► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Die afgelope week met die sitting van die Algemene Sinode van die NG Kerk is ‘n beginsellose ja-nee besluit oor selfdegeslagverhoudings in die kerk geneem – nóg vis nog vlees. Ons sê egter dat die Woord duidelik sê oor hierdie onderwerp dat dit sonde is en dat dit as sulks bejeën moet word – sonder om die sondaar te verdoem.

Sien in besonder hierdie brief.

Indien die propagandiste van gays in NG-geledere egter volhard om die kerk in hul rigting te probeer dwing, sê ons dat hulle eerder die pad moet vat en hul eie kerk gaan stig. Daar is nie sprake van dat volgers van die suiwer Woord die NG Kerk gaan verlaat nie. Dis die ander wat moet loop.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

3 opmerkings

  • Juan Olivier - Dinsdag, 15 Oktober 2019

    'n Skeef leefstyl is heel duidelik teen die Christen geloof. As mense dan nou nie saam stem met wat die Christen geloof leer as sonde nie wat soek die mense dan nog in die geloof? Enige redelike mense wat nie saam 'n geloof stem nie sal dan die redelik keuse maak en die geloof los, maar heel duidelik is die mense se doel om die geloof aan te val en te vernietig.

    Report
  • Pieter - Dinsdag, 15 Oktober 2019

    Ek stem - stig jou eie kerk - hoekom jouself indwing waar jy nie welkom is nie gaan my verstand te bowe

    Dis hoekom ek nie saam stem met die mainstream gay-propeganda nie

    Report
  • Dylan Olivier Piccione - Dinsdag, 15 Oktober 2019

    Verbasend hoe die NG kerk standpunt inneem....sonder om verder in die geskrifte in te gaan tov sonde kan ek net noem dat 90% plus ook dan die pad moet vat en hulle eie kerke begin.....tragies hoe die wat in glashuise woon altyd die eerste steen werp.

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top