► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

In antwoord op ‘n medianavraag het prof. Nelus Niemandt, algemene moderator van die NG Kerk, gesê dat homoseksuele paartjies volledig in die kerlike lewe geïntegreer moet word, dat die huwelike van homoseksuele paartjies met die volle seën van die kerk voltrek moet word en dat homoseksuele NG predikante nie meer gedwing moet word om selibaat te leef nie. Niemandt word aangehaal dat hy gesê het: “My hoop is dat lesbiese, gay, biseksuele en transseksuele oriëntasies genormaliseer sal word binne die kerk.” Hierdie verklaring van Niemandt, hoewel nie direk daaraan verbonde nie, volg op die beslissing wat die Amerikaanse Hooggeregshof pas in die saak Obergefell v. Hodges met vyf regters daarvoor en vier daarteen geneem het dat huwelike tussen paartjies van dieselfde geslag in die VSA gewettig word. Dit word as ‘n waterskeidingsuitspraak in die Amerikaanse regsgeskiedenis beskou. Uit kommentare in die media sowel as op sosiale media blyk dit dat uitsprake soos die jongste van Niemandt die NG Kerk by ‘n kruispad gebring het wat betref die sienings van leidende figure, bepalings in die Bybel en wat as dwaalleer geld. Niemandt het onlangs ook gesê dat die Belhar-belydenis wel plek in die NG Kerk behoort te kry ondanks die feit dat dit kerkregtelik nie meer moontlik is om dit as ‘n belydenisskrif te aanvaar nie.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Go to top