► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Herdie brief deur André Bekker, stigter van Voice of the Voiceless Advocacy, in Volksblad word aangehaal:

“Die afgelope paar jaar is die politiek korrekte, maar wetenskaplik ongegronde, narratief geskep dat ʼn mens gay gebore word en nie kan verander nie. Dit het daartoe gelei dat eks-gays se stemme verdoof is en dat hul bestaan as leuenagtig afgemaak word.

“Die onhoudbare situasie het daartoe aanleiding gegee dat ʼn Christelike menseregte-organisasie Voice of the Voiceless Advocacy, gestig is. Dit verleen aan eks-gays weer ʼn stem.

“Dit stel ons in staat om die vooruitsig te hê dat ons ons waardes en geloofsoortuigings vry en sonder vrees kan uitleef. Hierdie stem verander die hele gay-debat, want dit is die bewys dat verandering moontlik is.

“Ons getalle groei daagliks. Alle eks-gays is welkom om op Facebook by ons aan te sluit.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Go to top