►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Met ʼn groepie homoseksuele lidmate aan die spits is daar ʼn beweging, ook in samewerking met die huidige topbestuur van die NG Kerk, om die kwessie van sg. selfdegeslagverhoudings in die kerk aanvaar te kry. Dit is so dat hierdie mense ook vryelik in die ampte van kerk sou kan dien en dat homoseksualisme as normaal aanvaar sou word.

Dit volg op die besluit van die Algemene Sinode in Oktober verlede jaar van ʼn beginsellose ja-nee oor selfdegeslagverhoudings – nóg vis nog vlees. Ons sê egter dat die Woord duidelik sê oor hierdie onderwerp dat dit sonde is en dat dit as sulks bejeën moet word – sonder om die sondaar te verdoem.

Dat baie Skrifgehoorsame lidmate van die NG Kerk, ook talle in leidende posisies, besluit om eerder God as die mens gehoorsaam te wees, blyk uit die besluit van die Goudland Sinode verteenwoordigend van 159 gemeentes in Noordwes en Gauteng om hul jaarlikse finansiële bydrae van R480 000 aan die Algemene Sinode te weerhou oor die steun van laasgenoemde vir selfdegeslagverhoudings. Terselfdertyd word berig dat die Oostelike Sinode verteenwoordigend van 84 gemeentes in Gauteng (insluitende Moreletapark mega gemeente), Mpumalanga en Swaziland tans besin oor hul verhouding met die Algemene Sinode oor dieselfde kwessie.

Indien die propagandiste van gays in NG-geledere egter volhard om die kerk in hul rigting te probeer dwing, sê ons dat hulle eerder die pad moet vat en hul eie kerk gaan stig. Daar is nie sprake van dat volgers van die suiwer Woord die NG Kerk gaan verlaat nie. Dis die ander wat moet loop.

Natuurlik moet die hele aangeleentheid ʼn saak van gebed gemaak word met die spesifieke bede dat die Hoof van die kerk self Sy kerk van valse leer, valse leraars en valse profete sal suiwer.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Go to top