30 Mei 2018

  Lees die epos aanlyn

Goeiedag, 


'n paar lesers het ons daarop attent gemaak dat die nuusbrief nie korrek by almal uitgekom het nie en dat van die skakels verander het in onleesbare kode.  


Hier is die nuusbrief weer. Ons vra om verskoning vir enige ongerief en hoop u geniet die nuusbrief.


Image

AKTUELE NUUS

Regering wil elke sonpaneel beheer

Image

Volgens konsepregulasies gepubliseer deur die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) sal enige krag wat in SA opgewek word, selfs elke sonpaneel of kragopwekker, geregistreer word by hul munisipaliteit of Eskom en dan by Nersa. Dit geld alle kleinskaalse kragopwekking, ongeag of dit vir private of openbare gebruik is en of dit aan die elektrisiteitsnetwerk gekoppel is of nie. 


In reaksie hierop bestempel die organisasie Mining and Energy Advisors die konsepregulasies as drakonies en vergelyk dit met die mislukte Gautengse e-tolregulasies. Al verskil is dat hierdie geld alle Suid-Afrikaners in die hele land.  


Openbare kommentaar oor die konsepregulasies, wat gesien word as nog 'n stap om SA op die pad van volslae Kommunisme te plaas, kan gelewer word op die webwerf www.eeco.co.za.   

KVBA sê blankes mag staak oor ras

Image

Die vakbond Solidariteit het ʼn deurbraak behaal in sy dispuut by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) teen Sasol oor blankes wat uitgesluit is van sy nuwe bemagtigingskema, Khanyisa, toe die KVBA bevind het dat werknemers wel mag staak oor rasuitsluiting. Dit volg nadat Sasol aan die einde van verlede jaar bekendgemaak het dat sy bestaande werknemerbemagtigingskema, Inzalo, wat op 18 Mei 2018 ten einde loop, vervang gaan word met ʼn nuwe bemagtigingskema, Khanyisa, wat egter glad nie voorsiening maak vir blanke werknemers nie.


Die nuwe skema bestaan uit twee fases waarvan die tweede fase slegs vir werknemers van die aangewese groep geld. Sasol het egter gesê dat om blankes deel van Khanyisa te maak, indruis teen die wese van betekenisvolle transformasie. Solidariteit het daarenteen in sy dispuut by die KVBA aangevoer dat blanke  werknemers wel mag staak om soortgelyke voordele te bekom.


Die kommissaris het egter bevind dat Solidariteit se dispuut as ʼn saak van gemeenskaplike belang geklassifiseer moet word en dus verder deur die KVBA ondersoek moet word. Hierdie bemiddelingsproses moet nog plaasvind, maar minstens het die KVBA beslis dat ras tot dusver in die dispuut nie 'n rol mag speel nie. Vir meer besonderhede, skakel Deon Reyneke by 082 772 1926.

Vrystaatse munisipale dienslewering in duie

Image

Volgens die jongste verslag van die Ouditeur-generaal is daar nie een munisipaliteit in die Vrystaat wat tans finansieel volhoubaar is nie en is die munisipale situasie in die provinsie oor die algemeen die swakste in die land. Mangaung Metro is ook uitgesonder as die swakste metro in die land.  


Die OG het vir die laaste boekjaar by Vrystaatse munisipaliteite ongemagtigde uitgawes van R2,9 miljard, onreëlmatige uitgawes van R675 miljoen en vermorste uitgawes van R324 miljoen gevind, d.w.s. in totaal R3,899 miljard onwettige uitgawes. Die netto laste van munisipaliteite in die Vrystaat staan op R4 miljard.  


In alle dorpe en stede in die provinsie het dienslewering feitlik tot stilstand gekom en is talle dorpe vir tot maande sonder drinkwater. Gewelddadige protesaksies uit swart woonbuurte is 'n algemene gesig.  


Hierdie situasie het die afgelope boekjaar dramaties versleg onder die provinsiale regering van voormalige premier en huidige Sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule en met die huidige premier Sisi Ntombela as die destydse LUR vir Samewerkende Regering  (COGTA).

Musiekgroep Twee bereik goue status

Image

Die musiekgroep Twee bestaande uit Herman en Maria het hul trefferalbum Piekniek vir Twee opgevolg met hul nuutste getiteld Sirkels, wat al geruime tyd op die nasionale Top 20 is en tans nr.4 is op die iTunes Top 100. Dit is tans beskikbaar is by musiekwinkels en op digitale platforms.

 

Twee tree landswyd op in meestal intieme atmosfere waar hulle hul gehore op ‘n emosionele reis saamneem met hul eenvoudige maar treffende melodieë en lirieke.

 

Herman Kleinhans en Maria Rademan-Viviers het mekaar ses jaar gelede in Kaapstad ontmoet en sedertdien maak hulle saam musiek wat duidelik groot byval by die Afrikaanse musiekpubliek vind.

 

Maria se ander twee groot passies is onderwys en om die bekroonde Hoërskool Durbanville skoolkoor af te rig. Op sy beurt gebruik Herman weer sy talente op sy toep Helping Out as ‘n platform vir gemeenskappe en mense om mekaar te help sonder winsbejag.

Lekota en Malema kop aan kop oor grond

Image

Cope-leier Mosiuoa Lekota het reëlreg standpunt ingeneem teenoor die tirade van Julius Malema van die EFF in die Parlement dat die massa eenvoudig moet voortgaan om grond te beset ongeag enige regsprosesse. Lekota sê hy is “met afgryse vervul oor die grondwetlike wangedrag in die ergste graad” van Malema en wys daarop dat LP’s onder eed is om die Grondwet te eerbiedig.

 

Hy sê Malema en die EFF moet kies tussen deelname aan die Parlementêre demokrasie aan die een kant en buite-Parlementêre aktiwiteite aan die ander kant. Lekota sou ook wou sien dat die voorsittende beamptes in die Parlement sterker optree teen die flagrante verbreking van Parlementêre protokol en gebruike.

Inteken op DitsemBlits

Image

Die weeklikse elektroniese nuusbrief wat Ditsem Nuus uitstuur, tesame met die daaglikse Nuushooftrekke, alles gefokus op nuus wat saakmaak vir die Afrikaner, vorm 'n unieke nuuspakket in Afrikaans. Beskikbaar op 'n intekenpakket van slegs R240 per jaar, bied die nuusdiens vinger op die pols kontak met nuusgebeure soos wat dit ontvou.   

 

Om in te teken is maklik: Doen ‘n inbetaling van R240 in die volgende bankrekening: Standard Bank / Rekeningnaam: DitsemBlits / Rekeningnommer: 140 320 105 (Spaarrekening) / As verwysing: Jou naam en van. Volg dit dan op met ‘n epos na web@ditsem.net met jou naam en van, die eposadres waarop jy die DitsemBlits wil ontvang, asook  bewys van betaling.

 

By ontvangs van hierdie besonderhede word jou naam op die DitsemBlits adreslys geplaas vir die volgende 12 x maande.

SAKENUUS

Regering grootskaals Chinese in SA

Image

Dit lyk of die SA regering op 'n veldtog is om soveel as moontlik Chinese belegging en betrokkenheid in Suid-Afrika te bewerkstellig. Sopas het die Limpopo provinsiale regering d.m.v. die Limpopo Economic Development Agency, met goedkeuring van die sentrale regering beleggings van sowat R150 miljard gemagtig in die Musina-Makhado Spesiale Ekonomiese Sone naby die Krugerwildtuin. Sodanige memorandum van verstandhouding is pas in Beijing met nege Chinese maatskappye onderteken.

 

Dit behels belegging in vier projekte wat tans in die ekonomiese sone aan die gang is, nl. kragstasie, koolstofaanleg, allooifabriek en staalvervaardiging.  Na berig word is die oprigting van behuising vir Chinese werkers deel van die pakket, hoewel verklaar word dat plaaslike bevolking ook i.t.v. werkskepping sal baat.

 

Intussen is 'n SA handelsafvaardiging o.l.v. die Dept. van Handel en Nywwerheid (dti) tans in China om Chinese beleggings te beding vir ander SA provinsies, o.a. Mpumalanga, Noordwes, Vrystaat en Noord-Kaap. Vir hierdie doel word o.a. suksesvolle spesiale ekonomiese sones in China besoek, soos bv. te Shanghai.

 

Vir die Vrystaat word spesifiek gekyk na moontlike belegging in die Maluti-A-Phofung Spesiale Ekonomiese Sone by Harrismith, terwyl vir Noordwes belegging in die Platinum Valley Spesiale Ekonomiese Sone ondersoek word. Vir die Noord-Kaap word gekyk na bevordering van die Upington Spesiale Ekonomiese Sone.

Innoverende digitale monitering van dieselverbruik

Image

Die Product Development Technology Station (PDTS) van die Sentrale Universiteit van Tegnologie (CUT) het pas by Nampo Oesdag 2018 'n innoverende digitale stelsel vir die monitering van dieselverbruik bekendgestel. Die ontwikkeling is deur PDTS gedoen o.l.v. Marinus Potgieter in samewerking met Soutpan Boerediens.

 

Die toestel word gekoppel aan 'n dieseltenk of dieseltenkwa en deur 'n merker (tag) geaktiveer. 'n Unieke merker word dan toegewys aan elke voertuig waarin diesel getap word en sodoende word dieselverbruik in detail digitaal gemonitor.

 

Die ontwikkeling kom dus neer op 'n digitale logboek en kan ook vir vervoerkontrakteurs en ander dieselverbruikers in die handel van groot waarde wees. Die koste van die toestel is sowat R16 500. Vir meer besonderhede, kontak Willie van Straaten van Soutpan Boerediens by 083 273 4045. 

Shoprite nuwe mobiele beursie

Image

Shoprite het pas 'n nuwe mobiele transaksiediens geloods wat klante in staat stel om te deponeer, onttrek en geld te stuur soos wat hulle kruideniers koop by enige kasregister van alle Shoprite, Checkers, Checkers Hyper en Usave winkels. Die diens, bekend as Shoprite Money, is beskikbaar vir almal, selfs vir diegene sonder staande bankrekeninge.  
Die diens kan ook tuis gebruik word om geld te stuur en elektrisiteit en lugtyd te koop, op voorwaarde dat hulle geld in hul Shoprite Money rekening het. Alle transaksies is gratis, met die uitsondering van 'n fooi van R9.95 vir kontantonttrekkings. 


Die transaksiediens is ontwikkel in samewerking met die globale fintegniese maatskappy Celbux, Google en Standard Bank.

INTERNASIONAAL

Spitsberaad VSA en Noord-Korea eers af

Image

Die spitsberaad tussen pres, Donald Trump van die VSA en die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un wat geskeduleer was vir 12 Junie in Singapoer is vir eers van die baan, klaarblyklik omdat Trump meen dat daar nie werklike positiewe deurbraak uit kan kom nie. Noord-Korea het weliswaar van sy missielaanlegte in ontploffings vernietig oënskynlik om aan die res van die wêreld hul verbintenis tot normalisering van betrekkinge te illustreer, maar daar was geen eerstehandse monitering van die ontploffings en hul werklike effek nie.

 

Intussen het Jong-un weer met die Chinese president Xi Jinping vergader en word gespekuleer dat dit ook 'n invloed op sy houding jeens die VSA kon gehad het. Voorts het Jong-un ook vir 'n tweede keer met die president van Suid-Korea Moon Jae-in langs die gedemilitariseerde sone vergader en dit het hoop laat opvlam dat die beoogde spitsberaad met Trump wel nog sal realiseer.

Italië swaai ook regs

Image

In die algemene verkiesing van 4 Maart 2018 het nasionalistiese partye in Italië die beste gevaar met die radikale Vyfster Beweging (M5S) en die regse Italiaanse Liga wat deur die seremoniële president Sergio Mattarella gevra is om 'n regering saam te stel. Die partye het Guiseppe Conte, 'n regsprofessor van Florence met geen politieke agtergrond, gevra om 'n kabinet saam te stel.

 

Intussen het Mattarella as staatshoof waargeneem, maar pas het hy geweier om die benoeming van Paola Savona,'n anti-EU aktivis as minister van finansies goed te keur. Om hierdie rede het Conte bedank as aangewese premier en is Italië opnuut in 'n politieke skaakmat gedompel. Dit is duidelik dat die globalistiese NWO alles in die stryd werp om te keer dat Italië soos Brittanje uit die EU tree. 

Sage van Tommy Robinson in Brittanje

Image

In Brittanje heers skokgolwe oor die arrestasie van die aktivis Tommy Robinson omdat hy by ‘n hof in Leeds ‘n Moslem-bende verfilm het wat teregstaan omdat hulle Britse meisies so jonk as 11 seksueel uitbuit. Daar is oorvloedige getuienis dat Moslem-bendes in Britse stede Britse meisies teiken en onder dwang seksueel voorberei word.

 

Dit het tot groot openbare verontwaardiging in Brittanje gelei, maar eienaardig word dit deur die hoofstroommedia afgemaak en skynbaar van owerheidsweë ook onderdruk. Die betoging deur Robinson het die kollig skerp op die aangeleentheid laat val en veral op sosiale media gons dit omdat die Britse polisie hom gearresteer het oor 'n saak wat die algemene publiek sterk simpatiekgesind is.

 

Die huidige verloop van hierdie sage kan gerus op die Internet gevolg word.

REDAKSIONELE KOMMENTAAR

Ons het bokkerol gesteel! 

Image

Dit is hoe baie Afrikaners voel as hulle die feite rakende grond in SA op die keper beskou. Om mee te begin, hier is 'n afdruk van die eerste grondkontrak in SA, soos geteken tussen Jan van Riebeeck en die Koi San in1652 en soos dit gehou word in die Nasionale Biblioteek van SA, Kaapstad.

 

Verder loop die feitelike argument op sosiale media in gewone Afrikaans soos volg:

 

Ons het julle die eerste keer teëgekom oos van die Keirivier – ons het julle die Transkei gegee. Ons het julle aangetref op die hooglande oos van die Vrystaat – ons het julle Lesotho gegee.

 

Ons het julle teëgekom in Natal en grond wettiglik van julle gekoop. Julle het ons egter uitgenooi vir 'n oudiënsie met die opperhoof en ons toe oorval en doodgeslaan. Ons het teruggeslaan, julle beslissend verslaan en ons grond in 'n deel van Natal wettig opgeneem.

 

Verder noordwaarts het ons Swazi’s teëgekom – en julle Swaziland gegee. In die weste het ons Tswanas teëgekom – en julle Botswana gegee.

 

Later het ons julle in jul onderskeie etnisiteite jul tradisionele grond, plus 'n reusagtige klomp geld en fasiliteite, tesame met selfregering, gegee in die vorm van Bophuthatswana, Ciskei, Venda, Gazankulu, KaNgwane, KwaNdebele, KwaZulu, Lebowa en Qwaqwa. Julle kon egter nie, soos vandag nog, 'n sukses daarvan maak nie en wil julle steeds ons grond, met dit wat ons daarop neergesit het, kom vat.

 

Dit is gewoon diefstal, my ou. Ons het bokkerol gesteel en as jy wil vat wat nie joune is nie, verwag dat jy hard, baie hard, geslaan gaan word.

SKEP MOED!

'n Seënwens


Vir 'n wonderlike seënwens, kliek hier.  

 Kliek vir seënwens

Indien u nie die epos wil ontvang nie kan u hier uit teken
Anulus Bemarking, S39 Oranje Eggo, Orania, North Cape, 7590, South Africa, www.ditsem.net