► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►

Die jaarlikse Nampo Oesdag het Dinsdag 15 Mei begin en aangehou tot Vrydag 18 Mei met nagenoeg 740 uitstallers en met Effektiwiteit met tegnologie as tema. Die uitstallers strek vanaf landbou-implemente tot veevertonings en vanaf huisvlyt tot die modernste tegnologiese kommunikasie. Onder die uitstallers is ook landboumaatskappye en handels- en beleggingsagentskappe van verskeie lande, o.m. Rusland, Italië en Brittanje.

Verlede jaar is die skou deur 'n totaal van 78 648 mense bygewoon. Vir meer besonderhede besoek www.nampo.co.za.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top