►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Herwaardering van dr. HF Verwoerd

Suidland Media (nie te verwar met die Suidlanders nie) het pas nuwe literatuur bekendgestel oor die lewe, persoon en betekenis van dr. HF Verwoerd.

In ‘n mediaverklaring sê Suidland Media o.a.: “Op Dinsdag 6 September 1966 om 14h15 het Dr H F Verwoerd, sesde Eerste Minister van SA, in die Volksraad gesterf na ‘n dolksteek van ‘n sluipmoordenaar. Nou, 50 jaar later, kan daar geen twyfel bestaan dat dit ‘n waterskeidingsgebeurtenis in die lewe van die Afrikanervolk was nie. Dit het ‘n einde gebring aan ‘n tydvak van ongeëwenaarde, groeiende prestasies op militêre, politieke, geestelike, ekonomiese en ander terreine sedert ons volk in die laat-agtiende eeu tot ‘n bewuswording van sy afsonderlike identiteit as ‘n volk gekom het.

“Terselfdertyd het dit ‘n halwe eeu van abdikasie en kapitulasie ingelui wat in sy spoed en intensiteit waarskynlik ook ongekend in die geskiedenis van volkere is. Daar kan ook geen twyfel wees dat, as dié proses toegelaat word om so voort te gaan, dit uiteindelik op die totale vernietiging van ons volk sal uitloop nie. As ons as 21ste eeuse Afrikaners die voortbestaan van ons volk wil verseker en ‘n toekoms vir ons kinders wil skep, is dit dus van kritieke belang dat ons die ware feite van die geskiedenis bemagtig en die regte perspektief daarop vorm.

“Winston Churchill, Britse Eerste Minister het by geleentheid gesê: Hy wat die diepste in die verlede inkyk, kan die verste in die toekoms insien. Die vyftigjarige herdenking van die sluipmoord op dr. Verwoerd bied aan ons die geleentheid daartoe.

“Deur die kollig te laat val op die ware feite oor dr. Verwoerd se lewe en die tydvak waarin hy geleef het, kan ons die valse beeld omtrent hom, wat ons as volk in ‘n valse staat van beskuldiging geplaas het ontbloot en vernietig. Sedert dr. Verwoerd se dood het daar ‘n hele nuwe geslag Afrikaners opgestaan wat in hulle lewe bykans niks goeds van hom gehoor het nie.

“Hierdie verwronge beeld van dr. Verwoerd moet nie alleen vernietig word nie; in die plek daarvan moet ‘n ware, lewensgetroue beeld van hom geskep word waardeur hy sy verdiende plek in ons galery van volksleiers kan inneem. Daar moet ook ‘n ware, feitegebaseerde geskiedenisbeeld geskep word waardeur ons volk weer sy selfrespek kan herwin, die wêreld as ‘n volk in die oë kan kyk en sy verantwoordelikheid opneem om ‘n toekoms vir sy nageslag te skep.”

Vir meer inligting, kontak Frikkie Strauss by Suidland Media by 022 913 2391 of 082 493 3785 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">.
As ‘n voetnota tot hierdie herwaardering van dr. HF Verwoerd kan gemeld word dat hoewel dikwels na hom verwys word as “die vader of argitek van apartheid”, dit interessant is om te let op die volgende geskiedkundige feite, veral omtrent die rol van die Britte in SA:

  •  In 1809 is die sg. Native Pass Law deur die Britse regering in die Kaap gepromulgeer om swart mense te dwing om ‘n pasboek te dra – Verwoerd was toe nog nie eens gebore nie.
  •  In 1865 het die Britse administrateur Sir Theophilis Shepstone swart mense in die provinsie van Natalia verbied om enige stemreg te hê – Verwoerd was toe ook nog nie eens gebore nie.
  •  In 1894 het Cecil John Rhodes ‘n gekleurde man, Krom Hendriks, verhoed om aan die nasionale kriekettoer na Engeland deel te neem – Verwoerd was toe een jaar oud.
  •  In 1905 het Rhodes skole in die Kaapprovinsie verplig om wit Britse en swart kinders te segregeer – Verwoerd was toe 12 jaar oud.
  •  In 1913 is d.m.v. die Britse Native Land Act 2 swart mense verbied om grond te besit – Verwoerd was toe 20 jaar oud en nog ‘n student.
  •  In 1925 het die Britse minister HW Sampson die Act on Labor Demarcation gepromulgeer waardeur ‘n onderskeid tussen blankes en swartes gemaak is – Verwoerd was toe 32 en nog nie in die politiek nie.
  •  In 1927 is die Immorality Act in die Britsbeheerde Natal gepromulgeer ten einde intimiteit tussen swart en wit te verbied – Verwoerd was toe 34 en steeds nog nie in die politiek nie.
  •  In 1936 is afsonderlike verteenwoordiging in die Parlement gepromulgeer deur die Britsgesinde gnl. Jan Smuts – Verwoerd was toe 43 en as koerantredakteur steeds nog nie in die partypolitiek nie.
  •  In 1945 het die Native Urban Area Act swartes verbied om langer as 72 uur in ‘n wit stedelike gebied te vertoef – Verwoerd was toe 52 en aan die begin van ‘n politieke loopbaan, maar nog nie in ‘n besluitnemingshoedanigheid in die Parlement nie.
  •  Die term “apartheid” is selde indien ooit deur Verwoerd gebesig, maar dit is wel deur dr. DF Malan gemunt.
  •  Tydens sy premierskap 1958-66 het Verwoerd die beleid van afsonderlike ontwikkeling geformuleer en aktief uitgevoer – wat hemelsbreed verskil van die negatiewe konnotasie van “apartheid”.

Dr. Verwoerd versinnebeeld tot ‘n groot mate die beste in die Afrikaner en sy geskiedenis en dit is noodsaaklik dat die ware beeld daaromtrent uitgedra word.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top