Print this page

Nampo Oesdag 2018

Die jaarlikse Nampo Oesdag het Dinsdag 15 Mei begin en aangehou tot Vrydag 18 Mei met nagenoeg 740 uitstallers en met Effektiwiteit met tegnologie as tema. Die uitstallers strek vanaf landbou-implemente tot veevertonings en vanaf huisvlyt tot die modernste tegnologiese kommunikasie. Onder die uitstallers is ook landboumaatskappye en handels- en beleggingsagentskappe van verskeie lande, o.m. Rusland, Italiƫ en Brittanje.

Verlede jaar is die skou deur 'n totaal van 78 648 mense bygewoon. Vir meer besonderhede besoek www.nampo.co.za.

Gradeer die artikel
(0 stemme)