►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Godsdienstig of wedergebore?

Vriende, soveel mense verstaan nog nie die verskil tussen godsdienstigheid en wedergeboorte nie. Ek wil vir u n kort bewys uit die Woord van God gee van wat die verskil is.

Ons lees in die boek Handelinge dat Saulus, later Paulus, ʼn kragtige godsdienstige was in die Joodse wettiese geloof. Soveel so dat Saulus, later Paulus, sy godsdienstige oortuigings gebruik het om Jesus Christus en die vroeë kerk / Christene te vervolg.

Deur hierdie vervolging was Saulus, later Paulus, ook verantwoordelik vir die steniging (dood) van die Christen Stefanus omdat Saulus gedink het hy doen God se wil. Net soos Jesus gesê het in Joh. 16:2 - Daar kom selfs ʼn tyd dat elkeen wat een van julle doodmaak, sal dink dat hy n diens (daad) aan God bewys.

Vriende, hier word nie verwys na goddelose ongelowiges nie, want ‘n goddelose ongelowige bewys nie ʼn diens (daad) aan God in wie hy glo nie. Hier word verwys na die Joodse wettiese godsdienstiges wat wedergebore kinders van God vermoor soos wat Saulus gedoen het.

Wat is die verskil?

  1. Die Godsdienstige Saulus het wedergebore Christene vervolg en doodgemaak. Die wedergebore Paulus pleit en bid dat godsdienstiges geestelik moet sterf sodat hulle as wedergebore Christene kan leef.
  1. Die Godsdienstige Saulus het gedink hy bewys aan God ‘n diens (guns) om Christene te vervolg en dood te maak.(Godsdienstige maak dood, wedergeborene leer lewe.)

Die wedergebore Paulus weet nou verseker dat hy God ‘n diens (daad) bewys deur mense na Jesus toe laat bekeer en nie meer doodmaak en vervolg nie. (Godsdienstige dink - Wedergeborene weet.)

  1. Die godsdienstige Saulus laat die wedergebore Stefanus stenig om die nuwe verbond te probeer stop. Die wedergebore Paulus word die draer en verkondiger van die nuwe verbond Evangelie wat hy eers deur sy godsdienstigheid wou stop. (Godsdienstige Saulus was anti-Christelik - wedergebore Paulus is pro-Christus.)
  1. Die godsdienstige Saulus was onderwerp aan die Joodse wettiese godsdiens, die wedergebore Paulus het hom onderwerp aan God en Sy wil.

(Die godsdienstige volg ‘n Godsdiens - die wedergeborene volg Christus, die Here.)

Die verskil is dus:

Die dood is in Godsdiens, die lewe is in wedergeboorte.

Die vraag is, wie is jy: Saulus of Paulus?

Seëngroete

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top