10 September 2018

Lees die nuusbrief aanlyn

Image

Jou nuushooftrekke van die dag!

► ʼn Mnr. Singh (68) en lewensmaat (60) vermoor gevind by Cottonlands, KZN – hy doodgesteek en sy in bad verwurg met hande agter rug vasgemaak; op Lynavis-plaas by Creighton, KZN, is 66-jarige man om 03:00 in sy huis deur gewapende aanvallers summier doodgeskiet en sy vrou vasgebind

 

► Pres. Cyril Ramaphosa: “Ons gaan onteien sonder vergoeding, maar nie rykes bevoordeel nie, ons gaan dit vir ons mense gee”

 

► Van die 40 mondelinge voorleggings afgelope 3 dae voor Parlementêre Hersieningskommissie oor grond, was 33 (82%) teen wysigings van grondwet en 7 (12%) ten gunste

 

► Bosasa veiligheidsmaatskappy installering van duur veiligheidstelsels by wonings van ministers en hoës – lyk na mega omkoopskandaal

 

► Siemens-moordsaak in Bloemfontein: Slangnes word oopgekrap van miljoene rand omkoopgeld om staatstenders en goedkeurings in Vrystaat te kry – waarskynlikheid dat dit strek tot op hoogste vlak in die provinsie oor afgelope 10 jaar

 

► Kallie Kriel en kollegas van AfriForum woon jaarlikse Zoeloe-rietdans by Ulundi, KZN, by

 

► Sunday Times berig ANC SG Ace Magashule, Supra mahumapelo en ander woon geheime byeenkoms met oud-pres. Jacob Zuma by in Durban hotel met doel om pres. Ramaphosa te ontsetel

 

► Naomi Osaka (20) klop Serena Williams om vrouetitel in Amerikaanse Ope; Williams gooi ongekende vloermoer op en af van die baan

 

► Voormalige Britse minister van buitelandse sake Boris Johnson oor moontlik tipe Brexit: “So bly ons in die EU taxi, maar in die kattebak”

 

► Aanlyn aankope in SA neem vinnig toe, veral klere; totale aanlyn aankope deur Suid-Afrikaners nader R60 miljard per jaar

 

► Solidariteit-staking van duisende teen Sasol verlede week – boerewors is gebraai en agterna nie ʼn papiertjie of stompie agtergelaat nie

Besoek www.ditsem.net

Nuushooftrekke van die dag is slegs die belangerikste hooftrekke van vandag. Nuus Bulletins kom een maal per week in u DitsemBlits Nuusbrief.

Vir meer nuus volg ons op:

Facebook
Twitter
Email

Indien u nie die epos wil ontvang nie kan u hier uit teken
Ditsem Nuus, Oranje Eggo S39, Orania, Noord-Kaap, 8752, South Africa, www.ditsem.net