► Met meer as 80% van stemme getel in die verkiesing, staan nasionaal die ANC op sowat 57%, DA 22%, EFF 10%, IVP 3% en VF Plus 2,5%, met die res in bondel agterna ► Wat provinsies betref, is ANC loshande top in agt van die nege, met die Wes-Kaap wat steeds onder DA bly ► Algemene patrone op hierdie stadium is dat die ANC redelik gevaar het ten spyte van skandes van staatskaping en die gemors waarin die land gedompel is; DA het nie aan verwagtinge voldoen nie en is waarskynlik grootste verloorder om verskeie redes; IVP, VF Plus en EFF het almal hul mindere steun feitlik verdubbel, grootbek BLF heeltemal uit die bus met slegs sowat 8 000 stemme in totaal ► Kleiner partye maak groot bohaai oor bedrog met stemmery in die verkiesing, maar OVK sê ná deeglike ondersoek is weinig stawende bewyse gevind; luister bv. na hierdie stemgreep van Front Nasionaal en vorm jou eie mening ► Alliance Defending the Autonomy of Churches in SA (AdacSA) vandag in Pretoria se hooggeregshof vir saak om outonomie van kerke en godsdiensvryheid in SA te verdedig ► Zondo-kommissie hoor oor Transnet dat finansiële hoof van die maatskappy het mag gehad om kontrakte en tenders van tot R1 miljard alleen toe te ken ► MTN, een van die boikotters van Steve Hofmeyr, verloor in eerste kwartaal vanjaar meer as 1,3 miljoen kliënte ► Oor wie die beste skolerugbyspan in die land is, word môre in Bloemfontein bepaal wanneer Grey Kollege en Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) mekaar pak ►

Vergeet en kyk vir iets nuuts

Reenval in Suid Afrika Reenval in Suid Afrika

Vergeet en kyk vir iets nuuts

Om mee te begin, daar het in die meeste dele van ons land wonderlike reëns geval, groot uitkoms is verkry en is sommer die hele atmosfeer positief. Mense het ernstig gebid vir die droogte en dit word vertrou dat met die uitkoms van die reëns wat God gegee het, dankbaarheid met ewe groot erns uitgeleef sal word.
Vir die pad vorentoe, kom ons let op die volgende in die Woord soos in Jesaja 43:18-19: Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.
Kom ons maak gerus elkeen hierdie belofte van die Here ons eie – persoonlik, vir ons huwelike, vir ons gesinne, vir ons laer, vir ons land en vir die Kerk van die Here op aarde.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top