► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Twee Christelike naweekkampe vir Oraniërs

Op inisiatief van Jannie Roux, 'n raadslid van Orania en sakeman, word twee Christelike naweekkampe vir Orania-inwoners gereël by die Amanzi Lodge & Wildreservaat, 15 km vanaf Brandfort. Die eerste kamp is vir manne die naweek van 20-22 Oktober 2017 en die tweede vir dames die naweek van 3-5 November. Die doel van die kampe is om die Christelike grondslag van inwoners van Orania te versterk by die gefokusde kampe, aangebied deur die interkerklike Woord-in-Aksie bediening, wat soortgelyke geleenthede al vir jare landswyd aanbied. Roux sê die grondslag van Orania is God-Drieënig en hy wil graag met die kampe help om hierdie grondslag te versterk. 60 x plekke is per kamp beskikbaar @ R550 per persoon, met die totale koste vir die mannekamp reeds betaal en kan manne vir wie dit finansieël dit moeilik is, dit gratis meemaak. Die koste sluit in verblyf, etes en vervoer. Roux sê besighede en instansies wat finansieël wil bydra tot die koste vir die dameskamp, is welkom om met hom te skakel. Hy neem in elk geval verantwoordelikheid vir die koste van die dameskamp. Vervoer per bus word nog gereël, maar indien mense met private vervoer kan help, sal dit waardeer word. Belangstellendes kan Jannie Roux kontak by 082 573 4575 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top