31 Augustus 2018

Lees die nuusbrief aanlyn

Image

Jou nuushooftrekke van die dag!

► Na klag van Solidariteit by VN Komitee vir Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD) sê SA Menseregtekommissie  die Wet op Diensbillikheid (“regstellende aksie”) voldoen nie aan vereistes van CERD nie en moet gewysig word


► “A.g.v. insamelingstekort van belasting  deur SAID onder Tom Moyane van ongeveer R25 miljard, was regering genoodsaak om BTW te verhoog vanaf 14% na 15%” - adjunk-DG van Tesourie Ismail Momoniat


► Tshwane Metro: DA onder Solly Msimanga het dit in 2 jaar omskep vanaf begrotingstekort van R2 miljard na oorskot van R704 miljoen; ANC en EFF faal gister om hulle te ontsetel


► Saru het in 2017 verlies van R33 miljoen gely hoofsaaklik a.g.v. onsuksesvolle Wêreldbekerbod, finansiering Cheetahs en Kings in Pro14 en onttrekking van sommige borge


► Terwyl AgriSA, TLU SA o.a. hand om die blaas staan met ANC oor onteiening en plaasmoorde, veg Kanadese joernalis Lauren Southern voort om ware storie oor SA in buiteland te vertel – haar dokumentêr Farmlands pas in 7 tale vertaal


► Tweede sluipmoord op blanke sakeman in Vrystaat wat met staat sake doen – argitek Francois Roodt in sy motor tussen Bultfontein en Wesselsbron doodgeskiet


► Pelonomi Hospitaal, Bloemfontein, word deur regseise van sowat R2 miljard in gesig gestaar


► Berig op sosiale media lui dat Zimbabwe tans eintlik een groot rampokkerstaat is - lees berig hier


► Kevin de Klerk groet Leeus / Transvaal-rugby op 68 ná 50 jaar as speler, kaptein en president


► 1962 Ferrari 250 GTD haal R690 miljoen op veiling in Kalifornië, VSA

Besoek www.ditsem.net

Nuushooftrekke van die dag is slegs die belangerikste hooftrekke van vandag. Nuus Bulletins kom een maal per week in u DitsemBlits Nuusbrief.

Vir meer nuus volg ons op:

Facebook
Twitter
Email

Indien u nie die epos wil ontvang nie kan u hier uit teken
Ditsem Nuus, Oranje Eggo S39, Orania, Noord-Kaap, 8752, South Africa, www.ditsem.net