► Volgens SA in Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) toon jongste misdaadstatistiek vir SAPD tesame met vorige statistiek dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 moorde gepleeg is en 1 miljoen verkragtings ► Prof. Rudolph Zinn van Unisa sê uit navorsing blyk dit dat van die misdadigers voer tot 107 misdrywe uit voordat hulle gearresteer word ► Solidariteit Netwerk loods nuwe Sol-Tech kampus in Pretoria teen koste van R300 miljoen, sal huidige kampus vir 1 200 studente verdubbel en sal na verwagting deure open in Januarie 2021 ► Kyk by hierdie video hoe top bevelvoerders van SA Vloot en Lugmag in Parlement getuig hoe vloot en lugmag op rand van ineenstorting is ► Vrou (55) in Oos-Vrystaat gisteraand terwyl sy gebad op ‘n plaas aangeval en verkrag, aanvaller vlug en niks gesteel nie ► Op die Economic Freedom of the World (EFW) 2019 verslag val Suid-Afrika 54 plekke na nr. 101 uit 162 lande, vanaf plek 47 in 2000 – volg hierdie skakel vir meer inligting ►Dit lyk of Britse premier Boris Johnson ‘n deurbraak met Brexit kan maak na ooreenkoms oor grensbeheer met Ierse Democratic Unionist Party (DUP) ► Voormalige Bok-afrigter Peter de Villiers sê hy gaan nie Springbokke vanjaar by Wêreldbeker ondersteun nie, omrede vroeëre betrokkenheid van Eben Etzebeth by onderonsie met twee bruin mense in Langebaan ►

In 'n mediaverklaring sê Solidariteit dat die uitkoms van die hooggeregshof-saak oor godsdiens in skole, “nie net die betrokke ses skole raak nie, maar 24 000 ander skole in Suid-Afrika. Die saak is dus van belang vir honderde duisende ouers en kinders in Suid-Afrika. Die applikante in die saak se aansoek dat godsdienspraktyke by skole verbied moet word, druis lynreg in teen 95% van Suid-Afrikaners wat hulle met ʼn geloof identifiseer. Suid-Afrikaners word juis deur geloof en waardes oor tradisionele skeidslyne heen saamgebind. Volgens die SA Instituut vir Rasseverhoudinge identifiseer 86% van Suid-Afrikaners hulle as Christene en bykans 95% identifiseer met die geloof. Slegs 5,2% sien hulself as ongelowig of weet nie met watter geloof hulle identifiseer nie. Volgens die World Value Survey en die Pew Global Morality Study word Suid-Afrikaners deur sosiale waardes aanmekaar gebind, terwyl die eersgenoemde Survey ook bevind het dat 83,9% van Suid-Afrikaners geloof as belangrik ag; 96,7% in God glo; en dat 1,9% hulself as ateïste identifiseer. Derhalwe is die aansoek van die applikante in die saak in wese ʼn ondemokratiese poging om hul eie, uiters eng belang op skoolgemeenskappe af te dwing.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top