Print this page

Vervolging van Christene

Geopende Deure berig dat Islamitiese onderdrukking die grootste bron van vervolging bly in die 2017 Wêreldwaarnemingslys (WWL), veral in lande in die Midde-Ooste en Noord-Afrika. Daar is ook 'n algemene toename in die graad van vervolging regoor 'n meerderheid van die Asiese lande, as gevolg van 'n toename in verdraaide nasionalisme. Weereens bo-aan die lys is Noord-Korea, met Somalië net een punt agter in die tweede plek. Boeddhistiese nasionalisme het Sri Lanka terug in die top-50 geplaas in die 45ste posisie. Pakistan in plek 4 is in die hoogste posisie ooit, met vlakke van geweld wat selfs noordelike Nigerië oortref. Lees verder: https://www.opendoors.org.za/afr/vervolgde_christene/wwl_tendense/
Gradeer die artikel
(0 stemme)