23 Mei 2018

  Lees die epos aanlyn

Image

AKTUELE NUUS

Grond in SA: ANC-oorlogsverklaring

Image

Na afloop van die ANC-grondberaad die afgelope naweek het woordvoerder Ronald Lamola op 'n mediakonferensie gesê dat besluit is om voluit aan te gaan met grondonteiening sonder vergoeding, dat grondeienaars getoets sal word hoe hulle reageer, dat die Grondwethof ook getoets sal word oor onteiening sonder vergoeding i.t.v. artikel 25 van die Grondwet, dat “apartheidsgeografie” in dorpe en stede beëindig moet word en dat 'n “landbourewolusie” op hande is. Hy het ook gesê dat daar sewe sentrale staatsdepartemente, die provinsiale regerings en munisipaliteite is wat almal grondonteiening sonder vergoeding kan implementeer.  


Vir 'n videogreep oor 'n deel van die verklaring van Lamola, kliek hier.  


Inmiddels word die politieke kommentator Moeletsi Mbeki soos volg aangehaal: “This is not about land. It is about the loss of votes by the ANC and its little son, the EFF. It’s an attack on the white citizens of South Africa. They’re using this as a camouflage to attack the white population.” 


Die jongste standpunt en voorneme van die ANC kan nie anders vertolk word as 'n oorlogsverklaring teen blankes in die land nie.

Chinese nedersettings in Mpumalanga

Image

Volgens 'n berig van Radio Laeveld het die regering 100 ha grond aan ‘n Chinese maatskappy beskikbaar gestel op langtermynhuur ter waarde van R300 miljoen in die Lydenburg/Bosbokrand omgewing, terwyl Africa Sino Projects skynbaar goedkeuring verkry het om ‘n hotel en sportpark naby die Krugerwildtuin op te rig.

Voorts volgens die berig gaan Chinese ook rysverbouing in die omgewing onderneem, maar landboukenners bevraagteken die projek, aangesien groot hoeveelhede water nodig is vir rysproduksie in 'n relatiewe droë gebied. Dan word ook berig dat ‘n Chinese maatskappy CSEEC die Duma-kragstasie gaan oprig op 'n terrein van 2 ha met die oorblywende 380 ha om gebruik te word vir die bou van werkershuise vir Chinese.

Man doodgeskiet voor sy gesin in huisrooftog

Image

Die afgelope Vrydagaand is Christo du Plooy in sy huis in Parys doodgeskiet deur drie gewapende rowers terwyl hy en sy kinders gesit en televisie kyk het. ‘n Stoeiery het tussen Du Plooy en die rowers ontstaan toe hulle die gesin probeer vasbind het, waartydens hy noodlottig in die bolyf gewond is.  


Die rowers het o.m. met ‘n skootrekenaar, drie selfone, juweliersware en ‘n bedrag geld ontvlug.

Oorlog teen kinders

Image

In 'n mediaverklaring onder die opskrif Die oorlog teen die kinders gee Christian Liberty Books van Kaapstad 'n kykie in die verskriklike oorlog wat d.m.v. die elektroniese media teen kinders gevoer word. Hulle begin dit met die volgende Skrifaanhaling: Toe... staan daar ‘n ander geslag ná hulle op wat die Here en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken nie... hulle het die Baäls gedien... en die Here geterg. (Rigters 2:10-12)


Geredigeerde uittreksels uit die mediaverklaring, wat gedeeltes van 'n artikel deur dr. Peter Hammond weergee,  lui verder soos volg: 


“Wie maak jou kind groot? Het die TV jou gesin se altaar en elektroniese babawagter geword? Herken jy die bedreiging wat die uitbuitende pornografie bedryf vir jou kind inhou? Het jy toegelaat dat die Departement van Onderwys, Beplande Ouerskap en LoveLife jou kind gebruik as speelklei in hulle eksperimente van sosiale manipulasie?

“ ‘n Pamflet Talk about Children at risk geskryf deur die SAPD Kinderbeskermingseenheid, het onthul dat Suid-Afrika vinnig bekend begin raak as die primêre sekstoerisme bestemming van die wêreld, veral omdat kinderliggame volop en goedkoop is. Dit is ook algemene kennis dat hierdie land ‘n wêreldleier is in die verspreiding van MIV-VIGS. In 1996 is die Wet op Films en Publikasies goedgekeur, waarvolgens pornografie vir die eerste keer in die geskiedenis van die land gewettig is. Dit het dit moontlik gemaak vir kindermishandelaars, verkragters en pedofiele om al die materiaal wat hulle nodig het, in die hande te kry. 


“Statistieke vertel die storie waar SA Polisierekords wys dat kinderverkragting toegeneem het ... met meer as 400%! Ondersoeke onder oortreders wat kinders seksueel misbruik het, onthul dat almal kinderpornografie gebruik het.


“Dit is natuurlik presies waarteen Africa Christian Action gewaarsku het: Pornografie is die teorie – verkragting is die praktyk. Pornografie is ‘n handboek vir verkragting en kindermishandeling.


“Die tragiese gevolg van die regering se wettiging van die uitbuitende pornografie bedryf word gelys deur die SAPD Kinderbeskermingseenheid: Die kommersiële eksploitasie van kinders sluit in ... verkragting, moord, ontvoering, omkopery, vals huwelike ... slawearbeid, bruide per posbestelling... Een uit elke twaalf prostitute is jonger as 17...


“Die Nasionale Instituut vir Misdaadvoorkoming en Rehabilitasie van Oortreders (NIMRO) skat dat daar 380 000 verkragtingsake per jaar in Suid-Afrika is. Tog soos die beraming van verkragting syfers gestyg het, het die syfers vir skuldigbevindings van verkragters gedaal - minder as 7% van aangemelde verkragters word skuldig bevind! Die misdaadsituasie het so drasties agteruitgegaan, dat die regering die polisie nou al jare lank verbied om enige aktuele statistieke oor die voorkoms van misdaad bekend te maak.” 


Vir meer besonderhede, besoek www.christianlibertybooks.co.za of skakel 021 689 7478.

Konsep vir Wet op Selfbeskikking opgestel

Image

N.a.v. die Akkoord wat op 23 April 1994 aangegaan is tussen die destydse Nasionale Party, die ANC en die VryheidsFront en welke dokument deur verskeie prominente persone as getuies geteken is, o.a. die ambassadeurs van Duitsland en die VSA, is ná jare van formulering en redigering deur die Nasionale Burgerregte Raad (NBR) ‘n konsep Wet op Selfbeskikking opgestel. Die Akkoord, ‘n kopie waarvan by hierdie skakel gevind kan word, het sy beslag gevind in artikel 235 van die SA Grondwet wat voorsiening maak vir territoriale selfbeskikking vir elke groep mense wat ‘n gedeelde taal- en kultuuragtergrond het.    


Met die konsepwet is gesorg dat dit binne die bepalings van die Grondwet val en dat derhalwe geen wysigings aan die Grondwet nodig is nie. Om die konsepwet te lees, volg hierdie skakel. Die wetsontwerp word tans gesirkuleer vir bekendstelling en kommentaar.

Beskerming van kraanvoëls as bedreigde spesie

Image

Ter viering van Bedreigde Spesies Dag op 18 Mei 2018 fokus die Bedreigde Wildlewe Trust (EWT) in SA op die verskillende spesies van die kraanvoël, in besonder die bloukraanvoël as die nasionale voël van SA. In SA word drie spesies van die kraanvoël aangetref, nl. die bloukraanvoël, die gryskroonkraanvoël en die lelkraanvoël.   Die bloukraanvoël word feitlik uitsluitlik in SA aangetref, met slegs Namibië as nog 'n land waar dit teenwoordig is, na raming slegs sowat 20-25 voëls. Die gryskraanvoël is die nasionale voël van Uganda, waar dit ook geklassifiseer is as 'n bedreigde spesie. Hoewel die getalle van kraanvoëls in SA die afgelope sowat 50 jaar gehalveer is, is d.m.v. intensiewe bewaringsprogramme daarin geslaag om die gety te draai en is hul bevolkings weer besig om toe te neem.   Vir meer besonderhede, besoek http://www.ewt.org.za.  

Samevatting van sosiale mediasyfers

Image

Volgens die webwerf www.hootsuite.com gebruik tans 3,196 miljard mense van die wêreldbevolking van sowat 7 miljard sosiale media – 13% meer as verlede jaar. Die totale aantal selfoongebruikers wêreldwyd is 5,14 miljard – 4% meer as verlede jaar.   Elke sekonde begin 11 nuwe mense sosiale media te gebruik, wat ongeveer 1 miljoen mense elke dag is. Die markte waar sosiale media die snelste toeneem is Sentraal- en Suid-Asië, onderskeidelik 90% en 33%. Die gemiddelde Amerikaner bestee meer as 2 uur per dag aan sosiale media.   Die advertensiebesteding op sosiale media het in 2017 meer as $35 miljard wêreldwyd beloop, oftewel 16% van alle digitale advertensies. Op Facebook maak 5 miljoen besighede van betaalde advertering gebruik.  


Facebook is die grootste sosiale webwerf ter wêreld met 2,2 miljard gebruikers; tweede is YouTube met 1,5 miljard en derde Instagram met 800 miljoen.


Vir meer besonderhede, volg hierdie skakel.

Volksaamtrek 2 Junie 2018 te Paardekraal

Image

'n Volksaamtrek word gereël vir 2 Junie 2018 te Paardekraal ter herdenking van Republiekwording in 1961, die ingebruikneming van die landsvlag in 1928 en die skryf van Die Stem in 1918. Dit word gereël deur die HNP, AWB en die Verkennersbeweging, terwyl sowat 30 ander Afrikaner-organisasies ook na die geleentheid genooi is.   Vir meer besonderhede, volg hierdie skakel.

Projek VatVyf vir maatskaplike opheffing van Afrikaners

Image

Projek VatVyf is ‘n aksie vir maatskaplike opheffing van Afrikaners op ‘n wyse wat mense help om hulself te help - om spreekwoordelik te leer om self vis te vang. Die bestuur van Projek VatVyf is te Orania gesetel, waar baie ontwortelde Afrikaners opdaag, dikwels in armoede en moreel verval en waar daar 'n groot behoefte aan maatskaplike opheffing en ekonomiese bemagtiging is.


Projek VatVyf bied die volgende dienste:
•    Bystand aan voorgenome nuwe intrekkers in Orania
•    Christelike leiding om persoonlike identiteit te besef / te ontdek
•    Professionele Bybelse berading 1:1
•    Beroepsvoorligting
•    Ondersteuning m.b.t. tersiêre opleiding - tegnies sowel as akademies
•    Advies en ondersteuning aan entrepreneurs en kleinsake


Die projek het 'n handves waarvolgens dit bedryf word, terwyl dit beskik oor 'n Facebookblad en bankrekening by OSK, die geregistreerde gemeenskapsbank van Orania, wat funksioneer d.m.v. 'n bankrekening by Standard Bank, Hopetown tak.

Projek VatVyf het tans 'n nypende behoefte aan fondse om die ondersteuning wat gebied word, te finansier. Streng boekhouding word gedoen en terugvoering word aan donateurs gegee. Enige persoon of instansie wat Projek VatVyf finansieel of andersins wil ondersteun, kan dr. Johann Dannhauser skakel by 082 773 2150 of projekvatvyf@gmail.com.


Inbetalings vir Projek VatVyf kan soos volg gedoen word:
OSK (die begunstigde)
Standard Bank
Rekening 041 712 617
Verwysing: Projek VatVyf GP092

 

Inbetalings moet asb. by die kontakbesonderhede hierbo gekommunikeer word.

SAKENUUS

Vordering met herwinning van plastiekbottels

Image

PETCO as die nasionale liggaam vir die bestuur van plastiekafval in die land het bekendgemaak dat in 2017 'n rekordgetal van 2,15 miljard plastiekbottels met 'n totale gewig van 93 235 ton herwin is. Daardeur is 'n totale ruimte van 578 000 m3 i.t.v. stortingsterreine gespaar, terwyl in die proses 64 000 inkomstegewende werksgeleenthede geskep is.     


Dit kom neer op sowat 5,9 miljoen plastiekbottels wat elke dag in SA herwin en verwerk word d.m.v. 'n geïntegreerde netwerk van huishoudings, besighede, straatwerkers, maatskaplike instansies en PETCO. Sedert die stigting van PETCO in 2004 is al 'n totaal van R2,3 miljard as vergoeding betaal aan gekontrakteerde herwinners.   Vir meer besonderhede, besoek www.petco.co.za.

"Lonmin-afleggings kan bloedbad wees" 

Image

Volgens die vakbond Solidariteit kan die afleggingskrisis waarin Lonmin hom tans bevind, tot 'n bloedbad i.t.v. werksgeleenthede lei. Die vakbond is egter positief dat indien Sibanye-Stillwater daarin slaag om Lonmin oor te koop, dit oor die lang termyn ʼn gunstige uitkoms vir die platinumreus kan bied en dat nuwe werksgeleenthede geskep sal word. 


Dit volg nadat Lonmin, die derde grootste platinumprodusent ter wêreld wat weens ongunstige marktoestande op sy knieë gedwing is, ʼn tweede kans op oorlewing gegee is deur Sibanye-Stillwater, wat vroeër bekend gemaak dat dit Lonmin met ʼn transaksiewaarde van R5 miljard bekom het.


Die uitvoerende hoof van Lonmin, Ben Magara, het daarop gewys dat indien hierdie transaksie nie sou realiseer nie, sowat 12 600 werknemers tot en met 2020 hul werk kan verloor. Sibanye se vyfjaarplan vir Lonmin sluit klaarblyklik in dat alle bedrywighede by die platinumprodusent se ouer myne gestop en onder instandhouding geplaas moet word sodat die myne vir toekomstige ontginning behoue kan bly.

Nog drie windplase

Image

Dit is bekendgemaak dat Miga, 'n lid van die Wêreldbank Groep sowat $73 miljoen oftewel sowat R1,1 miljard gaan belê in die bou, bedryf en onderhoud van drie windplase by onderskeidelik Noupoort, Khobab en Loeriesfontein 2. Die windplase sal 'n gesamentlike opwekkingskapasiteit van 360 MW hê en vorm deel van die derde rondte van die REIPPP.  


Tot op datum verskaf steenkool sowat 89% van die primêre energieverbruik van die land, maar die beleid van die regering bly, sover bekend, om die hernubare energiepakket sover doenlik uit te brei. Wat egter aangaan, is nie altyd duidelik nie, want verlede week het die Dept. van Minerale bekendgemaak dat meer kernkrag steeds 'n opsie is.

INTERNASIONAAL

VSA maak rug styf teen Iran

Image

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit, sed do eiusmod tempor incididunt ut labore et dolore magna aliqua.

Soros se regterhand vas

Image

Daar is oorweldigende getuienis op die Internet dat George Soros die persoon is wat manalleen 'n groot rol gespeel het om deur sy Open Society Foundations met miljarde dollar finansiering sedert 20 jaar gelede die deure in Europa oopgemaak het vir massa-instroming van Moslem-immigrante vanuit die Midde-Ooste en Noord-Afrika. Soros, nou 87 jaar oud, is steeds aktivisties besig om die agenda van die Nuwe Wêreldorde (NWO) vir wêreldoorheersing te bevorder. 


Nou word berig dat sy sg. regterhand, Howard Rubin (63) in die VSA in hegtenis geneem is op 'n reeks verkragtingsaanklagte en ook dat hy 'n sekshandelhool in Manhattan, New York, bedryf het ter waarde van sowat R120 miljoen. Vir meer besonderhede besoek yournewswire.com.

Beweerde Russiese onderwater hommeltuigwapen

Image

Op die Britse webwerf www.thesun.co.uk word berig dat Rusland 'n nuwe ondersese Poseidon hommeltuig ontwikkel het, wat die vermoë het om enige hawe ter wêreld te bereik en op te blaas.  


Hierdie wapen is ontwerp om vyandige vlootbasisse te vernietig, maar kan massiewe tsunami’s in omliggende gebiede veroorsaak, soortgelyk aan die natuurramp in Fukushima, Japan in 2011, toe meer as 20 000 mense gesterf het. Daar sou ook sediment die lug in geblaas word wat 'n radioaktiewe stofwolk sal vorm oor omliggende stede.  


Dié onderwater hommeltuig kan tot twee megaton kernkrag dra en volgens Putin het dit “byna geen kwesbaarhede nie” en sal “niks in die wêreld in staat wees om dit te weerstaan nie”. 

REDAKSIONELE KOMMENTAAR

Kort geskiedenis, met die uitdaging


Kom ons kyk soos volg in kort na die geskiedenis van SA:


•    In 1652 bring Jan van Riebeeck en sy geselskap die eerste keer die Bybel, die wiel, klere en die maatstok na suidelike Afrika.

•    Blanke vestigers beset grootliks onbewoonde gebiede van die subkontinent saam met intrekkende swart stamme vanaf Midde-Afrika.

•    Blanke inisiatief en bestuur ontwikkel Suid-Afrika saam met nie-blanke arbeid tot die voorste nywerheids-, landbou- en mynbouland op die vasteland.

•    In die proses vestig die Afrikanervolk 'n beskawingspeil en lewensstandaard vergelykbaar met die beste in die wêreld.

•    In 1994 oorhandig die blankgeleide regering die landsbestuur en sterkste weermag en polisiediens op die vasteland aan die ANC, wesentlik 'n terroristiese organisasie.

•    Sedertdien oor die afgelope 24 jaar plunder die ANC-bewind SA deur korrupsie, diefstal en geïnstitusionaliseerde apartheid tot 'n land internasionaal verklaar tot rommelstatus.

•    Aan die hand van die hoogste misdaadkoerse in die wêreld voer die ANC, hul meelopers en hul buitelandse hanteerders tans 'n onverklaarde burgeroorlog teen blankes.

•    D.m.v. sneltoenemende sentraliserende wetgewing word SA tans meedoënloos gedryf tot 'n volslae Kommunistiese opset.

•    Die jongste is dat die ANC en hul radikale bondgenote hul hooftroefkaart speel met onteiening van eiendom sonder vergoeding, d.w.s. staatsgesanksioneerde diefstal van blanke grond en eiendom ten einde finaal 'n einde te maak aan die blanke in SA en spesifiek die Afrikanervolk.


Die vraag is: Hoe reageer die regsinnige en bona fide del van die Afrikanervolk op hierdie grootste uitdaging in sy geskiedenis?

Moeg om uitgekryt te word!


Die Ashwin Willemse tantrum en Minister van Sport histerie: Ons as blankes is moeg, moeg en dik daarvoor om as die gespuis van die wêreld uitgekryt te word - en dit deur staatskapers en terroriste. As Afrikaners is ons trots op onsself en op ons verlede. Ons is nie wat julle ons voor uitkryt met jul liegstories, neo-apartheid en dubbele standaarde nie!

SKEP MOED!

Ooreenkoms tussen Israeli's en Afrikaners


By hierdie skakel is 'n videogreep waaruit moed geskep kan word indien die ooreenkomste tussen wat die Israeli's in Israel vermag het en wat die Afrikaner hier te lande vermag het.

Indien u nie die epos wil ontvang nie kan u hier uit teken
Anulus Bemarking, S39 Oranje Eggo, Orania, North Cape, 7590, South Africa, www.ditsem.net