► Rekordgetal van 48 politieke partye amptelik geregistreer vir nasionale verkiesing op 8 Mei vanjaar – 19 meer as in vorige verkiesing in 2014 ► Leier van Black First Land First (BLF) Andile Mngxitama gee gebalde vuis swartmagteken by bekendstelling van politieke partye by Gallagher Estate, Midrand, en sê hulle beywer hul net vir die belange van swart Suid-Afrikaners ► MTN en Vodacom sê hulle sukkel baie om selfoontorings tydens kragonderbrekings aan die gang te hou, sommige gebiede swakker selfoonsein of selfs geen sein nie ► NG Kerk op Klipplaat in Oos-Kaap orrelpype uitgehaal en platgekap en al die koper van deure verwyder ► KYK: Vereeniging vandag 21 Maart as Menseregtedag ontwrig deur diensleweringsbetogings – volg hierdie skakel ► Blanke SA Lugmagpersoneel in Mosambiek vervul sleutelrol in reddingsoperasies van gestrande Mosambiekers ► Gepubliseerde syfers toon dat militêre begroting van China $175 miljard beloop, teenoor die $750 miljard van die VSA; vir China verteenwoordig dit 1,3% van BBP, teenoor 3,7% van die VSA ► In België is genadedood op 2 357 mense toegepas in 2018 ►

Manufacturing Indaba 19-20 Junie 2018

Met vervaardiging wat in enige ekonomie die grootste drywer van ekonomiese groei is, is die aandag wat Suid-Afrika betref met verwagting gevestig op die Manufacturing Indaba wat beplan word vir 19-20 Junie 2018 by die Sandton Konvensiesentrum. Die hooffokus by die indaba is op outomatisasie volgens die nuutste tegnologie in die wêreld en hoe Suid-Afrikaners daarby kan baat.

Behalwe vir uitstallings en demonstrasies, sal daar by die indaba ook lesings en seminare aangebied word. As sulks is die indaba 'n moet vir enige een wat op hoogte wil kom van die nuutste in die lyn van vervaardiging.

Vir meer besonderhede, volg hierdie skakel.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top