► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Die liedere wat ons sing

Voorheen het ek geskryf dat ek steeds ‘n lied het om te sing. Vandag wil ek uitwys hoe dikwels God tye van trane, hartseer en verdriet gebruik het om sommige liede aan ons te gee. Verskoon asseblief die talle Engelse aanhalings. Gedurende die tydperk 1871 – 1873 het Horatio Spafford menigte verliese gely. Eers het sy seun gesterf. Kort daarna het hy meeste van sy eiendomme verloor in die groot Chicago brande. Toe verloor hy al vier sy dogters tydens ‘n ramp op see. Terwyl Horatio na sy vrou Anna onderweg was het hy die lied “It is well with my soul” geskryf. When peace, like a river, attendeth my way, When sorrows like sea billows roll; Whatever my lot, Thou hast taught me to say, It is well, it is well with my soul. It is well (it is well), with my soul (with my soul), It is well, it is well with my soul. Charles Wesley en sy broer John was die stigters van die Methodiste kerk. In 1740 wou ‘n kwaai skare hom stilmaak. Hy het eers in ‘n boer se melkkamer geskuil. Later het die boer se vrou hom onder ‘n boomstruik heining versteek omrede sy bang was dat hul hom sou vind. Terwyl hy in lewensgevaar was, het hy die lied “Jesus, Lover of My Soul” geskryf. Jesus, lover of my soul, let me to Thy bosom fly, While the nearer waters roll, while the tempest still is high. Hide me, O my Savior, hide, till the storm of life is past; Safe into the haven guide; O receive my soul at last. Eerwaarde Thomas Dorsey was besig om ‘n diens waar te neem toe hy nuus kry dat sy vrou gesterf het terwyl sy geboorte gegee het. Skaars 24 uur later het die baba ook gesterf. In sy tye van hartseer en verdriet skryf hy die lied “Precious Lord, Take My Hand” Precious Lord, take my hand, Lead me on, let me stand, I am tired, I am weak, I am worn; Through the storm, through the night, Lead me on to the light Lawrence Chewning se vader het in 1992 gesterf. Hy self het gesondheidsprobleme ervaar terwyl die kerk besig was om op te breek. Terwyl hy self moeg en mismoedig was het sy vrou haar derde miskraam beleef. In hierdie tyd het hy die lied "The Anchor Holds" geskryf. Die lied is later bekend gemaak deur die bekende Ray Boltz. The anchor holds, though the ships been battered. The anchor holds, though the sails are torn. I have fallen on my knees as I face the raging seas. The anchor holds in spite of the storm. Gedurende die 1970’s het Colbert Croft en sy vrou Joyce moeilike tye beleef. Een nag terwyl hy moeg en aleen was het hy die lied “I can’t even walk without You holding my hand” geskryf. I can’t even walk without You holding my hand. The mountain’s too high and the valley’s too wide. Down on my knees, I learned to stand. And I can’t even walk without You holding my hand.” Ek weet nie waardeur U gaan of watter probleme U in die gesig staar nie. Maar ek weet dat God ook U situasie kan gebruik om in U aan ‘n nuwe lied gestalte te gee. Maar selfs al is U nie ‘n liedjieskrywer nie, kan God steeds in U binneste werk. Hy kan in U ‘n lied, ‘n verhaal of selfs ‘n getuienis plaas. Moenie toelaat dat U situasie U onder kry nie maar laat eerder toe dat die Here U situasie gebruik tot Sy eer. Laat ons onself in God verbly. (Filippense 4:4) Laat ons bly wees want die Here van die leërskare is met ons (Psalm 46:7, 11)
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top