► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►
  • Johan Terblanche, Christ Alone Ministries

Die wêreldbekende prediker Charles Spurgeon het aan 'n student gesê: "Maak nie saak waar jy in Engeland is nie, jy sal altyd 'n pad na Londen vind." Hy het voortgegaan om te verduidelik dat maak nie saak uit watter vers in die Bybel jy preek nie, daar is ‘n pad na Jesus Christus.

Ek wil jou aanmoedig deur hierdie illustrasie te gebruik: "Maak nie saak waar jy in Engeland is nie, jy sal altyd 'n pad na Londen kry." Net so, ongeag waar jy jouself bevind, daar  is 'n pad na Jesus. 

Ons is almal in verskillende plekke of in verskillende ruimtes. Party van ons het in sonde verval of groot foute gemaak. Iemand het dalk gesteel, gelieg of geskinder.

'n Getroude persoon was dalk ontrou aan sy of haar gade en het hom of haar dalk bedrieg. 'n Ander mag dalk geskei gewees het of 'n vrou het 'n aborsie ondergaan.

Maar ongeag van wat jy gedoen het, ongeag van die foute wat jy gemaak het of die sonde wat jy gepleeg het, daar is 'n pad terug, 'n pad wat lei tot Jesus Christus en die ewige lewe. Maar op hierdie pad is daar 'n paar stoppe om te maak; ‘n paar kruisings wat gekruis moet word. 

Die eerste ding wat die Here van ons verlang, is om opregte berou te toon. Dan wil die Here hê dat ons tot Hom moet kom en Jesus Christus as Verlosser moet erken, moet bekeer van ons sondes en God se genadige vergifnis aanvaar. (Lees 1 Johannes 1:9 en Handelinge 2:38-39)

Jy sal ook diegene wat teen jou gesondig het, moet vergewe. Jy sal hul moet vryspreek. (Kolossense 3:13) En as dit voel asof jy dit nie kan doen nie, kan jy die Here vra om in te gryp, om jou die krag en moed te gee om te doen wat die Here van jou vra.  

Jesus Christus wat was en is en wat kom, is nog steeds binne bereik. As ons net bereid is om ons sondige weë of sondige natuur neer te lê en toelaat dat God in ons kom woon of bly. 

Waarom gee jy nie die Here vandag 'n kans nie? 

Nou mag sommiges sê: "Ek het reeds my lewe aan Jesus gegee!" Vir jou sê ek: "Wel gedaan!"

Maar laat ons ons onsself daagliks aan die Here oorgee. Moet nooit toelaat dat sonde 'n wig vorm tussen die Here en ons of toelaat dat sonde ons vrymoedigheid om God te nader van ons wegneem nie. Amen. 

Benodig jy gebed of Bybelse leiding?  Kontak ons deur 'n epos te stuur aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top