► Abel Sithole as uitvoerende hoof van die Government Employees’ Pension Fund (GEPF) getuig voor Mpati-kommissie dat ʼn “belegging” van R4,3 miljard sonder sy medewete gemaak is uit die GEPF na die firma Ayo Technologies van omstrede Iqbal Survé; blykbaar kan of wil Ayo dit nou nie terugbetaal nie ► Mynmaatskappy Rio Tinto het sy Rössing Uraanmyn in Namibië, in produksie sedert 1976 en wat tans jaarliks sowat 4,6 miljoen pond uraan lewer, verkoop aan die China National Uranium Corporation (CNUC) vir $106,5 miljoen; Rio Tinto het sedert 2017 beleggings van $11,2 miljard uit Namibië onttrek ► Nuwe Minister van Water, Sanitasie en Menslike Nedersettings Lindiwe Sisulu sê in Parlement skade in die departement weens korrupsie en wanbestuur is feitlik “onmeetlik” en dat drastiese omdraaistrategie dringend nodig is ► Munisipaliteite skuld die nege waterrade en Dept. van Water R14 miljard vir waterdienste gelewer ► Adjunk-minister van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Mcebisi Skwatsha sê in Parlement dat onteiening sonder vergoeding binnekort ʼn werklikheid gaan wees, “maar onwettige grondgryp nie toegelaat sal word nie” ► Vrystaat Landbou sê massiewe armoede in Lesotho bedreig wet en orde in Vrystaat en dat dit verskillende tipes misdaad in die provinsie veroorsaak ► Volgens verslag van PwC is vergoeding van ʼn uitvoerende hoof van mynmaatskappy in SA gemiddeld sowat R16,8 miljoen per jaar en dié van ʼn finansiële hoof sowat R6,9 miljoen per jaar ► Projek VatVyf gebaseer te Orania benodig borgskap vir twee behoeftige blanke leerlinge in Bloemfontein wat as prefekte gekies is om einde vanjaar elkeen ʼn oriënteringskamp by te woon – R1 000 vir seun in hoërskool en R500 vir dogter in laerskool – kontak projekvatvyf@gmail.com of 082 773 2150 ►
Ter viering van die 500ste jaar van die Hervorming is 'n nuwe Afrikaanse boek, Die Weerklank Van Martin Luther deur DC Groenewald pas gepubliseer. Dit bevat ‘n lewenskets van Luther, 'n uiteensetting van sy teologie en sy 95 stellings. Dit beslaan 96 bladsye en is by Christian Liberty Books beskikbaar @ R50, posgeld uitgesluit. 'n Resensie van die boek lees as volg: “Baie jongmense verlaat ons gevestigde kerke vir charismatiese denominasies. Die rede hiervoor is dikwels omdat die Kerk se dogma in 'n taal verduidelik word wat nie op die vlak van die jongmense is nie en nie die bepaalde sosiale omstandighede van die tyd aanspreek nie. “Die meeste van die teologiese materiaal is in Engels beskikbaar en is verder uiters akademies. Daarom is 'n perspektief in Afrikaans, wat ons lidmate se kontekstuele omstandighede aanspreek, dringend noodsaaklik. “Die bydrae van Groenewald is besonder betekenisvol en nodig. Dit spreek tot die hart van Luther se oortuiging as hy die Bybel in die taal van sy volksgenote vertaal. “Die bydrae in Afrikaans gee ons die geleentheid om die juistheid, diepte en hart van Lutherse teologie te verstaan. Dit spreek duidelik tot die tema van Hervorming wat voortdurende vernuwing, oplewing en toepaslikheid insluit.”
Gradeer die artikel
(1 Vote)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top