► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

NGK bevestig homo’s in bediening

Die moderamen van die NG Kerk het pas onder voorsitterskap van ds. Nelis Janse van Rensburg besluit om die besluit van die Algemene Sinode in Oktober verlede jaar te bekragtig dat homoseksuele paartjies in die kerk in die huwelik bevestig mag word, dat homoseksuele verbintenisse erken word, dat homoseksuele predikante toegelaat word om verhoudings aan te knoop en dat homoseksuele predikante voluit in die bediening kan staan. Dit volg nadat ‘n groep van 11 lidmate, op grond van regsadvies ingewin, gedreig het om die NG Kerk te dagvaar oor die tussentydse besluit om die sinodebesluit van Oktober verlede jaar eers op te skort totdat meer duidelikheid en eenstemmigheid bereik kan word. Die moderamen het voorts besluit om in November vanjaar ‘n buitengewone sinode te belê spesifiek oor die homoseksuele kwessie. Met teenkantende verklarings oor die aanvaarding van homoseksuele praktyke wat ook al in die geledere van die NG Kerk gedoen is, kan verwag word dat die jongste besluit van die moderamen die Kerk onder ongeëwenaarde druk plaas.  

Gradeer die artikel
(0 stemme)

2 opmerkings

  • Piet Roodt - Vrydag, 25 Mei 2018

    As sekere predikante in die NG Kerk ontken dat daar n satan of n hel is, weet ons waarheen die kerk eintlik op pad is.
    Daar is ook teoloe wat Jesus se opstanding bevraagteken.
    In die lig hiervan is dit nie snaaks dat hulle homoseksualisme goedpraat nie. Daar is mense in die NG Kerk wat die Bybel anders verstaan as ons gewone sondaars.

    Report
  • Tinus Prinsloo - Vrydag, 07 Julie 2017

    Ek wonder of al ons NGK se lidmate die Bybel ten volle objektief begrypend en korrek toepas?

    Sal enige ware Afrikaanssprekende geestelike leier aan ons duidelik stel wat in die Bybel bedoel word waar dit in Romeine 1: 27 tot 32 geskryf staan. Al is ek as lid passief spreek vers 32 ook 'n oordeel oor my stilswyende aanvaarding ook uit?!!!

    Nou vra ek: die droogte in die Weskaap, meer immers Kaapstad en die vreeslike brandskade in Knysna of dit nie deel van God se toorn jeens ons stilswyende mense is om al die "Gay-huwelike" goed te praat nie?? Wreek GOD Homself nie uit in die plekke genoem oor byvoorbeeld die 17 homo-huwelike wat in Knysna in 2016 plaasgevind het nie??

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top