Dept. van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming geïdentifiseer is vir onteiening sonder vergoeding. Vir 'n videogreep van Ernst Roets van AfriForum oor die lys, volg hierdie skakel.

 

Wat nog erger is, is dat dit blyk dat plase wat winsgewend bedryf word en sonder verbandskuld is, asook geleë is op ryk minerale neerslae, geprioritiseer word. Vir die besonderhede van die plase op hierdie lys, kliek hier.

 

Na berig word is die eerste twee plase op hierdie lys die eiendom van Akkerland Boerdery Edms. Bpk. in die Louis Trichardt-distrik (nou Makhado), 'n hoogs suksesvolle kommersiële boerdery en wat geleë is op die bekende Makhado Steenkoolrif met 'n geraamde waarde van ongeveer R70 miljard. indien ook gekyk word na die verhouding tussen van die ander plase op die lys en minerale neerslae, dan kan tot die onvermydelike slotsom gekom word dat die hele kwessie oor sg. “grond” in SA inderwaarheid eintlik gaan oor die ongelooflike ryk mineraalneerslae van die land. Sien Redaksionele kommentaar hieronder.

 

In reaksie op die bekendmaking van die lys van plase vir onteiening, het Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Maite Nkoana-Mashabane en Minister van Landbou, Bosbou en Visserye Senzeni Zokwana ontken dat so 'n lys bestaan, maar sowel AfriForum as die SA Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) sê dat hul betroubare bronne bevestig dat hierdie lys reeds in staatsdepartemente gesirkuleer is. Nkoana-Mashabane word ook aangehaal dat sy vroeër gesê het daar is ‘n lys van plase om te dien as “toetssake” en dat dit nie vooraf bekend gemaak word ten einde boere nie die geleentheid te gee om tydig regstappe te neem nie.    

 

Die SAIRV het ook gesê dat hulle word oorval deur oproepe van bekommernis uit die buiteland oor die beplande grondgyp en dat dit die potensiaal het om beleggingsvertroue in SA te skaad op die vlak van die gevalle van Zimbabwe en Venezuela. Daarom vertrek 'n afvaardiging van die SAIRV op 'n drie weke inligtingstoer na Europa en die VSA.

 

Intussen wys regsgeleerdes daarop dat vir enige wysiging aan hoofstuk 2 van die Grondwet, wat handel oor die Handves van Menseregte, is 'n tweederde meerderheid van lede in die Nasionale Vergadering nodig, terwyl alle afgevaardigdes van ses van die nege provinsies in die Nasionale Raad van Provinsies ook die wysiging moet steun. Daarby is daar nog verskeie ander wetlike Parlementêre vereistes waaraan voldoen moet word,

 

Op sy beurt het die hoofregter Mogoeng Mogoeng, wat ook 'n lekeprediker is, gesê: “Ons Suid-Afrikaners is 'n vredeliewende nasie en ons sal geen ander oplossings nastreef vir die grondkwessie as 'n oplossing wat voorsiening maak vir ons almal se belange nie – 'n oplossing wat ons verenig en wat blywend is.” Vir wat dit werd is, het Vrystaatse premier Sisi Ntombela gesê geen onwettige grondbesettings sal in die Vrystaat geduld word nie.

 

Iemand soos prof. Mohammad Karaan, dekaan van die Fakulteit Agri Wetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch word soos volg aangehaal: “Daar is meer as genoeg grond in die mark om in SA  te voldoen aan die werklike behoefte vir grond. Daar is baie suksesverhale van vennootskappe, mentorskappe en bewyse van goeie samewerking tussen bestaande boere en opkomende boere in inisiatiewe van grondvlak af.

 

“Die beste man/vrou vir die werk en gesonde markbeginsels sal self die uitkomste bepaal. Gee aan elke Suid Afrikaner die geleentheid om die argitek van sy eie lewe te word en hou die besoedelde hande van politieke  koppelaars weg van die Suid- Afrikaners wat bereid is om in die aansien van sweet hulle eiendom te wil verdien en  besit.”  

 

AfriForum, TLU SA en die sake-organisasie Sakeliga het aangekondig dat hulle kragte gaan saamsnoer om gesamentlik grondgryp teen te staan. In die teenreaksie teen die grondgryp planne, is die gesindheid en kommentaar van Agri SA by monde van hul president Dan Kriek, wat AfriForum van panieksaai beskuldig en sê dat die lys van plase in die visier gefabriseer is.  

Meer vrae na vore oor grondgryp 

Image

Dit blyk dat steeds meer vrae na vore kom oor die verklaarde voorneme van die ANC en swart radikaliste om grond in SA te onteien sonder vergoeding en die negatiewe effek wat dit op sakevertroue het. So word daar gesê dat die regering tans sit met 'n totaal van 4 323 plase wat al by blanke eienaars uitgekoop is, maar waarvan die aktes nie oorgedra is aan die swart begunstigdes nie?

 

Volgens eie erkenning deur regeringswoordvoerders beloop die mislukkingskoers van nuwe swart boere op hierdie grond minstens 90%, terwyl gesaghebbend bereken word dat die regering al sowat R300 miljard vrugteloos spandeer het om nuwelingboere te vestig. Voorts word verwys na altesaam ongeveer 195 000 eiendomme in staatsbesit ter waarde van sowat R400 miljard wat nog nie deur die regering i.t.v. produktiwiteit in landsbelang verreken is nie. 

SAKENUUS

Regering bankrot

Image

Na berig word beplan die kabinet 'n reddingsboei van in totaal R59 miljard om die staatsondernemings Sanral, SAA, SABC en Poskantoor van bankrotskap en likwidasie te red. Die nog slegter nuus is dat staatskuld sodanig toegeneem het dat die regering self nie meer geld het vir hierdie reddingsboei nie.

 

Sou hierdie reddingsboei met verdere skuld gefinansier word, sou dit die negatiewe verhouding van staatskuld teenoor BNP opdryf na 60%, wat die regering self op die rand van bankrotskap sou bring en wat feitlik verseker verdere internasionale afgraderings tot gevolg sou hê. Daar word nou gespekuleer dat die beplande grondgryp desperate pogings van die regering is om geld te genereer, moontlik met grondwaarborge in ruil vir Chinese en ander ongure buitelandse finansierders.

 

Sanral is skynbaar diep in die skuld met sowat R3,6 miljard a.g.v. die mislukte e-tolstelsel waar motoriste in Gauteng eenvoudig geweier het om te betaal nadat enorme infrastruktuurontwikkelings aangegaan is. Vir meer besonderhede, volg hierdie skakel.  

Slagting van swart op blank in SA

Image

Private individue – nie die media nie – hou rekord van blanke persone (blankes) wat in die land vermoor en/of ernstig aangerand is en wat opvallend omtrent hierdie rekords is, is dat die aanvallers feitlik uitsluitlik swart is. Daarenteen is daar feitlik geen rekord van blank wat swart vermoor het nie.

 

Ditsem Nuus is meegedeel van net 'n klein gedeelte van 'n lys van sulke moorde, nl. dié wat min of meer gedurende die afgelope Junie en Julie 2018 plaasgevind het. Dit word hier soos volg gepubliseer, sonder alle detail, maar as die waarheid, ten einde die enormiteit van die huidige en voortdurende bloedige aanslag van swart op blank in die land te illustreer:

 

  • Ann Smit (86) is op 28 Mei ná 'n aanval in 'n plas bloed in haar huis in Marthastraat, PE, gevind - sy sterf vier weke later in die Greenacres-hospitaal. (Skakel)
  • Ronald Moreland, Pretoria – op 6 Julie koelbloedig geskiet en vermoor (Skakel)
  • Vier vroue op 8 Julie  aangeval deur ses swartmense in St. Francisbaai (Skakel
  • Boer Kobus van Heerden (69) en sy vrou aangeval op plaas te Kiepersol, Hazyview deur vier swaargewapende mans (Skakel) – 5 Julie, boer skiet alvier aanvallers dood
  • Boer aangeval op plaas in Nylstroom deur sewe gewapende swartes (Skakel) - Junie
  • Gesin brutaal aangeval in hul huis te Vereeniging
  • Kallie van Heerden (62) op plaas in Hartbeesfontein-omgewing, Noordwes vyf keer geskiet deur swartmense, oorleef aanval wonderbaarlik (Skakel) – 11 Junie
  • Man aangeval deur vier swartes op kleinhoewe te Hallgate (Skakel) – 2 Julie
  • Loutjie Erasmus koelbloedig by plaashek doodgeskiet (Skakel) – 1 Julie
  • Kallie Schoonraadt (47), elektrisiën en pa van drie jong kinders, deur vyf swart mans vermoor op sy plaas in Rustenburg-distrik, gesin aangerand (Skakel) – 23 Junie
  • Plaasaanval by Tierpoort, Bloemfontein, drie gewapende aanvallers oorweldig plaaswerkers, goedere geroof, boer gelukkig nie teenwoordig nie (Skakel) – 29 Junie
  • Plaasaanval by Bokfontein, Brits, bejaarde egpaar deur drie aanvallers herhaaldelik met 'n panga gekap (Skakel) - 29 Junie
  • Allan Raynor Neil Fanner (68), boer te Hartebeespoort, wes van Pretoria, deur twee aanvallers met knopkieries aangerand (Skakel) - 29 Junie
  • Oud-skoolhoof Pierre Lotz (77) en sy verlamde vrou in hul huis te Parys in die nag oorval, Pierre met stomp voorwerp doodgeslaan (Skakel) – 25 Junie
  • Jaap Keller (71), afgelope 31 jaar eienaar van Dewetsdorp Slaghuis, te Dewetsdorp, is deur swartmense met mes in die rug gesteek. (Skakel) – 30 Junie
  • Bejaarde egpaar Danie en Mariaan Bruwer te Vanstadensrus in hul huis op stoele vasgebind en met kopskote tereggestel (Skakel) – 26 Junie
  • 20-jarige vrou word in die spogbuurt Welgemoed, Kaapstad in haar ouerhuis om 11:30 deur swart man oorval, verkrag en in kamer toegesluit, waarna hy huis beroof. (Skakel) – 28 Junie
  • 86-jarige blanke vrou word in Wag-n-Bietjie Aftree-oord te Springs vermoor langs haar bed aangetref, hande en voete was gebind en lap in mond, woonstel geplunder. (Skakel) –  24 Junie
  • Peter Dawson van kleinhoewe by Hartbeespoort, Broederstroom, doodgeskiet toe hy met aanvallers probeer onderhandel het om nie sy dogter, Chrystal, leed aan te doen nie; een aanvaller het gesê dat hy haar pa geskiet het omdat hy moeg geword het om met hom te onderhandel; sy het daarin geslaag om weg te hardloop. (Skakel) - 24 Junie
  • Jeffrey Zetler (62) eienaar van die bekende aarbei-uitvoerplaas Mooiberge  by Stellenbosch doodgesteek deur aanvallers in sy huis. (Skakel) – 23 Junie
  • Stefne Evans (60) van Bathurst  in haar huis met 'n baksteen doodgeslaan, haar lewensmaat beseer. (Skakel) – 3 Junie
  • Op kleinhoewe by Heidelberg is Boet Smal (in sy 70’s) deur twee aanvallers doodgesteek, sy vrou Ester (60’s) in rug gesteek, maar oorleef. (Skakel) 2 Junie
  • Deon de Bruyn (25) doodgeskiet op plaas by Komatipoort; in dieselfde aanval Estelle Jansen (59) in die maag, skouers en bene geskiet, in kritieke toestand in hospitaal opgeneem. (Skakel) - Junie
  • Klaus Horst Meier (81), doodgesteek aangetref op plaas Asgard in Marseilles-omgewing by Ladybrand. (Skakel) – 17 Junie
  • Dr. Lesley van Niekerk (63), is op 'n plaas naby Modimolle geskiet. Sy is in 'n kritieke toestand in die Unitas-hospitaal in Centurion opgeneem (Skakel) – 15 Junie
  • Blanke boer van Pretoria deur swartmense oorval toe hy by sy plaashek met sy vierwielmotorfiets stop (Skakel) – 26 Junie
  • Blanke vrou (60) en haar 88-jarige ma in huis in Somerset-Wes aangeval, sy skiet aanvaller dood (Skakel) – 8 Julie
  • Blanke familie in die Kwintet-woonstelblok in Reitzpark, Welkom, aangeval  deur twee swart mans met messe gewapen – identikit van een van die aanvallers vrygestel (Skakel) – 5 Junie.
  • Blanke pa is langs sy 4 maande-oue baba doodgeskiet. (Skakel) – 8 Julie
  • Lyk van 85-jarige blanke vrou, Hetta Potgieter, met haar hande vasgebind agter haar rug gevind in haar woonstel by die Macadamia-sorgsentrum in Warmbad (Skakel) – 9 Julie
  • 19-jarige blanke seun in die bors geskiet deur swartmense op kleinhoewe De Wagensdrift, Cullinan. (Skakel) – 9 Julie

Hierdie tipe beriggewing word nie in die hoofstroommedia gevind nie en indien dit so op die keper beskou word, is dit eenvoudig skokkend. Die waarheid moet egter onder die oog gesien word en om dit grafies te rugsteun, kan die videogreep by hierdie skakel besigtig word.

 

Hierdie verskynsel kan weens die aard daarvan nie anders beoordeel word as suiwer terrorisme nie, inderdaad onverklaarde burgeroorlog. Sien ook die treffende videogreep van Steve Hofmeyr by hierdie skakel.

Nuwe bordspel in Afrikaans 

Image

Soos die Engelsman sê “All is not gloom and doom” en in SA is daar nog baie hoop, trouens vir gelowiges lê die oorwinning voor. Daarom dan 'n stukkie positiewe nuus dat ’n nuwe Afrikaanse bordspel, BogWoordKies©, ontwikkel is en op die mark geplaas is.

  Die spel, daarop gemik om Afrikaans beter te leer ken en te gebruik, word gespeel met Woordkaarte of Vat ’n Kans-kaarte. Spelers probeer om eerste by die wenpunt te kom deur gebruik te maak van bluf, mimiek, tekeninge, algemene kennis of pure geluk. Daar is ook plekke op die bord waar spelers ʼn boete of bonus ontvang, sou hulle daarop beland. Die spel is ontwikkel deur Bert van den Heever, ’n bourekenaar, en sy vrou Laetitia, ’n voormalige voorskoolse onderwyseres en tans ’n gastehuiseienaar. BogWoordKies© kan gesien word as ‘n kombinasie van Balderdash, Trivial Pursuit, en Pictionary. “Die idee kom van iets wat ons op die plaas gespeel het rondom die kombuistafel by ‘n olielampie,” onthou Bert. “Toe was dit maar net met die gebruik van ‘n woordeboek, pen en papier, maar die hoeveelheid pret en skaterlag was dieselfde.” Die bordspel is beskikbaar by www.bogwoordkies.co.za.

Klein troos ná ongelooflike korrupsie deur Aurora-direkteure

Image

Solidariteit het aangekondig dat ongeveer 300 van die 5 300 voormalige werknemers van Aurora Empowerment Systems verlede week gedeeltelike betaling begin ontvang het. Die fondse is deel van agterstallige salarisse wat na ʼn regstryd van agt jaar teen die voormalige Aurora-direkteure uitbetaal word.     


 Dit volg nadat Aurora Empowerment Systems in Oktober 2009 deur die Pamodzi-likwidateurs aangestel is om die Pamodzi Gold-myne onder voorlopige likwidasie te bestuur. Dit het tot gevolg gehad dat 5 300 werknemers vanaf  Desember 2009  hul salaris laat ontvang het, slegs ʼn gedeelte van hul salaris ontvang het of geensins hul salaris ontvang het nie.  


  Die Aurora direkteure, wat insluit Khulubuse Zuma (oud-pres. Jacob Zuma se kleinneef), Zondwa Mandela (oud-pres. Nelson Mandela se kleinkind), Thulani Ngubani, Solly Bhana en Fazel Bhanat, het vir etlike jare alle regsprosesse vertraag wat teen hulle aanhangig gemaak is. Ná 'n verbete regstryd deur Solidariteit oor jare het op 25 Junie 2015 die Noord-Gautengse Hooggeregshof beslis dat die Aurora-direkteure in hul persoonlike hoedanigheid aan bedrog skuldig is.


Solidariteit stel die strooptog van die Aurora-direkteure soos volg in perspektief:

 “Tussen 2009 en 2010 is R1,7 miljard se skade aan die mynbates aangerig, terwyl R122 miljoen se goud deur Aurora verkoop is waarvoor geen opbrengs getoon is nie. ʼn Enorme bedrag van R35 miljoen is aan familielede van die Aurora-direkteure oorbetaal en as terugbetaling van lenings afgeskryf sonder dat daar bewyse is dat die geld enigsins geleen is. 


   “Voorts is miljoene rand se pensioenfonds-, werknemersbelasting- en werkloosheidversekeringsfonds-aftrekkings van salarisse verhaal, maar dié geld het ook verdwyn. Daarby is duisende kiloliter onbehandelde suur mynwater in die Blesbokspruit gepomp, terwyl bykans geen diensverskaffer soos Eskom en munisipaliteite ooit betaal is nie.


   “Aurora was by geen statutêre instelling geregistreer nie, terwyl elke klousule van die handelsooreenkoms wat met die likwidateurs gesluit is, oortree is. Daar is aan geen toepaslike wetgewing of regulasie voldoen nie en elke aansoek wat by die hooggeregshof ingedien is om likwidasie teen te staan, het met meineed en bedrog gepaard gegaan.  


 “Voorts is geen terugbetalingsooreenkoms aangaande salarisse met Solidariteit gestand gedoen nie, terwyl hofbevele oor verskeie growwe oortredings bloot geïgnoreer is en bedrog van R5,3 miljoen met die aankoop van aandele gepleeg is. Dit het al erger gegaan met ʼn R13 miljoen voorskot van ʼn belegger wat verduister is, terwyl verskeie skikkingsooreenkomste vir terugbetaling deurgaans gefaal het. 


   “Uiteindelik is genoeg geld ingevorder om ʼn gedeelte van die werkers se uitstaande salariseise te betaal, maar ongelukkig kan daar volgens die Insolvensiewet slegs ʼn maksimum eis van R28 000 aan ʼn werknemer as preferente eiser uitbetaal word, ongeag die grootte van die eis. Heelwat van die eise wat ingedien is, is ook voorlopig afgekeur weens ʼn gebrek aan stawende bewyse. Daar is egter 300 eise reeds goedgekeur en die werknemers het hul betalings begin ontvang. Daar bestaan ʼn tweede geleentheid vir voormalige Aurora-werknemers tot einde September 2018 om hul uitstaande eise te voltooi en in te dien. 


   “ʼn Hofaansoek sal gedurende September 2018 gebring word om al die direkteure te sekwestreer. Ná agt jaar van swaarkry, is die eerste betalings en die sekwestrasie van die Aurora-direkteure ʼn oorwinning vir geregtigheid vir elke werknemer, maar die pyn en lyding was so groot dat dit ʼn hol oorwinning is,” aldus Solidariteit.


Vir meer besonderhede, kontak Gideon du Plessis van Solidariteit by 082 776 6417.

REDAKSIONELE KOMMENTAAR

Grond – dis die hondjie en nie die halsbandjie


Dit lyk asof die hele kabaal oor grond in Suid-Afrika gaan oor een ding: Inpalming van en beheer oor die minerale skatkis van die land.

 

Reeds jare gelede het die hoogaangeskrewe Amerikaanse finansiële instelling, Citibank, beraam die totale waarde van die minerale- en metaalreserwes in Suid-Afrika beloop sowat $2,5 triljard, oftewel R37,5 triljard. Dit maak SA by verre die rykste land wat dit betref in die wêreld, met gesamentlik in die tweede plek, ver terug, Rusland en Australië, elk met beraamde reserwes van sowat $1,6 triljard of R24 triljard.

 

Volgens amptelike SA syfers, beskik SA oor nagenoeg 90% van die platinummetale op die planeet, 80% van die mangaanneerslae, 73% van chroom, 45% van vanadium en 41% van die goudreserwes. Ander Afrikalande met ryk mineraalreserwes, soos die DRK, Angola, Tanzanië, ens. word nie eers genoem as dit kom by die heel rykste bedeelde lande in die wêreld nie.

 

Die aanwesigheid van die ontsaglike mineralerykdom van SA verklaar nie net die blatante grondgrypdryf nie, maar ook die ANC-dryf om die mynbedryf in die land vir alle praktiese doeleindes te nasionaliseer en derhalwe die huidige debakel rondom die nuwe Mynbouhandves. 

 

Dit is ook prakties so dat die beheer oor die verwerking en bemarking van goud, platinum en ander minerale wêreldwyd in die hande van groot multinasionale maatskappye is - 'n gekonsentreerde geldmag wat in effek sowat 90% van rykdom globaal beheer. Wat ook 'n belangrike faktor is om mee rekening te hou, is die oogmerke van China met sy soeke na grondstowwe vir sy onversadigbare nywerhede en afset vir sy massale hoeveelheid verbruikersprodukte. 

 

Vir die Afrikaner is die groot vraag:  Waar laat hierdie meedoënlose magstryd en sug na beheer oor die minerale skatkis van die land hom?  Polities is die Afrikaner geneutraliseer en dryf hy rond as 'n randfiguur.  'n Deel van die Afrikaner is baie welvarend, maar sy middelklas word al kleiner terwyl blanke armoede oorhand toeneem. 

 

Wat gaan die Afrikaner doen omtrent hierdie geweldige magstryd wat afspeel rondom die koek op die tafel?  Waar wil die Afrikaner heen?  

SKEP MOED!

Standvastigheid van 'n boer


 Skep moed uit die beslistheid en standvastigheiod van 'n boer in die Karoo by hierdie videogreep.

KYK VIDEO

Indien u nie die epos wil ontvang nie kan u hier uit teken
Ditsem Nuus, Oranje Eggo S39, Orania, Noord-Kaap, 8752, South Africa, www.ditsem.net