►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Die waarheid omtrent die groot leuen

Die groot leuen in Suid-Afrika vandag is dat die blanke en in besonder die Afrikaner verantwoordelik is vir die ellende waarin swartmense verkeer. Daar word in die media nasionaal en internasionaal daarop gehamer dat blankes in SA met hul destydse sg. stelsel van “apartheid” mense van kleur verskriklik verontreg het, hul grond gesteel het en dat dit die redes is waarom swartmense nie tot hul reg kon kom nie en daarom steeds “veragter” is. Voor in die koor sing die staatshoof pres. Jacob Zuma met “Ek vat my masjiengeweer” en saam met die ANC en die EFF moedig hy swartmense aan om hul “gesteelde grond” sonder vergoeding terug te vat om sodoende “ekonomiese vryheid” te verwesenlik. Vir hierdie en ander doelwitte word die skroewe d.m.v. o.a. swart ekonomiese bemagtigingswetgewing en sportkwotas voortdurend skerper aangedraai. Indien jy iemand as vyand wil skep en en hom wil bykom, dan laat jy hom deur disinformasie brandmerk as die sondebok vir alles wat verkeerd loop. Eva het dit met Adam gedoen, Kain met Abel, Saul met Dawid, die Sanhedrin met Jesus, Hitler met die Jode, ens. Dit is presies wat die ANC / EFF en hul meelopers vandag t.o.v. die blanke in SA doen. Teenoor hierdie groot leuen staan die ware prentjie – ‘n prentjie wat in die hoofstroom media sover as moontlik onderdruk word, maar wat tog telkens soos ‘n kurkprop na die oppervlakte skiet. Die geskiedkundige feite wat in enige algemene en betroubare literatuur nageslaan kan word, dui opsommend puntsgewys op die volgende: * Toe die eerste Europeërs in 1652 aan die suidpunt van Afrika ‘n halfwegstasie kom stig het vir skeepsverkeer tussen Europa en Asië, het die inheemse mense van Afrika nog nie geweet van die wiel nie, het hulle oor geen geskrewe taal beskik nie en het hulle nog geen struktuur meer as ‘n enkelverdieping kon bou nie. Op daardie stadium was dit reeds 1 974 jaar sedert Ptolemy I die manjifieke biblioteek van Alexandria gebou het. * Jan van Riebeeck – en voor hom die eerste kruisplanters uit Europa – was verteenwoordigers van ‘n ontwikkelde beskawing wat die Christelike Evangelie gedra het en kon lees, bereken en bou. * Geen inheemse Afrikaan in Suider-Afrika is ooit deur Jan van Riebeeck en die Bataafse bewind in slawerny geplaas nie. Slawe is vanaf Madagaskar, Batavia, Ceylon en Oos-Afrika ingevoer. Die eerste keer dat trekboere vanaf die Kaap die Goeie Hoop met mense met ‘n swart velkleur in aanraking gekom het, was in ongeveer 1770 met die Xhosas in die Amatolavalleie. Slawerny in die Kaapkolonie is op 1 Desember 1834 afgeskaf – twee jaar voor die begin van die Groot Trek. * Op daardie stadium het die Voortrekkers geen kennis gedra van die Zoeloe, Tswana, Sotho, Venda, ens. nie. Hulle was wel in oorlog met die Xhosas en dit is hoekom hulle die binneland ingetrek het – in onbewoonde gebied in en waar hulle later swart stamme sou teëkom, het hulle grond geruil vir beeste en geld. * Sover dit spesifiek die Zoeloes aangaan, het sodanige volk nie bestaan voor die tyd van Shaka nie. Hy is omstreeks 1787 gebore en het later met besondere krygsvernuf, geweld en moord ‘n aantal klein stamme in die Zoeloevolk verenig, wat dus tot stand gekom het ongeveer 167 jaar ná die aankoms van Jan van Riebeeck in die Kaap. Die interaksie tussen die Voortrekkers en die Zoeloes is geskiedenis wat vir sigself spreek. * Nog meer oor die Zoeloes: Shaka het hulle geleer van die lang werpspies en die kort steekspies en van die militêre formasie van die beeshorings waarmee omsingeling en knypbeweging uitgevoer is. Die Zoeloes het dit gebruik om ‘n skrikbewind onder ander swart stamme in suidelike Afrika te voer, bekend as die Mfecane – of die begin daarvan – ‘n moordtog wat uiteindelik tot die uitwissing van tussen 1 en 2 miljoen swartmense gelei het. In die proses is geen kos en klere uitgedeel, geen hospitale gebou en geen behuisingskema aangepak nie. * Die Afrikanervolk, oftewel die Boer soos dit mettertyd genoem is, is met hul Nederlandse voorvaders, soos aangevul deur Duitse immigrante, Franse Hugenote en Britse setlaars, ‘n volk wat inheems uit die bodem van Afrika gegroei en ontwikkel het. Hulle was dus nooit koloniste nie. * Afrikaans wat as hul taal ontstaan het, het mettertyd met sy grammatika, woordeskat en uitdrukkingsvermoë ontwikkel tot ‘n taal van wêreldgehalte. As sulks staan dit ver uit bokant enige ander inheemse taal op die vasteland van Afrika. * In die vorm van die Vrystaatse en Zuid-Afrikaanse Boererepublieke het die Afrikaner die eerste twee suksesvolle onafhanklike state op die vasteland gevestig. * As begenadigde draers van die Evangelie, het die Afrikaner die leiding geneem om wet en orde te vestig, mense te versorg, voedsel te produseer, minerale te ontgin en regeringstrukture te vestig – soveel so dat uiteindelik die eerste en enigste moderne en geïndustrialiseerde staat op hierdie vasteland tot stand gekom het. * Die geskiedenis van Suid-Afrika kan nie beoordeel word sonder om die bedenklike rol van imperiale en koloniale Brittanje in berekening te bring nie – vanaf die Republiek van Natalia, tot die diefstal van Kimberley deur die betrokke Keate-uitspraak, die omverwerping van die twee Boererepublieke ter wille van die Witwatersrandse goud, ens. * Ná die verpletterende Anglo-Boere-oorlog het die Afrikaner nie bakhand gestaan vir ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie nie en ook nie geroof, geplunder en gemoor om kos te kry nie. Nee, die Afrikaner het met geloof en klipharde werk homself aan sy eie skoenrieme opgetrek en ‘n leefwyse en kultuur gevestig vergelykbaar met die beste. * Die beleid wat die Afrikaner eintlik op die tafel geplaas het, was afsonderlike ontwikkkeling, wat in skrille kontras is met “apartheid”. Laasgenoemde is negatief, maar deur afsonderlike ontwikkeling soos gepostuleer deur dr. HF Verwoerd, is aan swart volke gegee presies dit wat die Afrikaner vir homself gegun het – eie grondgebied, eie regeringstrukture kompleet met infrastruktuur en Parlementsgeboue en staatkundige onafhanklikheid. Daarvan het die destydse Transkei, Ciskei, Bophuthatswana en Venda getuig. Met die sluipmoord op dr. Verwoerd in 1966 het hierdie beleid tragies ontspoor, maar dat die bal nie deur hierdie swart volke na volle konskwensie gedra is nie, is vir hulle om te verantwoord. Dit is teen hierdie agtergrond dat uit regdenkende Afrikanergeledere vandag die volgende gesê word: * Ons het volle reg om in ons vaderland eersteklas burgers te wees. * Ons het by niemand niks gesteel nie, veral nie grond nie en daarom is daar geen onus op ons om enige iets “terug te gee” nie. * Ons verdien nie om aan SEB, regstellende aksie, kwotas en enige ander diskriminasie blootgestel te word nie. * Ons is trots op ons identiteit en op ons reusebydrae in Suid-Afrika. Ons het foute gemaak, maar watter volk het nie? Daar is nietemin niks in ons verlede wat ‘n albatros om ons nekke regverdig nie. * Ons erken die bydrae en rol van die swartmens en die mense van kleur in die opbou van SA die afgelope bykans twee eeue, maar hierdie bydrae en rol moet in perspektief gesien en beoordeel word. Dit moet nie verdraai of vals voorgestel word nie. * Ons is nie verantwoordelik vir die gemors waarin SA vanaf 1994 tot huidig “bestuur” is nie. * Ons sê swartmense kan nie bevoordeel word deur bloot van blankes te “vat” nie. Swartmense gaan nie bevorder word deur openbare items van andere soos standbeelde en kultuurikone af te breek nie. Die sleutel lê in die skepping van eie ikone wat die toets van die tyd kan deurstaan. * Die Afrikaner / Boer is ‘n volk in sy eie reg en ons wil nie onbepaald deur getalstirannie gedomineer word nie. Ons streef derhalwe na volle selfbeskikking. Dít is die waarheid omtrent die Afrikaner in die Suid-Afrika van vandag. Die drieledige vraag is: * Gaan die Afrikaner self sy regmatige plek in sy vaderland inneem en vir homself onder nuwe omstandighede ‘n nuwe toekoms uitbeitel? * Gaan die Afrikaner deur medelandgenote en deur die regering gegun word om ten volle en sonder diskriminasie sy bydrae tot die verdere ontwikkeling van SA te maak? * Gaan te midde van huidige stormagtige internasionale gebeure buite SA die mense van hierdie land die geleentheid en tyd hê om sy interne sake binne die raamwerk van wet en orde en die bestaande beskaafde staatsvorm uit te sorteer en aan te beweeg na ‘n stabiele land wat konstruktief bydra tot ‘n beter wêreldorde?

Gradeer die artikel
(2 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top