► Volgens SA in Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) toon jongste misdaadstatistiek vir SAPD tesame met vorige statistiek dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 moorde gepleeg is en 1 miljoen verkragtings ► Prof. Rudolph Zinn van Unisa sê uit navorsing blyk dit dat van die misdadigers voer tot 107 misdrywe uit voordat hulle gearresteer word ► Solidariteit Netwerk loods nuwe Sol-Tech kampus in Pretoria teen koste van R300 miljoen, sal huidige kampus vir 1 200 studente verdubbel en sal na verwagting deure open in Januarie 2021 ► Kyk by hierdie video hoe top bevelvoerders van SA Vloot en Lugmag in Parlement getuig hoe vloot en lugmag op rand van ineenstorting is ► Vrou (55) in Oos-Vrystaat gisteraand terwyl sy gebad op ‘n plaas aangeval en verkrag, aanvaller vlug en niks gesteel nie ► Op die Economic Freedom of the World (EFW) 2019 verslag val Suid-Afrika 54 plekke na nr. 101 uit 162 lande, vanaf plek 47 in 2000 – volg hierdie skakel vir meer inligting ►Dit lyk of Britse premier Boris Johnson ‘n deurbraak met Brexit kan maak na ooreenkoms oor grensbeheer met Ierse Democratic Unionist Party (DUP) ► Voormalige Bok-afrigter Peter de Villiers sê hy gaan nie Springbokke vanjaar by Wêreldbeker ondersteun nie, omrede vroeëre betrokkenheid van Eben Etzebeth by onderonsie met twee bruin mense in Langebaan ►

CRL Commission wil alle kerke reguleer

Die Commission for the Promotion and Protection of the Rights of Cultural, Religious and Linguistic Communities (CRL Commission), ‘n artikel 9 instelling ingevolge die Grondwet, beveel ná driejaarlange ondersoek na kerkgemeenskappe en godsdiensgroepe in die land aan dat alle kerke by die Commission moet lisensieer en dat die wet sowel as Grondwet gewysig word sodat hulle alle kerke en kerkgemeenskappe kan reguleer. Hulle wil dit dan deur sg. mediasie of bemiddeling doen, bv. sou 'n homoseksuele predikant wil gelegitimeer word en sy kerk wil nie, dan kan hy/sy dit na die CRL Commission neem, wat waarskynlik ten gunste van die predikant sal beslis en dit wetlik afdwingbaar maak, omdat die landswet bepaal geen diskriminasie teen homoseksuele nie. Christelike kerke het tydens die ondersoek deur die bank ernstige beginselbesware teen die aanbevelings van die CRL Commission gemaak, maar dit is grootliks geïgnoreer in die verslag. Christelike en ander kerke is hoofsaaklik verteenwoordig in die organisasie Freedom of Religion South Africa (FORSA), wat weer sowat 20 miljoen mense in SA verteenwoordig. Vir meer besonderhede, besoek gerus onderskeidelik www.crlcommission.org.za en www.forsa.org.za.
Gradeer die artikel
(2 stemme)

1 comment

  • dr Sakkie van der Merwe - Donderdag, 06 Julie 2017

    Die tyd kom al hoe nader dat ons wyse van aanbidding en hoe en wie ons mag aanbid gereguleer gaan word. Dan word daar nog gepraat van 'n regering wat God respekteer.

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top