► Abel Sithole as uitvoerende hoof van die Government Employees’ Pension Fund (GEPF) getuig voor Mpati-kommissie dat ʼn “belegging” van R4,3 miljard sonder sy medewete gemaak is uit die GEPF na die firma Ayo Technologies van omstrede Iqbal Survé; blykbaar kan of wil Ayo dit nou nie terugbetaal nie ► Mynmaatskappy Rio Tinto het sy Rössing Uraanmyn in Namibië, in produksie sedert 1976 en wat tans jaarliks sowat 4,6 miljoen pond uraan lewer, verkoop aan die China National Uranium Corporation (CNUC) vir $106,5 miljoen; Rio Tinto het sedert 2017 beleggings van $11,2 miljard uit Namibië onttrek ► Nuwe Minister van Water, Sanitasie en Menslike Nedersettings Lindiwe Sisulu sê in Parlement skade in die departement weens korrupsie en wanbestuur is feitlik “onmeetlik” en dat drastiese omdraaistrategie dringend nodig is ► Munisipaliteite skuld die nege waterrade en Dept. van Water R14 miljard vir waterdienste gelewer ► Adjunk-minister van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Mcebisi Skwatsha sê in Parlement dat onteiening sonder vergoeding binnekort ʼn werklikheid gaan wees, “maar onwettige grondgryp nie toegelaat sal word nie” ► Vrystaat Landbou sê massiewe armoede in Lesotho bedreig wet en orde in Vrystaat en dat dit verskillende tipes misdaad in die provinsie veroorsaak ► Volgens verslag van PwC is vergoeding van ʼn uitvoerende hoof van mynmaatskappy in SA gemiddeld sowat R16,8 miljoen per jaar en dié van ʼn finansiële hoof sowat R6,9 miljoen per jaar ► Projek VatVyf gebaseer te Orania benodig borgskap vir twee behoeftige blanke leerlinge in Bloemfontein wat as prefekte gekies is om einde vanjaar elkeen ʼn oriënteringskamp by te woon – R1 000 vir seun in hoërskool en R500 vir dogter in laerskool – kontak projekvatvyf@gmail.com of 082 773 2150 ►

Praktiese geloofslewe

Die Christelike lewe begin by die getuienis oor Jesus as die Verlosser. Ons leef die Christelike lewe deur te getuig van sy lewende teenwoordigheid by ons deur sy opstanding en deur te vertel van die impak daarvan op alle fasette van ons lewe.

Getuienis is hoe ons Jesus se Groot Opdrag (Matt 28:20) uitvoer. Dit is hoe ons die hele wêreld bereik (Hand 1:8). Dit sluit in dat ons die werklikheid van Jesus se opstanding en teenwoordigheid sal verkondig; dat ons grense na mense wat anders as ons glo, sal oorsteek om ons geloof met hulle te deel – altyd met ’n diep respek vir hulle verstaansraamwerke; dat ons reis saam met Christus dikwels die aanknopingspunt vir ons getuienis sal wees, en dat ons gasvry sal wees in ons lewe saam met ander mense.

Hier is ’n paar uitdagings vir praktiese geloofslewe:

Skryf op ’n bladsy neer wat jou vandag getref het in jou stiltetyd. Kies iemand wat ’n oortuigde gelowige is en gaan deel dit met hom of haar.

Skryf op ’n bladsy neer wat jou ervaring van Jesus Christus die afgelope jaar was. Deel dit met ’n goeie vriend of vriendin of met iemand wat saam met jou in die gemeente is.

Trek op ’n bladsy vir jou ’n lewenslyn en merk die hoogtepunte en laagtepunte van jou reis met die Here daarop. Deel dit met iemand wat jy vertrou.

Begin bid vir iemand wat nog nie die blydskap van ’n verhouding met Jesus ontdek het nie. Dink aan iemand by jou werk, in die gemeenskap of selfs in jou vriendekring.

Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verby gegaan, kyk, dit het alles nuut geword. ( 2 Kor. 5:17)

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top