►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Christene span saam teen halaal-verpakking

Die tydskrif Juig! berig dat Christene in SA oor die grense van denominasies heen saamstaan teen die absurde massiewe bedrag wat Moslems nasionaal sowel as internasionaal maak uit die halaal-teken wat ongevraagd op bykans alle kosprodukte in die land verskyn. Volgens die berig maak Moslems amptelik slegs 2,6% van die SA bevolking uit, maar toenemend word halaal-verpakking op feitlik alle voedselprodukte op winkelrakke regdeur die land aangetref.

Hierdie halaal-handelsmerk voeg bykomende koste by vir die verbruiker en die inkomste gaan direk na die ondersteuning van Islamitiese gemeenskappe. Gevolglik begin Christene kragte saam te span teen hierdie verskynsel en bedryf en word die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van Kultuur-, Godsdiens- en Taalregte (KGT) oorval met boodskappe van Christene wat hierdie verskynsel sterk teenstaan op grond daarvan dat dit hul reg op vryheid van keuse skend.

Klagtes sluit ook in dat kopers gemanipuleer word om Islam te befonds sonder dat hulle daarvan bewus is. Sommige klaers voer aan dat die koop van halaal-gesertifiseerde voedsel Christene indirek dwing om aan die sharia-wet gehoor te gee en te betaal vir die vervolging van ander Christene in Moslem-lande, om die bou van moskees te finansier en selfs om finansieel by te dra tot terroristegroepe soos ISIS en Hamas.

Volgens syfers van Statistiek SA was daar in 2016 in SA 892 685 Moslems; 43,4 miljoen Christene; 5,9 miljoen mense sonder enige godsdiensaffiliasie; 2,4 miljoen tradisionele Afrika-godsdiensaanhangers; 561 268 Hindoes; 52 598 ateïste; 49 470 Jode en 32 944 agnostici. Dit beteken dat Moslems slegs 2,6% van die bevolking uitmaak.

Die halaal-bedryf in SA word geraam op R45 miljard en daar word geskat dat reeds tot 90% van alle voedselprodukte in die land halaal- gesertifiseer is.

Thoko Mkhwanazi-Xaluva, die voorsitter van KGT, het bevestig dat talle klagtes oor halaal-kosse ontvang is en dat die saak ondersoek word. Sy het bygevoeg dat selfs gebottelde water is halaal- of kosjer-gesertifiseer en sê: “As ek kosjer- of halaal-gesertifiseerde produkte aankoop, beteken dit dat ek ‘n ander godsdiens subsidieer. Ek betaal indirek vir iets wat nie my geloof is nie. Ons het hierdie beswaar met die Moslem Regterlike Raad opgeneem, terwyl ons in gesprek is met die Verbruikersraad.”

Gradeer die artikel
(1 Vote)

3 opmerkings

  • R van Staden - Maandag, 27 Julie 2020

    Dis tyd dat Christene wakker word!!
    Dankie vir die artikel

    Report
  • Janacift - Vrydag, 10 April 2020

    Buy Lasix Without Prescription [url=https://apcialisle.com/#]Cialis[/url] Cialis En France Prix Cialis Biomox Amoxicillin Liquid

    Report
  • Nico - Dinsdag, 25 September 2018

    Halal

    Hi daar ek is ook baie teen die halal kosse en wil net hoor of daar enige vordering gemaak word daarteen\

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top