► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►

Vervolging van Christene wêreldwyd

Volgens die bediening Geopende Deure duur die vervolging van Christene wêreldwyd in talle lande sterk voort en word elke maand gemiddeld 255 Christene vermoor, 104 ontvoer, 160 aangehou sonder verhoor, word 180 Christenvroue verkrag of in huwelike ingedwing en word 66 kerke aangeval. As sulks is dit die godsdiens in die wêreld wat die meeste en die ergste vervolg word.

Die totale aantal Christene wat jaarliks onder vervolging gebuk gaan, is moeilik vasgestel te word, maar word geraam op tussen 215 miljoen en 400 miljoen.

Die volgende is 'n getuienis in die jongste nuusbrief van Geopende Deure:

“Hussein (skuilnaam) het honderde Moslems in Afrika na die Here gelei, maar staar felle vervolging in die gesig as gevolg hiervan. Hy vertel: Dinge het so gevaarlik geraak dat ek vir 21 dae in die bosse moes leef. Ek het geen kos of water gehad, buiten wat ek kon vind nie. Steeds volhard Hussein daarin om die Evangelie te verkondig. En wanneer gevra word wat hy nodig het, antwoord hy vinnig deur te vra vir gebed en digitale kopieë van die Bybel.

“Hussein verduidelik verder: Op ʼn keer het ek 66 mense dissipel. Ek kan nie 66 harde kopieë van die Bybel dra nie,  maar ek kan 66 SD-geheuekaarte dra. Ek het aan elkeen van hulle ʼn digitale kopie van die Bybel op ʼn SD-kaart gegee. Daardie 66 mense het sedertdien 230 ander na Christus gelei!

“Tallose broers en susters soos Hussein, betaal die duurste prys vir hul geloof elke dag. Bid asseblief vir hulle.”

Ondersteun vervolgde Christene d.m.v. Geopende Deure by hul webwerf www.opendoors.org.za.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top