► Volgens SA in Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) toon jongste misdaadstatistiek vir SAPD tesame met vorige statistiek dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 moorde gepleeg is en 1 miljoen verkragtings ► Prof. Rudolph Zinn van Unisa sê uit navorsing blyk dit dat van die misdadigers voer tot 107 misdrywe uit voordat hulle gearresteer word ► Solidariteit Netwerk loods nuwe Sol-Tech kampus in Pretoria teen koste van R300 miljoen, sal huidige kampus vir 1 200 studente verdubbel en sal na verwagting deure open in Januarie 2021 ► Kyk by hierdie video hoe top bevelvoerders van SA Vloot en Lugmag in Parlement getuig hoe vloot en lugmag op rand van ineenstorting is ► Vrou (55) in Oos-Vrystaat gisteraand terwyl sy gebad op ‘n plaas aangeval en verkrag, aanvaller vlug en niks gesteel nie ► Op die Economic Freedom of the World (EFW) 2019 verslag val Suid-Afrika 54 plekke na nr. 101 uit 162 lande, vanaf plek 47 in 2000 – volg hierdie skakel vir meer inligting ►Dit lyk of Britse premier Boris Johnson ‘n deurbraak met Brexit kan maak na ooreenkoms oor grensbeheer met Ierse Democratic Unionist Party (DUP) ► Voormalige Bok-afrigter Peter de Villiers sê hy gaan nie Springbokke vanjaar by Wêreldbeker ondersteun nie, omrede vroeëre betrokkenheid van Eben Etzebeth by onderonsie met twee bruin mense in Langebaan ►
×

Waarskuwing

JUser: :_load: Kan nie gebruiker laai met id: 68

Onmenslike vervolging van Christene

Die volgende aanhaling uit ‘n persoonlike nuusbrief van broer Andrew, stigter van Geopende Deure spreek vanself: “Ek is byna 90 en ek het die grootste gedeelte van my lewe op reis die wêreld oor spandeer om vervolgde gelowiges te bemoedig en te versterk. Ek het baie dinge gesien! Maar ek het nog nooit erger vervolging gesien as wat tans in die Midde-Ooste plaasvind nie. “Daar is ‘n voorbedagte aanval op die Kerk met die doel om dit te vernietig. Vir die eerste keer voed Geopende deure, deur plaaslike vennote en kerke, 25 000 Christenfamilies elke maand net om hulle aan die lewe te hou. As ons nie voedselpakkies beskikbaar stel in Sirië en Irak nie, sal mense sterf, of moet emigreer net om te oonleef. “Dit is ook die eerste keer wat ons aan so baie getraumatiseerde Christene aandag gee. Weens die ontvoerings, kapings, moorde en verkragtings, worstel mense emosioneel en geestelik - en sommiges neem hul eie lewens. Ons neem meer traumaberaders in diens en lei ook meer op as ooit vantevore. Geopende Deure het dié situasies en die omvang daarvan nog nooit vantevore beleef nie. Nie in 60 jaar se bediening nie! “Die vlak van wreedaardigheid is absoluut boos. Toe IS-militante Sinjar in Irak binnegeval het, het hulle die Yazidi-mans in ‘n ry Iaat staan, doodgeskiet en met ‘n stootskraper in ‘n massagraf ingestoot. Daarna is 5 000 vrouens en kinders geneem en as seksslawe by die markte in IS-grondgebied verkoop. Cala was onder hulle. Sy’s net 11 jaar oud en is herhaaldelik deur IS-militante verkrag. Sy het haar lang swart hare afgesny om minder aantreklik voor te kom. Genadiglik het Cala ontsnap en hulp by ‘n sentrum vir getraumatiseerde meisies gekry. Sy is herenig met haar ma en susters, wat ook ‘n jaar in slawerny deurgebring het. Haar ma het nou ‘n babaseuntjie na haar tyd in gevangeneskap. “Vir Cala, haar familie, en duisende ander gelowiges, is die teëspoed nog nie verby nie. Die lrakse gemeenskap word meer Islamities, en Christene is onder geweldige druk - veral Gelowiges vanuit ‘n Moslemagtergrond. Dis byna onmoontlik om enige vorm van kerklewe te handhaaf, en feitlik die hele Christelike gemeenskap het verdwyn uit groot dele van Irak. “Meer as 140 000 lrakese leef in moeilike omstandighede as vlugtelinge. Hulle weet nie wanneer - en of - hulle ooit sal kan terugkeer huis toe nie. U voorbidding en ondersteuning sal gelowiges soos Cala help oorleef - beide fisies en geestelik - deur hulle te voorsien van dringende kos, klere, mediese sorg, traumaberading, Bybels, dissipelskap en bemoediging.” Vir meer besonderhede, besoek www.opendoors.org.za.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top