5 September 2018

Lees die nuusbrief aanlyn

Image

Jou nuushooftrekke van die dag!

► Mede-voorsitter van Parlementêre Oorsigkomitee vir Grondwet Vincent Smith van die ANC tree uit ná verskeie beweringe van omkopery

 

► Met bekendmaking gister van jongste ekonomiese aanwysers met Rand wat deur R15 per dollar-grens breek, landbousektor wat met 29,2% ingekrimp het, huishoudelike besteding met 1,3% af en styging in staatsbesteding van 0,7%, het SA in resessie inbeweeg

 

► MRK besoek saam met Save the Vaal en ander belanghebbendes erg besoedelde Vaalrivier by Parys en bevind dat dit op ekologiese ramp afstuur

 

► Minstens agt werknemers sterf in reuse ontploffing by Denel Rheinmettal-springstofaanleg by Macassar naby Kaapstad, hele gebou in puin gelê, ondersoek na nog moontlike sterftes steeds aan die gang

 

► Minstens 112 passasiers by Selby in suide van Johannesburg beseer toe Metro Rail trein gister op dieselfde spoor kop aan kop bots met Naledi-Jikeleza-trein; menslike fout genoem as waarskynlike oorsaak

 

► VSA kondig aan dat belastingtoegewings op staal- en aluminiumkwotas toegestaan word vir Suid-Korea, Brasilië en Argentinië, maar nie vir Suid-Afrika nie, wat 25% ekstra moet betaal op staal en 10% op aluminium

 

► Ongelooflike korrupsie oopgevlek by Centlec elektrisiteitsverkaffer te Bloemfontein en Suid-Vrystaat, o.a. R8 miljoen betaal aan maatskappy vir installering van elektriese meters en wat daarna vrywillig likwideer

 

► Blykbaar tans groot slagting onder olifante vir ivoor in noorde van Botswana, wat grootste olifantbevolking ter wêreld het, minstens 87 karkasse al getel

 

► Klipwerf Orkes se album 50 Jaar se Hoogtepunte verwerf goue status binne ses maande, ontvang toekenning vir halfeeu ononderbroke boeremusiek

Besoek www.ditsem.net

Nuushooftrekke van die dag is slegs die belangerikste hooftrekke van vandag. Nuus Bulletins kom een maal per week in u DitsemBlits Nuusbrief.

Vir meer nuus volg ons op:

Facebook
Twitter
Email

Indien u nie die epos wil ontvang nie kan u hier uit teken
Ditsem Nuus, Oranje Eggo S39, Orania, Noord-Kaap, 8752, South Africa, www.ditsem.net