► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►

Vervolging van Christene in Noord-Korea

Die onmenslike vervolging van Christen-gelowiges in Noord-Korea is pas grafies in ‘n inligtingsbrief van die uitvoerende direkteur van Geopende Deure in Suid-Afrika, Jan Gouws, aan die lig gestel. Hoewel die verskriklike lot van mense in Noord-Korea bekend is, gryp die realiteit soos wat dit in hierdie brief oorgedra word, ‘n mens, veral Suid-Afrikaners vir wie relatiewe vryheid en vryheid van aanbidding vanselfsprekend is, aan die hart. Die inhoud van die brief, gerig aan ondersteuners van Geopende Deure wêreldwyd, spreek die duidelikste indien dit soos volg direk aangehaal word: “Ek het slapelose nagte oor die wrede berigte uit Noord-Korea. Christene tereggestel as gevoIg van hul geloof. Geforseerde aborsies. Ondenkbare marteling in die tronk. Hele dorpe wat honger ly. “Geopende Deure se skuilhuise in China ontvang’n konstante stroom van Noord-Koreaanse vlugtelinge – 1 850 in 2014 alleen - wie hul lewens waag om veiligheid, voedsel en dissipelskap te bekom. “Aan die Noord-Koreaanse kant van die grens, skiet wagte enigeen wat probeer ontsnap. Aan die Chinese kant, rapporteer dorpenaars verdagte persone aan die owerhede, wat hulle dan terugstuur na Noord-Korea waar hul gevangeneskap of teregstelling in die gesig staar. “Tog, daag vlugtelinge steeds op omdat hulle desperaat is - op wyses wat u en ek onsself nie kan indink nie. Hulle is desperaat vir hulp en dat iemand vir hulle sal omgee. “Kim Mi-ran (nie haar regte naam nie) het die grens gekruis na China en Jesus geleer ken by ‘n skuilhuis. Maar sy is in hegtenis geneem deur die polisie, teruggestuur na Noord-Korea en tot drie jaar van ‘heropvoeding deur middel van arbeid’ gevonnis. Sy deel haar storie... ‘Met my aankoms by die tronk, is my naam deur ‘n nommer vervang. Elke oggend teen 8 vm het die wagte met ondervraging begin. Hulle het my vir ure geskop en geslaan. Ek het voortdurend tot God gebid vir krag. Kos is skaars voorsien, en sou ons ‘n rot of ‘n padda gevang het om te eet, het die wagte ons ‘n ete ontneem.’ “Anders as talle ander gevangenes, het Mi-ran haar gevangeneskap oorleef. Na haar vrylating het sy na China ontsnap en uiteindelik Suid-Korea bereik. ‘Dit is ‘n wonderwerk dat ek vry is en ek is so dankbaar. Maar ek verlang na my twee seuns in Noord -Korea en my dogter - sy het ontsnap, maar ek weet nie waar sy is nie. Ek ervaar steeds borspyne en spysverteringsprobleme, en ek is doof in my een oor as gevolg van die loesings. Ek ervaar ook verskriklike nagmerries oor die tronk en diegene wat steeds daar ly.’ “Na skatting word 50 000 tot 70 000 gelowiges tans grusaam mishandel in bewaarplekke, tronke en strafkampe in Noord-Korea. ‘n Voormalige gevangene het ons vertel dat chemiese wapens op baie Christengevangenes getoets word. Hy het gesê... ‘Christene word spesifiek gekies vir hierdie toetse. Mans, vroue en kinders word op die wreedaardigste wyses om die lewe gebring, als om te bepaal watter wapens die effektiefste is om mense mee dood te maak.’ “’n Voormalige tronkbewaarder bevestig dié verslag en sê dat hy bewus was dat toetse uitgevoer is in ‘n ondergrondse fasiliteit. ‘Dit was nie net ‘n tronk nie,’ verduidelik hy. ‘Hulle het chemiese eksperimente op lewende mense uitgevoer. Baie gevangenes is gestuur, maar niemand het lewendig uitgekom nie.’ “Buiten diegene wat verkwyn in die eindelose tronksisteem, is ‘n verdere 40 000 Christene ‘verban’ na geïsoleerde dele van die land. Chin-Hwa (nie haar regte naam nie) verduidelik... ‘My ouers was geheime gelowiges, en toe ons geloof ontdek is, is ons verban na ‘n afgeleë dorpie wat ons belet is om te verlaat. Ons het geen geld vir ons handearbeid ontvang nie en bykans geen voedselrantsoene nie. ‘Wanneer jy verban word, het jy geen kontak met die gemeenskap, geen onderrig en geen hoop vir ‘n beter lewe nie. Jy werk onder gevaarlike omstandighede in myne, berge en woude. Dit is ‘n aaklige straf - maar my familie het nog nooit vir Jesus verloën nie, selfs nie tydens hierdie onmenslike vervolging nie.’ “Geopende Deure het verskeie skuilhuise in China waar vlugtelinge weer hul kragte kan herwin en hulle toegerus word om die Evangelie terug te neem na Noord-Korea, sou hulle kies om dit te doen. Ons het ook tonne noodleniging afgelewer, asook Bybels, Bybelse opleiding, Christen-radioprogramme en onderrigmateriaal voorsien. “Die wydverspreide honger en siekte, asook die voortdurende wrede vervolging, het ons genoodsaak om ‘n spesiale noodprojek vir Noord-Koreaanse Christene te loods met ‘n teikenbedrag van R609 000. Enige bydrae hiertoe sal uiters welkom wees. “Die land is baie verarmd en word geteister deur ’n onderdrukkende regering en korrupte staatsamptenare, maar deur ons werk, wat in die geheim en onder intense druk uitgevoer word, kan ons voedsel, medisyne, klere en basiese oorlewingsitems versprei. “Mense wat belangstel om ‘n bydrae vir noodleniging in Noord-Korea te maak, kan dit by onderstaande bankbesonderhede doen: Geopende Deure, Absa Bank Northcliff, Takkode: 632005, Rekeningnommer: 9085260545, Verwysingsnommer: 218774/1505C” In talle lande word Christene tans op ongekende skaal vervolg, dikwels met barbaarse wreedheid, soos die onthoofdings in Irak, Libië en Sirië. Die grootste vervolging van Christene is onder Moslem-militantes, maar die stuk grondgebied op die aardbol waar die vervolging ongetwyfeld die ergste is, is in Noord-Korea onder die sataniese diktatuur van Kim Jong-un. Geopende Deure, ‘n bediening wat in 1955 deur sy stigter, bekend as broer Andrew, begin is, aanvanklik om die vervolgde Christen-kerk onder Kommunisme te ondersteun, is vandag die grootste spesialisbediening onder die vervolgde kerk waar ookal in die wêreld. Vir meer besonderhede, besoek www.opendoors.org.

Gradeer die artikel
(1 Vote)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top