► Met meer as 80% van stemme getel in die verkiesing, staan nasionaal die ANC op sowat 57%, DA 22%, EFF 10%, IVP 3% en VF Plus 2,5%, met die res in bondel agterna ► Wat provinsies betref, is ANC loshande top in agt van die nege, met die Wes-Kaap wat steeds onder DA bly ► Algemene patrone op hierdie stadium is dat die ANC redelik gevaar het ten spyte van skandes van staatskaping en die gemors waarin die land gedompel is; DA het nie aan verwagtinge voldoen nie en is waarskynlik grootste verloorder om verskeie redes; IVP, VF Plus en EFF het almal hul mindere steun feitlik verdubbel, grootbek BLF heeltemal uit die bus met slegs sowat 8 000 stemme in totaal ► Kleiner partye maak groot bohaai oor bedrog met stemmery in die verkiesing, maar OVK sê ná deeglike ondersoek is weinig stawende bewyse gevind; luister bv. na hierdie stemgreep van Front Nasionaal en vorm jou eie mening ► Alliance Defending the Autonomy of Churches in SA (AdacSA) vandag in Pretoria se hooggeregshof vir saak om outonomie van kerke en godsdiensvryheid in SA te verdedig ► Zondo-kommissie hoor oor Transnet dat finansiële hoof van die maatskappy het mag gehad om kontrakte en tenders van tot R1 miljard alleen toe te ken ► MTN, een van die boikotters van Steve Hofmeyr, verloor in eerste kwartaal vanjaar meer as 1,3 miljoen kliënte ► Oor wie die beste skolerugbyspan in die land is, word môre in Bloemfontein bepaal wanneer Grey Kollege en Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) mekaar pak ►

Waaghalsige Dawid

“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees …” Handelinge 1:8

"Wie is hierdie heiden, hierdie Filistyn, nogal dat hy die linies van die lewende God verkleineer?” (1 Samuel 17:26) Hierdie was die woorde van 'n jong skaapwagter wat besef het dat Goliat, die groot vegter van 'n heidense leër, God beledig en hy was ontsteld dat die Israeliete te bang was om teen hom te veg.

Alhoewel nog jonk, het Dawid 'n passie vir God gehad en het hy reeds geleer om, daar waar hy sy vader se skape opgepas het, op God te vertrou vir beskerming. Sy eerste dapper daad was om aan te bied om teen die reus te gaan veg, en sy tweede was om te kies om nie die wapenrusting aan te trek vir die geveg teen Goliat nie.

Dawid het gesê: “Die Here, wat my gered het uit die kloue van die leeu en uit die kloue van die beer, Hý sal my red uit die mag van hierdie Filistyn.” (1 Samuel 17:3437)

Watter wonderlike woorde van geloof is hierdie nie! Aangevuur deur die Gees, berei Dawid homself voor vir die geveg deur klippies in die spruit uit te soek. Toe het hy teen Goliat gaan veg slegs gewapen met sy kierie, 'n slingervel en vyf gladde klippies. “Jý kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het.” (1 Samuel 17:45)

Wat ons hier sien, is 'n geval waar God weer eens deur die krag van sy Heilige Gees in die lewe van 'n gewone mens werk om deur sy godgegewe talente iets buitengewoons te kan doen. Ons kan ook standpunt inneem en die Heilige Gees toelaat om ons te verander.

Gebed: Genadige Vader, help my om op dieselfde waaghalsige manier as Dawid 'n kanaal vir u Gees te wees sodat ek waarlik van U kan getuig. Help my om nie vir die Goliats van die lewe bang te wees nie, maar om standpunt teen hulle in te neem. Ek bid dit in u groot en magtige Naam. Amen

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top