Print this page

Die Thaba War Room

Te Thabazimbi is die Thaba War Room of ‘n geestelike oorlogskamer ingerig o.l.v. Gisela Joubert, met ‘n ope uitnodiging aan alle Christen-kerke en denominasies om saam deel te neem aan geloofsaksies, aanbidding en gebed. ‘n Belangrike doelwit is om mense te ondersteun wat persoonlike probleme en noodsituasies ondervind.  Hulle kan inkom vir berading waartydens ‘n Geesvervulde bidder hulle bystaan.

Daar word ook gereeld gebid vir Suid-Afrika en al sy uitdagings, asook vir Thabazimbi en omgewing.  Op 3 Maart vanjaar het gelowiges by al die ingange van Thabazimbi bymekaar gekom en gebid dat die poorte van die dorp gesluit word vir die vyand en dat, soos Dawid gedoen het in Psalm 24:8-9, die poorte van die dorp oopgemaak vir die Erekoning..

Vir 5 Mei word ‘n gebedsaksie in die vorm van ‘n deurnagmarathon beplan.  Die Thaba War Room is n geregistreerde, nie-winsgewende organisasie, toegang is gratis en bedieners is vrywilligers.  Donasies word gebruik om die huur van die kamers te betaal.  Die War Room is nie beskikbaar vir eredienste of funksies van ‘n spesifieke kerk of denominasie nie en is ook nie oop op Sondae nie.

Vir meer inligting, kontak Gisela by 078 855 4345.

Gradeer die artikel
(0 stemme)