Die tydskrif Juig! berig dat daar in China skielik nie meer Bybels via die Internet te koop is nie, omdat die regering sogenaamd ‘n nuwe vertaling wil hê wat hulle as geskik ag. ‘n Paar Nederlandse sendelinge in die land het die afgelope dae probeer om hul voorraad Bybels aan te vul, maar was onsuksesvol.
Die nuwe maatreël word as in pas beskou met die beleid van pres. Xi Jinping, wat godsdiensvryheid wil inperk en nie meer buitelandse invloed wil duld nie. Na berig word gaan die Chinese Ministerie van Godsdienstige Sake hom oor die volgende vyf jaar beywer vir ‘n nuwe vertaling en interpretasie van die Bybel wat “beter pas by die Chinese konteks, sosialisme en Chinese tradisie.”