►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Pensioenfondse geplunder

Groot ontsteltenis heers onder verskillende pensioenfondse oor die besluit van die Openbare Beleggingskorporasie om ʼn lening van R5 miljard aan Eskom toe te staan vir die kragvoorsiener om slegs die maand van Februarie 2018 finansieel te oorleef. Hierdie besluit is geneem sonder dat die individuele fondse geraadpleeg is.

Hulle sê dit beteken niks dat hierdie lening deur 'n staatswaarborg gedek is nie, want die regering het eenvoudig nie hierdie geld om aan Eskom te gee nie. Ook verskeie vakbonde het hewig kritiek op die lening uitgespreek.

Ander kritici wys daarop dat SA die 5de grootste pensioenspaarfonds as persentasie van BNP ter wêreld het. Hierdie fonds is grotendeels opgebou deur die vorige regering in die vorige bedeling en nou word dit gebruik om jarelange korrupte en verliesmakende staatsondernemings te probeer red.

Gradeer die artikel
(1 Vote)

1 comment

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top