► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►

Het hy hom opgestel in die middel van die stuk land en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat die HERE ’n groot oorwinning bewerk het. – 2 Sam 23:12

Sodat die hele aarde kan weet dat Israel ’n God het. – 1 Sam 17:46

Ebenhaéser: Tot hiertoe het die HERE ons gehelp. – 1 Sam 7:12

Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien. – Jos 24:15

Hulle het hul voor die aangesig van God gestel. – Jos 24:1

jy moet die Kanaäniet verdrywe, al het hy ysterwaens, al is hy sterk – Jos 17:18

Gee my dan nou hierdie bergland .... – Jos 14:12

Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan. – Jos 1:9

Omdat jy die HERE jou God nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie – Deut 28:47

TOE het God al hierdie woorde gespreek en gesê:

Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.

Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;

en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.

Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;

maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.

Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.

Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.

Jy mag nie doodslaan nie.

Jy mag nie egbreek nie.

Jy mag nie steel nie.

Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.

Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. – Ex 20:1-17

Sou iets vir die HERE te wonderbaar wees? – Gen 18:14

Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees. – Gen 17:1

En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken. – Gen 15:6

In sowel die hoofstroom as op sosiale media is groot onrus merkbaar oor die inhoud van ʼn skynbaar voortydig-gelekte wetsontwerp wat voorsiening maak vir skrapping van selfverdediging as rede vir ʼn vuurwapenlisensie. Trouens, die gevoel onder veral Afrikaners is dat die idee van skrapping van selfverdediging as ʼn rede vir die besit van ʼn vuurwapenlisensie, suiwer neerkom op ʼn poging tot ontwapening van die wetsgehoorsame segment van die burgery en dat so ʼn stap katastrofies sou wees.

Die gevoel onder wetsgehoorsame burgery word goed opgesom in ʼn mediaverklaring van Solidariteit wat o.m. soos volg lui: “ʼn Ontwapende burgery is totaal uitgelewer en dit terwyl die reg om ʼn mens se eie lewe te beskerm absoluut en ononderhandelbaar is. Ons durf dit nie eers oorweeg om ʼn aks te gee in dié verband nie. Die tyd het aangebreek om onredelik en onbeskaamd op normaliteit aan te dring.

“Die vakbond gaan eersdaags ʼn reuseveldtog van stapel stuur om die gelekte wetsontwerp met hand en tand te beveg, onder meer deur middel van massa-ondersteuning, petisies en internasionale bewusmaking. Burgers se reg om hul eie lewe te verdedig, is fundamenteel tot ʼn samelewing en in Suid-Afrika met sy absurde vlakke van geweldsmisdaad, is dit verregaande om burgers se reg op lewe in te perk.

“Alhoewel daar vrae rondom die status van die dokument mag bestaan, is dit vir ons so duidelik soos daglig dat dit ʼn voorgestelde wysigingswetsontwerp is, selfs al is dit tegnies gesproke nog nie een nie. As ʼn ding lyk soos ʼn eend, ruik soos ʼn eend en vlieg soos ʼn eend – dan is dit ʼn eend, al is dit nie op die oomblik op ʼn dam nie.

“Ons sal dit nie daar laat nie. Hier is waar ʼn mens die streep trek. ʼn Regering moet bang wees vir sy burgers, nie andersom nie.”

Volgens Minister van Finansies Tito Mboweni sal staatskuld teenoor BNP teen volgende jaar klim na 65% en sal slegs die rente op hierdie skuld R247,2 miljard per jaar beloop. Dit beteken dat die rente op staatsskuld meer is as wat aan veiligheid (R242 miljard), of ekonomiese ontwikkeling (R233,5 miljard), of gemeenskapsontwikkeling (R245,4 miljard) bestee word.

Die totale bedrag wat die staat in die huidige finansiële jaar moet leen om sy begroting te laat klop, is R230,3 miljard. Wat ook baie bydrae tot die verslegtende staatskuld, is die verswakkende waarde van die rand teenoor ander toonaangewende geldeenhede.

Volgens ʼn omvattende bevolkingstudie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) is daar ʼn bevolkingsverskuiwing onder Afrikaners aan die gang vanaf ongeveer 300 dorpe oor die land heen na sowat 30 dorpe en stede. Dié verskuiwing neem bykans die vorm van ʼn hedendaagse “Groot Trek” aan. Die studie kom tot die gevolgtrekking dat die groot uitdaging vir Afrikaners is nie soseer hulle getalle nie, maar veel eerder hul yl verspreiding.

Dit gee daartoe aanleiding dat Afrikaners byna orals in die noorde van die land ʼn minderheid met dieselfde probleme is. Die studie toon dat ʼn natuurlike konsentrasieproses aan die gang is, met mense wat vanself begin konsentreer op ‘ankerdorpe’ wat aan sekere maatstawwe vir volhoubaarheid voldoen.

Hoewel dit kommerwekkend is dat die meeste kleiner dorpe in die land so agteruitgaan dat mense die dorpe verlaat, maak die groter konsentrasie op hierdie 30 plekke beter dienste en groter getalle vir bv. die daarstelling en bedryf van Afrikaanse skole moontlik. Die voordeel is dat meer as 80% van die bykans 500 000 lede van die Solidariteit Beweging in en om hierdie ankerdorpe woon en werk, aldus die SNI studie.

Die volgende is die 30 dorpe wat vir verdigting deur blankes/Afrikaners geïdentifiseer is (volgens hul doopname): Pretoria, Oos-Rand, Kaapstad, Port Elizabeth, Bloemfontein, Krugersdorp, Klerksdorp, Rustenburg, Middelburg, Secunda, Nelspruit, Durban, Welkom, Potchefstroom, George, Pietersburg, Paarl, Meyerton, Sasolburg, Naboomspruit-, Warmbad-, Nylstroom-area, Heidelberg, Richardsbaai, Ermelo, Bethlehem, Margate, Upington, Tzaneen, Kath en Orania.

Lees die volledige verslag hier

Nadat Minister van Arbeid Mildred Oliphant redelik onlangs nog ʼn minagtende houding gehad het jeens die bevindings van die MRK oor regstellende aksie, het sy nou skynbaar van mening verander en voel moontlik dat die toepassing van regeringsbeleid rakende RA ongrondwetlik is en dat die regering hierdie bevindings behoort om te keer. Volgens haar “sukkel” die regering met die MRK aangesien laasgenoemde “twyfel saai” oor die grondwetlikheid van die Wet op Billike Indiensneming.

Oliphant het haar departement nou opdrag gegee het om die bevindings van die MRK te bestudeer met die oog daarop om arbeidswetgewing positief aan te pas in ooreenstemming met die bevindings van die MRK. Gevolglik sê die VF-plus in ʼn mediaverklaring dat vertrou word dat die minister die MRK-aanbevelings sal aanvaar en die nodige verstellings sal aanbring om te voldoen aan internasionale voorskrifte rakende RA, veral in bedrywe waar die mikpunt van regstelling reeds bereik is, soos in die staatsdiens.

Howel die werklike syfers omtrent Eskom nie vir die publiek duidelik uitgespel word nie, lyk dit asof die werklike prentjie min of meer soos volg daaruit sien: Eskom sit tans met ʼn totale skuld van R400 miljard, waarby nog gevoeg moet word die R70 miljard wat benodig word om die Medupi kragstasie te voltooi en R60 miljard om Kusile kragstasie te voltooi. Op sy begroting van verlede jaar kort Eskom nog R58 miljard en hiervoor het dit tot op datum lenings van R35 miljard vasgemaak – R33 miljard van China en R2 miljard van African Bank.

Dus lyk dit of dit die lank en kort van die nasionale kragvoorsiener is.

Bladsy 10 van 96
Go to top