27 Julie 2018

  Lees die epos aanlyn

Image

AKTUELE NUUS

Grondwethof beslis ten gunste van Hoërskool Overvaal

Image

Gister het die Grondwethof beslis dat die aansoek om appèl van die LUR vir Onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, teen die Hoërskool Overvaal oor hul toelatingsbeleid en dat hulle verplig moet word om Engelssprekende swart leerling in te neem, geen redelike kans op sukses het nie en derhalwe van die hand gewys word. Volgens die Grondwethof het Lesufi en departement nie genoegsaam ondersoek ingestel of daar kapasiteit by Engelssprekende skole is om nog Engelssprekende leerlinge in te neem nie.

 

Lesufi het die geval van Overvaal duidelik probeer misbruik om by die howe die groenlig te kry om Afrikaanse skole te dwing om Engelssprekende leerlinge in te neem en sodoende dubbelmedium te word. Die uitspraak van die Grondwethof nou as hoogste hof het dus effektief 'n stokkie gesteek voor die rassistiese veldtog van Lesufi en kan beskou word as 'n deurbraakoorwinning vir die reg van Afrikaanse skole om enkelmedium te bly.    

 

Voorts beteken die uitspraak van die Grondwethof dat die hooggeregshof-uitspraak van 15 Januarie 2018 steeds soos volg geld :

  • Dat Afrikaans as onderrigtaal ʼn relevante oorweging is in die toelating van leerders in openbare skole; en
  • Dat daar ag geslaan moet word op die kapasiteit van openbare skole om leerders in te neem in die toelatingsproses.

. Die volledige bevel van die Grondwethof kan hier gelees word.

 

In reaksie op die uitspraak van die Grondwethof sê die VF Plus in Gauteng, wat 'n onverbiddelike stryd teen die veldtog van Lesufi gevoer het, dat hulle nou daarop gaan aandring dat Lesufi in die Wetgewer moet verduidelik wat hierdie appèlsaak die belastingbetaler gekos het aangesien hierdie saak met koste van die hand gewys is.  Lesufi moet persoonlik pa staan vir hierdie kostes. ‘n Skrywe in hierdie verband word gerig aan die Gauteng premier David Makhura, LUR vir Finansies Barbare Creecy en Nasionale Minister van Onderwys Angie Motshekga.

Jongste teregstellings van blankes in hul wonings

Image
Image

Ditsem Nuus beskik oor 'n skrikwekkende lang lys van blankes wat net in Julie 2018 tot dusver in hul wonings blatant doodgemaak is, eintlik bloot tereggestel is, in die meeste gevalle waarvan slegs enkele los artikels geroof is ten einde die flou dekmantel van 'n rooftog te probeer skep. Dit word beplan om hierdie lys vroeg volgende week in DitsemBlits te publiseer.

 

Intussen is twee van die talle jongste teregstellings, dié van dr. Tom Gouws (56) in Pretoria, bekende skrywer en digter en Kelly Bain (26) in Port Elizabeth, ma van maandoue baba. Die grusame detail van die voorvalle is wyd op die media en op sosiale media bekend.

Swart Maandag teen plaasmoorde 30 Julie 2018

Image

Ditsem Nuus het berig ontvang dat komende Maandag, in die lig van die jongste en voortdurende grusame plaasmoorde en aanvalle, weer 'n nasionale protesaksie beplan word, weer onder die banier van Swart Maandag. Bevestiging van die inligting kon nog nie geverifieer word nie, maar daar is wel berig dat te Bloemfontein die bymekaarkomplek komende Maandag die Windmill Casino om 07:00 is. Vir meer besonderhede kan dr. Jann Schlebusch geskakel word by 072 959 3214 of jann.schlebusch@gmail.com.

Vuurwapeneienaars kry amnestie om te hernu

Image

Die vereniging Gun Owners SA (GOSA), wat in 'n verbete stryd met die regering gewikkel is sodat vuurwapeneienaars wat nog nie hul lisensies hernu het nie, dit wel kan doen, moedig sulke eienaars sterk aan om gebruik te maak van die ses maande amnestietydperk wat die Minister van Polisie nou toegestaan het. Pas het Minister van Polisie Bheki Cele bekendgemaak dat hy die Parlement gaan vra vir 'n amnestietydperk van ses maande ten einde vuurwapeneienaars die geleentheid te gee om hul vuurwapens in te handig terwyl hulle terselfdertyd aansoek doen om hernuwing van hul lisensies.

 

Die amnestie bied nou geleentheid aan vuurwapeneienaars wat nagelaat het om betyds aansoek te doen vir hernuwing van hul lisensies, om van nuuts af aansoek te doen vir dieselfde vuurwapen. Die voorstel is dat die amnestietydperk geld vanaf 1 September vanjaar tot einde Februarie 2019. Op die aansoekvorm vir hernuwing moet aangedui word waar die vuurwapen by 'n Polisiestasie of goedgekeurde vuurwapenhandelaar ingehandig is vir tydelike veilige bewaring hangende die aansoek, anders word die aansoek nie geprosesseer nie.

 

Die Parlementêre proses wat nou moet volg, is dat die besluit van die Minister eers op 16 Augustus 2018 deur die Portefeuljekomitee vir Polisie goedgekeur moet word en daarna deur die Nasionale Vergadering. Vir doeleindes van hernuwing van lisensies verskaf GOSA gedetailleerde voorskrifte vir hernuwing asook die nodige dokumentasie wat voltooi en ingedien moet word – vir toegang daartoe, volg hierdie skakel.

Eis oor grond met Swazi-koning bespreek

Image

'n Afvaardiging o.l.v. die VF Plus is in proses om eise oor grond in Mpumalanga wat spruit uit wettige ooreenkomste in die 19de eeu, met koning Mswati III van Swaziland te bespreek. Die eise spruit oor grond wat boere in historiese ooreenkomste wettiglik van die Swazi’s bekom het in 1846 en 1852.

 

Die grond ter sprake beslaan feitlik die totale oppervlak van die provinsie van Mpumalanga en volgens beskikbare historiese dokumente is die grond in ruilooreenkomste van die destydse Swazi-koning bekom deur onder meer ruilhandel met vee. Die VF Plus afvaardiging staan o.l.v. Werner Weber, bygestaan deur adv. Anton Alberts en senior ampsdraers van AfriForum, die Afrikanerbond en TLU SA.

 

Die gesprek vind plaas by die Lozitha-paleis van koning Mswati III net buite Lobamba, waar ook die Swazi-parlement gesetel is.

 

Die doel van die gesprek is om die historiese ooreenkomste tussen die Swazi’s en die boere te herbevestig om sodoende die boodskap duidelik aan die ANC-regering te stuur dat sg. gronddiefstal inderwaarheid ʼn kwaadwillige mite is.

ANC Gauteng skok met verkiesings op PUK

Image

Die ANC in Gauteng het geskok met die gehalte van persone, of gebrek daaraan, wat verlede week verkies is op sy provinsiale uitvoerende komitee (PUK). Eerstens is die omstrede LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, bekend of berug vir sy hatige uitsprake jeens Afrikaanse skole en blankes in die algemeen, verkies tot adjunk-voorsitter. Lesufi het die afgelope vier jaar nie minder nie as 60 Afrikaanse skole in Gauteng geteiken om te probeer om hule te dwing om na dubbelmedium oor te skakel. Dit was so erg dat die VF Plus hieroor ‘n klag by die SAPD ingedien het teen Lesufi oor verbreking van artikel 29 van die Grondwet.

 

Lesufi het vroeër ook 'n pleidooi gelewer dat die ANC ‘n werksverhouding met die jongste politieke bewegings moet aanknoop wat insluit die EFF en Black First Land First. Hy sê dat werksverhoudinge tussen die ANC en sosialistiese politieke partye onvermydelik is.

 

Voorts is die twee hoogsomstrede persone Qedani Mahlangu en Brian Hlongwa ook tot die PUK verkies. Mahlangu was destyds Gauteng LUR vir Gesondheid met die Life Esidimeni-skandaal waarin nagenoeg 144 pasiënte gesterf het. Op sy beurt het Hlongwa toe hy vroeër LUR vir Gesondheid was, korrupsie van nagenoeg R1,2 miljard gepleeg.

“NGV beteken Nasionale Gesondheidsverwoesting”

Image

Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) sê in 'n verklaring dat “indien die omstrede Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) deurgevoer word, alle hospitale aan gehalte-kriteria gelykstaande aan die meeste privaat hospitale sal moet voldoen om vir die NGV te kwalifiseer. Tans presteer slegs 25 uit 3 500 openbare gesondheidsorginstellings goed genoeg om te kwalifiseer om deel te vorm van die NGV, wat beteken dat ʼn groot aantal werknemers by openbare hospitale waarskynlik hul werk gaan verloor omdat dié hospitale ʼn twyfelagtige toekoms tegemoet gaan.”


“Dit kan tussen 30 000 en 40 000 poste in die privaat mediese befondsingsbedryf in gedrang bring, terwyl realisties gesproke slegs vyf privaat mediese skemas die oorgang gaan oorleef. Die NGV gaan waarskynlik van alle spesialiste vereis om hul praktyke op te gee ten einde by hospitale te werk. Dit wil voorkom asof spesialiste nie meer dienste buite ʼn hospitaal sal kan lewer nie en dat daar geen duidelike meganisme gaan wees waarvolgens spesialiste direk gekontrakteer sal word nie. Pasiënte sal eers siek genoeg moet wees om gehospitaliseer te word voordat hul ʼn spesialis sal kan sien. 


“Voorts sal algemene praktisyns ook negatief deur die NGV geraak word indien die wetsontwerp deurgevoer word. Algemene praktisyns sal slegs op ʼn kapitasiegrondslag vergoed word en hierdie vergoedingsbasis sal deur die administrateurs van die NGV bepaal word. Dit beteken dat algemene praktisyns geen inspraak gaan hê om kapitasie te beding nie en sal hulle uitgelewer wees aan fondsbestuurders wat geensins die siektelas van ʼn betrokke area in ag gaan neem nie, maar slegs die aantal mense in die area.


“Algemene praktisyns gaan ook geen verweer hê as hulle nie betaling ontvang nie aangesien die NGV nie voorsiening maak vir ʼn wetlike remedie wat die nodige beskerming aan die praktisyns bied nie. Waar regulasie 6 van die Wet op Mediese Skemas in die verlede ʼn regsremedie aan algemene praktisyns gebied het, sou hulle nie binne 30 dae hul betaling ontvang nie, is daar geen wetlike beskerming met betrekking tot die NGV sou die fonds versuim om hulle binne ʼn redelike tyd te betaal nie.


“Ten spyte van die feit dat die NGV 95% van die gesondheidsdienste gaan moet verskaf, gaan die NGV se raad ʼn ernstige tekort aan deskundige vaardighede hê. Die NGV advieskomitee oor voordele oftewel Benefit Advisory Committee sal bv. nie ʼn enkele mediese dokter as lid hê nie, wat beteken dat alle riglyne vir behandeling moontlik opgestel kan word sonder die insae en kennis van ʼn gekwalifiseerde dokter. Daarby sal die advieskomitee van belanghebbendes oftewel Stakeholder Advisory Committee wat uit 18 raadslede sal bestaan, nie ʼn enkele gesondheidspraktisyn, verteenwoordiger van ʼn mediese fonds of ander mediese kenners as lede hê nie.


“Laastens gaan die werksomstandighede van gesondheidspraktisyns onder ʼn NVG-bedeling moeilik wees en sal hulle nie meer die vryheid van keuse hê om te besluit waar hulle wil praktiseer en hoeveel hulle vir hul dienste wil vra nie. Vir praktisyns sal die NGV eenvoudig ʼn ramp wees. Die NGV kom op niks anders neer as de facto nasionalisering van die gesondheidsorgstelsel in SA nie.

 

“Indien die wetsontwerp goedgekeur word, gaan die NGV die grootste staatsinstelling in die geskiedenis van Suid-Afrika word. Om dit in perspektief te stel, sal die NGV groter wees as Eskom en die SAL saam en geoordeel aan die huidige stand van sake by sowel Eskom as die SAL, wag nag.”

 

Vir meer besonderhede, kontak Morné Malan by die SNI by 066 224 0368.

 

Intussen word berig dat 'n NGV loodsprojek by Elim Distrikshospitaal en Waterval Kliniek in Limpopo misluk het a.g.v. ‘n tekort aan fondse en dit het by herhaling vrae laat ontstaan oor die praktiese en finansiële haalbaarheid van die NGV.

Beplanning vir meer Christene in Parlement

Image

Die bekende Christen-aktivis en direkteur van The Family Policy Institute, Errol Naidoo, sê hy het 'n Goddelike visie ontvang om hom te beywer vir meer wergebore Christene in die Parlement en dat hy vir doeleindes daarvan besluit het om sy gewig by die ACDP in te gooi. In reaksie het die ACDP o.l.v. dr. Kenneth Meshoe, bygestaan deur Steve Swart en Cheryllyn Dudley besluit om die party ingrypend te herstruktureer en te herposisioneer met die doelwit om in 2019 die derde grootste politieke party in die Parlement te word.

 

As sulks beplan die ACDP om die ruimte in te neem wat tans deur die EFF beset word en sodoende die haat, rassisme en verdeling van die EFF te vervang met geregtigheid, waarheid, versoening en nasiebou. Daar word geglo dat dit moontlik is omdat meer as 1,5 miljoen Christen-burgers oor die afgelope vier jaar gebid het vir ’n Godvresende parlement en vir meer Christelike mans en vroue in die regering.

 

Indien hierdie aantal Christene in 2019 vir die ACDP stem, sal dit die huidige 3 ACDP LP’s laat aangroei tot 30 plus. Naidoo sê dat hy tot hierdie visie gekom het nadat hy en sy vrou gevas en gebid het.

 

Die ACDP het ook besluit  om die noodsaaklike kundigheid van ’n mediakonsultant en sosiale media-deskundige in te kry om die party met sy verkiesingsveldtog te help. Voorts word die webtuiste en ander sosiale mediaplatforms van die ACDP herstruktureer sodat dit glad en doeltreffend by die groter sosiale mediaveldtog kan aansluit, terwyl geldinsamelingstrategieë ook hervorm word.

 

Vir meer besonderhede, kontak Naidoo by enaidoo@familypolicyinstitute.com.

 

EFF swaai om oor Zuma

Image

'n Selfverduidelikende mediaverklaring van die VF Plus oor 'n ommeswaai van die EFF t.o.v. oud-pres. Jacob Zuma lui soos volg: “Die EFF het nou met ʼn venynige aanval op Minister van Openbare Ondernemings Pravin Gordhan oplaas sy ware, immorele kleure gewys deur hom aan die kant van oud-president Jacob Zuma en staatskaping te skaar. In 'n brief van die EFF algemene sekretaris Godrich Gardee aan die rade van al die staatsentiteite word Gordhan daarvan beskuldig dat hy besig is met ʼn ‘heksejag onder die dekmantel van optrede teen staatskaping’.

 

“Nadat die EFF hom tot dusver voorgedoen het as die groot kampvegter teen Zuma, staatskaping en die Guptas, het die party nou in ʼn handomkeer sy ware kleure gewys in sy aanval op Gordhan. Dit was die afgelope jare duidelik dat die EFF se gewaande stryd teen staatskaping nooit eerbaar was nie en dat dit bloot ʼn speletjie vir politieke gewin was.

 

“Die revolusionêre omgewing waarin Gordhan sy reddingswerk moet doen, word duidelik al hoe meer intens, en die vraag kan met reg gevra word waarom die EFF skielik bedreigd voel noudat daar daadwerklik teen staatskaping en korrupsie opgetree word.

 

“Die voorsitter van die EFF, adv. Dali Mpofu, tree tans op namens Tom Moyane, geskorste hoof van die SA Inkomstediens, terwyl afgelei kan word dat die EFF ook gaan optree namens Transnet-hoof Siyabonga Gama wat ook glo in Gordhan se visier is.”

Vyf beste studierigtings in SA

Image

’n Navorsingsverslag van die Helpende Hand Studiefondssentrum toon aan die hand van die moontlikheid om werk te kry en wat vergoeding betref, is die volgende die topvyf studierigtings in SA:

  • Informatika:Die 3% van studente wat informatika bestudeer het, het die vinnigste werk gekry, is die gemaklikste in hulle werkplek en hul salaris het  die vinnigste gegroei. Gemiddelde beginsalaris: R8 333 p.m.
  • Beroepsopleiding: Beroeps- en ambagsopleiding is deur 23% van die studente as loopbaan gekies. Hulle het  gemiddeld drie maande na afstudering werk gekry. Studente wat deur Sol-Tech studeer het, was die uitskieters met ’n gemiddelde beginsalaris van R22 000 per maand en ’n  hoë plasingsyfer. Gemiddelde beginsalaris: R7 653 p.m.
  • Finansiële en Bestuursrekeningkunde:14% van die kandidate het ’n kwalifikasie in finansiële en bestuursrekeningkunde behaal. Hierdie studente het gemiddeld binne drie maande na hul kwalifikasie werk gekry. Gemiddelde beginsalaris: R9 044 p.m.
  • Gesondheidswetenskappe: Ongeveer 10% van die studente het in die gesondheidswetenskappe gestudeer, soos mediese dokters, verpleegpersoneel, terapeute en laboratoriumpersoneel en het gemiddeld drie tot vier maande geneem om hul eerste werk te kry.G emiddelde beginsalaris: R13 125 p.m.
  • Veeartsenykunde: Alhoewel slegs 2% van die studente hierin studeer het, het bykans al hierdie ’n werkaanbod gehad voordat hulle afstudeer het. Gemiddelde beginsalaris: R19 166 p.m. 

Navorsingsresultate is ook t.o.v. ander studierigtings behaal, maar genoemde vyf is die uitstaandes. Die Helpende Hand Studiefondssentrum bied het oor die afgelope 10 jaar R156 miljoen bestee om 4 230 behoeftige studente se studies aan tersiêre instansies in SA moontlik te maak.

Inteken op DitsemBlits: Nou makliker en vinniger

Image

Ditsem Nuus het vir inteken op die DitsemBlits nou d.m.v. PayFast 'n nog makliker en vinniger metode ingestel. Dit is letterlik net die druk van 'n paar knoppies en daar is jy ingeteken @ slegs R240 per jaar – kliek hier daarvoor.

 

DitsemBlits as elektroniese nuuspakket bestaan uit daaglikse Nuushooftrekke en 'n weeklikse Nuusbulletin - alles gefokus op nuus wat saakmaak vir die Afrikaner van vandag, veral in die kritieke tye waarin ons leef.

SAKENUUS

Brics-beraad groot impak

Image

Die Brics-beraad wat tans in Johannesburg by die Sandton Konvensiesentrum gehou word met die staatshoofde van die vyf lande teenwoordig  pres. Xi Jinping (China), pres. Vladimir Putin (Rusland), premier Narendra Modi (Indië), pres. Michel Temer (Brasilië) en Cyril Ramaphosa (Suid-Afrika), moet noodwendig ‘n massiewe impak hê op handel internasionaal sowel as besigheid in ook SA. Veral met China is ingrypende handelsooreenkomste gesluit, o.a. vir 'n R33,4 miljard lening vir Eskom om die Kusile kragstasie te voltooi. Die totale ekonomiese ooreenkomste nou met China geteken beloop sowat R225 miljard.

 

Trouens dit wil voorkom asof China sy aandeel in SA soveel as moontlik uitbrei, die spreekwoordelike oortjies van die seekoei waarvan algemeen bekend is. Rusland is steeds geïnteresseerd om kernenergie aan SA te verkoop, maar blykbaar wil Ramaphosa dit nie op dieselfde skaal doen as wat Zuma in die oog gehad het nie. Indië en Brasilië is ook daarop ingestel om hul handel met SA maksimaal uit te brei en vir hulself soveel as moontlik geld te maak. In hoe mate die ANC-regering met die groot staatskuldlas en enorme korrupsie effektiewelik om die raadstafel kan beding, is 'n wydope vraag.   

Eskom finansiële resultate haglik

Image

Die ander nuus wat die saketoneel oorheers is die Bekendmaking van die finansiële resultate van Eskom as nasionale kragvoorsiener en wat daarop dui dat die instansie wankel. In die eerste plek het Eskom die afgelope boekjaar 'n verlies van R2,4 miljard gely, teenoor 'n wins van R888 miljoen in die vorige jaar. Skuld het tot R386,67 miljard gestyg teenoor R327,55 miljard 'n jaar gelede. Totale laste beloop R568 miljard.

 

Onreëlmatige besteding sedert 2012 het die verbysterende bedrag van R19,6 miljard bedra – verlede jaar was hierdie syfer “slegs” R3 miljard. Die totale werknemers van Eskom is 48 628, waarvoor in die laaste boekjaar salarisse en voordele R29 miljard betaal is.

 

In 'n latere mediaverklaring het die ANC uit Luthuli Huis self te kenne gegee dat hierdie toedrag van sake met Eskom glad nie volhoubaar is nie en dat oorweeg word om die staatsmaatskappy in drie eenhede op te deel en te bedryf. Van die kant van die privaatsektor word aangedring op die privatisering van Eskom, asook versnelling van die ontwikkeling van alternatiewe energiebronne. 

Einde van geld en banke voorspel

Image

Met die opkoms en ontwikkeling van kripto-geld soos bitcoin en die blokkettingtegnologie voorspel kenner soos Dawie Roodt van die Efficient Groep dat konvensionele geld en ook banke waarskynlik sal verdwyn. Blokkettingtegnologie is bloot 'n netwerk van rekenaars wat inligting onder mekaar op 'n veilige manier deel en wat inderwaarheid 'n gesofistikeerde ruilhandel moontlik maak.

 

“As ek direk geld na jou kan oorplaas sonder dat ek 'n bank nodig het, hoekom gaan ek een gebruik?”, vra Roodt. Hy waarsku egter dat mense versigtig moet wees om virtuele eenhede soos bitcoin te belê, aangesien die intrinsieke waarde nog in 'n proses van ontwikkeling is. Hy sê ook dat regerings moeilik kripto-geld sal kan verbied of reguleer, indien hulle dit enigsins kan regkry, want dit is soos om die vloei van inligting te probeer beheer.

 

Tans is die tegnologie van kripto-geld en blokketting in 'n snel-ontwikkelende fase en is talle private entrepreneurs en ook instansies daarmee besig – beslis 'n verskynsel om vir die toekoms deeglik mee rekening te hou.

INTERNASIONAAL

Israel nou amptelik Joodse volkstaat

Image

Die Israelse parlement het verlede week ’n omstrede wet aanvaar waarin Israel as ’n staat van die Joodse volk beskryf word, met 62 lede wat ten gunste gestem het en 55 daarteen. Eerste minister Netanyahu het dit ’n “historiese oomblik” in die geskiedenis van Sionisme en die staat Israel bestempel.

 

Hy het daarop gewys dat die vyande van Israel die land met sy inwoners so intens beveg dat dit nodig is om 'n wet te aanvaar waarin die Israelse volk en burgerskap duidelik omskryf word. Die wet bepaal verder dat Jerusalem die hoofstad van Israel is, dat hoewel die Joodse kalender van toepassing in die land is, die Westerse Gregoriaanse kalender ook gebruik word en dat spesifiek bepaal word watter dae as feesdae, rusdae en amptelike vakansiedae gehou moet word. Daar word ook met die wet ’n einde gemaak aan die gelykstelling van Hebreeus en Arabies.

REDAKSIONELE KOMMENTAAR

Alternatiewe staatsbestel vir Afrikaner noodsaaklik


Met die daaglikse uitmoor van blankes in hul wonings en op ander plekke, die gejil van swart radikales oor grondgryp en die enorme opstapeling van anti-blanke wetgewing – in effek 'n onverklaarde burgeroorlog teen blankes – gesien tesame met die geweldige agteruitgang van infrastruktuur en staatsbestuur in die land, is daar vir die Afrikaner as volk net een volhoubare alternatief en dit is alternatiewe staatsbestel te ontwikkel. Dit is in alle opsigte 'n mondvol, maar ons sê dit is die weg wat voortaan daadwerklik gegaan moet word.

 

Oor die detail hiervan kan natuurlik gedebatteer word, maar ons sê dit is nou die tyd van groot dink en doen – alles stapsgewys langs grondwetlike en volkeregtelike weg.

SKEP MOED!

Gees van entrepreneurskap


Die gees van entrepreneurskap – van opstaan en iets doen omtrent jou lot – blyk uit hierdie videogreep en kan daaruit moed geskep word.   

KYK VIDEO

Indien u nie die epos wil ontvang nie kan u hier uit teken
Anulus Bemarking, S39 Oranje Eggo, Orania, North Cape, 7590, South Africa, www.ditsem.net