Aletheim 1

'n Opwindende kompetisie met groot pryse vir vryskutskryfwerk is pas geloods deur Solidariteit Helpende Hand onder hul projek Talentwerf. Die publiek kan vanaf 1 Julie 2018 inskryf vir die Bemark jouself!-kompetisie en 'n kans staan om groot pryse te wen, met ʼn bemarkingsplan ter waarde van R30 000 as die eerste prys.

Vryskutters word gevra om hulleself in ʼn kort video te bemark en dit dan op sosiale media te deel. Die beste video’s sal deur Talentwerf op verskeie sosiale media platforms gedeel word en die publiek sal dan gevra word om vir hulle gunstelingvideo te stem. Besoek www.talentwerf.co.za vir meer besonderhede en hoe om in te skryf.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier