4 September 2018

Lees die nuusbrief aanlyn

Image

Jou nuushooftrekke van die dag!

► Gister in Parlement voor Grondwetlike Oorsigkomitee mondelinge voorleggings deur talle en uiteenlopende instansies, vanaf Cosatu tot Graan SA en vanaf Orania Beweging tot Black First Land First

 

► Cosatu doen voorlegging dat artikel 25 van die Grondwet nie gewysig word nie

 

► Parlementêre Skoor word vandag ingelig deur Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (Opod) oor vordering met ondersoek na hoëprofielsake

 

► Op beraad in Beijing tussen China en Afrika beloof China samewerkingspakket van $60 miljard oftewel R960 miljard aan Afrikastate

 

► Minister van Verdediging en Militêre Veterane Nosiviwe Mapisa-Nqakula weier om vraag van DA te beantwoord oor koste van haar eggenoot op 29 internasionale besoeke

 

► Verskeie wreedaardige aanvalle op blankes landwyd: In Hermanus De Lange-egpaar om 05:00 in hul woonstel met hamer aangerand; in Harrismith JP Bezuidenhout (14) doodgeskiet in gewapende rooftog en Amanda de Fortier (37) ernstig gewond; in Gauteng 20-jarige jongman doodgeskiet in gewapende aanval; vrou te Darnall, KZN, in kombuis deur aanvaller met mes ernstig gewond

 

► In Auckland, Nieu-Zeeland, massiewe protesoptog teen plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding, Front Nasionaal van SA betrokke by reëling


► Sanparke bied aan alle Suid-Afrikaners gratis toegang tot enige nasionale park vanaf Maandag 10 September tot Vrydag 14 September 

Besoek www.ditsem.net

Nuushooftrekke van die dag is slegs die belangerikste hooftrekke van vandag. Nuus Bulletins kom een maal per week in u DitsemBlits Nuusbrief.

Vir meer nuus volg ons op:

Facebook
Twitter
Email

Indien u nie die epos wil ontvang nie kan u hier uit teken
Ditsem Nuus, Oranje Eggo S39, Orania, Noord-Kaap, 8752, South Africa, www.ditsem.net